Terwyl alle oë Donderdagaand op die chaos in die parlement in Kaapstad gerig was, is die Afrikaanse politieke leier, dr. Christo Landman, skielik oorlede.
Drama by lughawe oor gidshond
ʼn Siggestremde teoloog het ʼn klag by die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) ingedien nadat ʼn beampte by die OR Tambo Internasionale Lughawe glo nie wou toelaat dat sy gidshond saam met hom vlieg nie, het Beeld Vrydag berig.
Video: Innibos ‘geskok’ oor ANC-boikot
Die bestuur van die Innibos-kunstefees sê hy is geskok en teleurgesteld oor die ANC se versoek dat die provinsiale en plaaslike regering die fees moet boikot.
Twee vas na hulle glo op metropolisie skiet
Twee mans is Donderdagmiddag in Nasrec naby Soweto in hegtenis geneem nadat hulle glo op die metropolisie losgebrand het.
Bob Hewitt: ‘Briewe skep nie goeie indruk’
Die tennislegende Bob Hewitt het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, getuig dat sy briewe aan ʼn 12-jarige tennisstudent 30 jaar gelede nie ʼn goeie indruk skep nie.
Reaksie op pres. Zuma se staatsrede
Opposisiepartye en ander organisasies het grootliks negatief reageer op pres. Jacob Zuma se staatsrede vir 2015.
Opsomming van pres. Jacob Zuma se 2015-staatsrede
Pres. Jacob Zuma se staatsrede vir 2015 het hoofsaaklik gefokus op die land se energiekrisis, grondhervorming en ekonomiese groei.
Staatsrede: Buitelanders mag nie grond in SA besit nie
Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand in sy staatsrede gesê buitelanders sal nie toegelaat word om grond in Suid-Afrika te besit nie.
Staatsrede: Eskom kry R23 miljard
President Jacob Zuma het Donderdag in sy staatsrede gesê dit is prioriteit om Eskom se finansies te stabiliseer en dat die kragvoorsiener R23 miljard gegee sal word om dit te doen.
Staatsrede: “Dit is ʼn sirkus”
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ‘n “kort en kragtige” reaksie gelewer op pres. Jacob Zuma se staatsrede van 2015.
DA-LP’s verlaat Nasionale Vergadering
Die DA se LP’s het Donderdagaand kort nadat die EFF se LP’s uit die Nasionale Vergadering verwyder is, opgestaan en uitgeloop.
Video: Malema en EFF-LP’s uit parlement gejaag
Julius Malema, leier van die EFF, en Floyd Shivambu, die party se adjunkpresident, is Donderdagaand tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede uit die Nasionale Vergadering verwyder.
Polisie se 10111-nommer buite werking
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Donderdagaand aangekondig dat sy 10111-noodnommer buite werking is.
Krag bly aan vir staatsrede
Eskom het Donderdagaand aangekondig dat pres. Jacob Zuma se staatsrede nie deur beurtkrag onderbreek sal word nie.
Staatsrede: Selfoonsein glo geblok
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Donderdag gesê selfoonsein in die Nasionale Vergadering word geblok. Dit kort voor pres. Jacob Zuma veronderstel is om sy staatsrede te begin lewer.
Kyk die staatsrede regstreeks hier
Pres. Jacob Zuma lewer Donderdagaand van 19:00 af sy staatsrede vir 2015 by die parlement in Kaapstad.
Video: DA-segsman en ondersteuners in hegtenis geneem
Marius Redelinghuys, woordvoerder van die DA, en Shaun August, voorsitter van die Kaapse metropool, is Donderdag buite die parlement in hegtenis geneem, het die party gesê.
Vrou in hof oor babalykies in vrieskas
ʼn 29-jarige vrou het Donderdag in die Mthatha-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn nadat daar vier babalykies in ʼn vrieskas by haar huis gevind is.
Chaos by EFF-faksie se mediakonferensie
EFF-LP Andile Mngxitama moes Donderdag uit ʼn Kaapse hotel, waar hy ʼn mediakonferensie sou hou, begelei word nadat EFF-lede en ondersteuners van Mngxitama handgemeen geraak het.
Plafon by Brooklyn Mall stort ineen
ʼn Gedeelte van ʼn plafon by die gewilde Brooklyn Mall in die ooste van Pretoria het Donderdagoggend ineengestort.