ʼn 33-jarige verkeersbeampte van Gauteng sal Kersfees agter tralies deurbring nadat hy in hegtenis geneem is in verband met omkopery.
Russiese vliegtuig verdwyn met bekende orkes aan boord
ʼn Russiese militêre Tu-154-vliegtuig, met 91 persone aan boord, insluitend ʼn bekroonde militêre orkes, het Sondag oor die Swartsee verdwyn.
Uitvoerende hoofde vir Necsa en Nersa aangestel
Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, het Saterdag die aanstellings van uitvoerende hoofde vir Necsa en Nersa bevestig.
Goeie nuus vir Idees-tydskrif se ondersteuners
Daar is goeie nuus vir die aanhangers van Ideas/Idees, Suid-Afrika se enigste tweetalige tydskrif vir moderne kunsvlyters, doen-dit-jouself-entoesiaste en kreatiewe entrepreneurs, nadat Media24 dié tydskrif se deure gesluit het.
Brink-gesin: André en Rachel Brink-fonds gestig
“Die Brinks kan die eerste begunstigdes wees, maar daar is ook ander mense wat deur soortgelyke tragedies getref word.”
Visserman verdrink by Kalkbaai-hawe
ʼn Visserman het Vrydagaand by Kalkbaai-hawe in Kaapstad verdrink.
Gesteelde Toyota uit rivier gehaal
Die polisie in Limpopo het bevestig ʼn Toyota, wat na Zimbabwe gesmokkel sou word voor die polisie die oortreders se planne in die wiele gery het, is uit die rivier gehaal.
Vyf vas ná Brits-plaasaanval
Vyf persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval Vrydag in Brits, Noordwes.
Dokters besig met sloerstaking by KwaMhlanga-hospitaal
Bedrywighede by die KwaMhlanga-hospitaal in Mpumalanga is ontwrig toe die dokters met ʼn sloerstaking begin het oor verskeie kwessies, waaronder swak werksomstandighede.
Kettiestudent se appèlaansoek afgekeur
ʼn Student aan die Durbanse Universiteit van Tegnologie wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn kettie gebruik het tydens die onlangse #FeesMustFall-betogings, se appèlaansoek nadat hy borgtog geweier is, is in die Pietermaritzburgse hooggeregshof afgekeur.
12 sterf in Worcester-ongeluk
Minstens 12 persone is dood in ʼn ongeluk op die N1, ongeveer 10 km buite Worcester in die Wes-Kaap.
Valke verheug oor skuldigbevinding van oud- munisipale bestuurder
ʼn Voormalige munisipale bestuurder is in die George-landdroshof skuldig bevind dat hy die Oudtshoorn-munisipaliteit met meer as R2 miljoen bedrieg het.
Ses verkool in Limpopo-ongeluk
Ses persone, insluitend ʼn polisiekonstabel, het Saterdagoggend onherkenbaar verkool tydens ʼn trompop-botsing.
Eskom-werkers sterf tydens kitsvloede
Twee werknemers van Eskom is dood toe hulle motor meegesleur is tydens kitsvloede in KwaZulu-Natal.
SA’ner stel nuwe wêreldrekord op
Die Suid-Afrikaner Chris Bertish, internasionaal bekende spreker en branderplankryer, het Donderdag ʼn nuwe wêreldrekord opgestel nadat hy alleen en sonder ondersteuning, staande in ʼn roeiboot reeds 482 km van die Atlantiese Oseaan oorgesteek het
Een tree nader aan 2016-matriekuitslae
Die departement van basiese onderwys het Vrydag met Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding vergader, terwyl matrikulante landswyd angstig sit en wag op 4 Januarie wanneer hul matriekuitslae bekend gemaak word.
Karsmokkelaars se planne gepootjie
Persone wat Vrydag ʼn voertuig van Suid-Afrika na Zimbabwe wou smokkel, se poging is gestuit toe Limpopo se polisiekommissaris die voertuig vanuit ʼn helikopter opgemerk het.
36 gevangenes tydens brand beseer
Minstens 36 gevangenes het geringe tot ernstige beserings opgedoen tydens ʼn brand by Leeuwkop-gevangenis in Johannesburg.
Vliegtuigkapers gee hulself oor
Die twee persone wat Vrydag ʼn Libiese handelsvliegtuig gekaap het, het alle passasiers en bemanning vrygelaat en hulself oorgegee.
Brink-gesin se ongeluk: Stap vir stap vorentoe
Lise Brink, die vrou van dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, is steeds in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.