Die tennislegende Bob Hewitt se aansoek dat sy verkragtingsaak uit die hof gegooi moet word, is verwerp. Terry Price, Hewitt se regsverteenwoordiger, het in die…
Nóg ʼn laekostelugredery vir Suid-Afrika
Reisigers tussen Kaapstad en Johannesburg sal binnekort van nóg ʼn lugredery se dienste gebruik kan maak met die nuwe laekostelugredery, Skywise.
Corrie Sanders se moordenaars wil appelleer
Die drie beskuldigdes wat tot tronkstraf gevonnis is vir die moord op die bokslegende Corrie Sanders, gaan aansoek doen om teen hulle vonnisse te appelleer, het die SAUK berig.
1 dood, 2 vas ná Durban-rooftog
ʼn Vermeende rower is Woensdag in Durban doodgeskiet en sy twee medepligtiges is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn inwoner buite sy huis oorval en beroof het.
Man gevonnis vir moord op UJ-professor
ʼn Dwelmverslaafde wat met prof. Carl Mischke se voormalige kêrel saamgespan het om hom te beroof en vermoor, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis, het Beeld Donderdag berig.
‘Rower’ in Limpopo doodgeskiet
ʼn Vermeende rower is Woensdag naby Marble Hall in Limpopo doodgeskiet tydens ʼn voorval waarin ʼn polisiebeampte en nóg ʼn vermeende rower geskiet en gewond is.
Nuuskommentaar: Verkorte ‘weergawe’ van Zuma se ‘veronderstelde’ en ‘verwagte’ staatsrede
Herman Toerien het twee tong-in-die-kies verkorte “staatsredes” voorberei – een wat pres. Zuma “behoort” te lewer, en een wat “na verwagting” gelewer gaan word.
Matie in hof na hy glo vrouestudent verkrag
ʼn 21-jarige student van die Universiteit Stellenbosch (US) het vroeër die week in die dorp se landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn vrouestudent op die kampus verkrag het.
TUT-betogings brei uit
Betogings by die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het na sy kampusse in Ga-Rankuwa, eMalahleni en Pretoria uitgebrei.
Departement moet opdok na motorfietsongeluk
ʼn Vrou van Richardsbaai moet deur die KwaZulu-Natalse departement van vervoer vergoed word nadat sy in ʼn motorfietsongeluk beseer is.
Vier vas vir renosterstropery
Vier vermeende renosterstropers is op ʼn plaas in Lephalale (Ellisras) in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.
Polisieman gee hom oor weens gekaapte motors
ʼn Polisiebeampte het homself Woensdag aan die polisie oorgegee nadat voertuie wat vermoedelik gekaap is by sy huis gevind is, het die polisie in Gauteng gesê.
Gesin se huis aan die brand gesteek
ʼn Gesin van Lindhaven in Johannesburg is haweloos gelaat nadat die huis, waarin hulle al vir meer as 20 jaar lank bly, aan die brand gesteek is.
Studente wil Jode uitskop
Die Verteenwoordigende Studenteraad van die Durban Universiteit van Tegnologie het versoek dat alle Joodse studente wat nie die Palestynse saak ondersteun nie, geskors moet word, het die Daily News Woensdag berig.
Suuraanval: Saak uitgestel
Jan Pieterse (29), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eksmeisie wou vermoor deur suur oor haar uit te gooi, het Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Egpaar het glo boer in Venezuela bedrieg
ʼn Man en sy vrou sal na verwagting Donderdag in ʼn hof in Limpopo verskyn nadat hulle ʼn boer in Venezuela glo met meer as R180 000 bedrieg het, het die Valke gesê.
Godsdiens in skole: Deeglike voorbereiding noodsaaklik vir toetssaak, sê Fedsas
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het gesê deeglike voorbereiding navorsing is nodig vir ʼn toetssaak oor skole se godsdiensbeleid en -beoefening.
Amerikaner vas na moorde op drie Moslemstudente
’n Amerikaner wat na bewering drie Moslemstudente doodgeskiet het, het homself glo aan die polisie oorgegee.
Corrie Sanders se moordenaars gevonnis
Marinique Sanders het Woensdag gesê sy ongelukkig oor die vonnisse wat haar pa Corrie, se moordenaars opgelê is.
Junior bestuurderes reël glo Spur-‘rooftog’
ʼn Junior bestuurder het glo Dinsdag se nabootsing van ʼn gewapende roof by die San Diego Spur in die Mountain Mill-winkelsentrum in Worcester in die Wes-Kaap gereël om “personeel op te lei”.