Sewe mense wat in verband met renosterstropery in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem is, het Maandag in die Phalaborwa-landdroshof verskyn.
Video: “SOE ondersoek nie Zuma”
Die spesiale ondersoekeenheid sê hy word glad nie deur die president beïnvloed in sy ondersoek oor Nkandla nie. Vas Soni van die SOE sê ook hulle ondersoek slegs die aanskaffingsprosedures van die departement van openbare werke.
Video: “Hoekom ons die EFF ondersteun”
Cobus Roode en Corrie Gordon, twee Afrikaanse sakemanne van Noordwes, het besluit om by die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) aan te sluit na hulle die party se verkiesingsmanifes onder oë gehad het.
Video: Verkragter vra om verskoning
Die Oos-Kaapse hooggeregshof het Xolile Tose (33) tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n sesjarige meisie. Sy is so erg beseer dat sy permanent ‘n kolostomiesakkie moet dra.
Dewani spoedig amptelik aangekla
Shrien Dewani sal amptelik van die moord op sy vrou, Anni, aangekla word, wanneer hy Dinsdag in Kaapstad aankom nadat hy vroeër aan Suid-Afrika uitgelewer is.
Oscar Pistorius-moordverhoor: “Ek wil nooit weer aan vuurwapen raak nie”
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het Maandag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê hy wil nooit weer aan ʼn vuurwapen raak nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het nie.
PTA-tiere tydelik na JHB-dieretuin geskuif
Twee tiere van die Pretoria-dieretuin is na die Johannesburgse dieretuin geskuif terwyl daar opknappingswerk aan hul kamp gedoen word.
Oscar Pistorius in die getuiebank
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het Maandag aan Reeva Steenkamp se familie en vriende om verskoning gevra nadat hy haar op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.
Amcu-staking: Rustenburg-besighede sluit; voedingskemas in skole begin
Laerskole in Rustenburg in Noordwes moes met voedingskemas begin en banke het in een week nagenoeg 300 voertuie teruggeneem weens die invloed van die voortslepende Amcu-staking.
Japan dreig om Noord-Koreaanse missiele neer te skiet
Itsunori Onodera, Japan se minister van verdediging, het opdrag gegee dat enige Noord-Koreaanse middelafstandmissiel wat lyk of dit op Japanse grondgebied kan afkom, neergeskiet moet word.
SAUK-baas tot priester georden
Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se waarnemende bedryfshoof, is oor die naweek tot ʼn priester georden, het The New Age Maandag berig.
Fondse vir Heilbron-konsentrasiekamp
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Maandag gesê hy gaan fondse bewillig vir die instandhouding van die Heilbron-konsentrasiekampbegraafplaas.
Zuma glo ongelukkig oor Nkandla-onkoste
Volgens Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, is president Jacob Zuma bekommerd oor die verhoogde koste van veiligheidsopgraderings by sy privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal.
32 skoolkinders beseer in kettingbotsing
32 skoolkinders is Maandag in KwaZulu-Natal beseer nadat twee busse en ʼn voertuig op die R102-pad naby Stanger gebots het.
Nuuskommentaar: Grond en plaasaanvalle: Die boer se m*&r
Vuishoue van alle kante reën weer op die landbou en landbouers neer. Aan die voorpunt van die aanslag is minister Tina Joemat-Pettersson. Sy word heel “bekwaam” bygestaan deur die minister van polisie, Nathi Mthethwa, wat weier om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar.
Man sterf toe kar glo op konstruksiepad jaag
Een man is dood en drie ander beseer tydens ʼn ongeluk Sondagoggend vroeg op die R511-pad in Lonehill, Johannesburg.
Ma in hof oor baba op snelweg
Die ma van ʼn sestien maande oue babaseun wat byna deur ʼn vragmotor raakgery is toe hy alleen op die N1-snelweg in Gauteng gestap het, verskyn na verwagting Maandag in die Vereeniging-landdroshof.
Vavi keer terug na Cosatu
Zwelinzima Vavi, Cosatu se sekretaris-generaal, word Maandag in sy amp herstel nadat die hooggeregshof in Johannesburg sy skorsing ter syde gestel het.
Legendariese akteur oorlede
Mickey Rooney, wie se lang Hollywood-loopbaan as ʼn kinderster in die 1930s begin het, is in die ouderdom van 93 oorlede, het die media in Amerika Sondagaand berig. ‘n Videogreep van Mickey Rooney as “Gus” in “Night at the Museum” volg onderaan die berig.
Oscar Pistorius-moordverhoor hervat
Oscar Pistorius se moordverhoor hervat Maandag in die Pretoriase hooggeregshof.