Die dodetal in ʼn reuse-aardbewing wat Mexiko Donderdagnag (plaaslike tyd) getref het, het intussen drasties gestyg. Volgens berig was daar al meer as 700 naskokke ná die aardbewing die land getref het.
Ma sterf ná sy baba se lewe bó chemoterapie kies
Volgens haar man was sy omring deur familie enkele oomblikke voor sy gesterf het. Haar laaste woorde was glo: “Ek sal jou in die hemel sien.”
Mexiko-aardbewing: Waar en wolhaar
Soos gebruiklik is daar ná die groot aardbewing van 8,1 in Mexiko weer heelwat wolhaarstories in omloop oor wat die aardbewing sou veroorsaak het, of daartoe bygedra het.
Pa neem eie lewe ná seun in skietongeluk sterf
Die gesin se bure het intussen aan die plaaslike media gesê hulle vermoed die man moes homself uit “pure smart” geskiet het.
[Video] Orkaan Irma: Miljoene ontruim Florida, dodetal styg drasties
Ysingwekkende beeldmateriaal wys die verwoesting wat winde van 300 km/h saai. Intussen het die dodetal drasties gestyg nadat orkaan Irma Vrydagaand begin verwoesting saai het in die Bahamas en Kuba. Miljoene is aangesê om Florida inderhaas te verlaat.
Helikopterongeluk eis nóg ʼn countrysanger
Die musiekwêreld is in rou nadat ʼn tweede countrysanger óók Vrydag oorlede is. Volgens berigte het nooddienste die sanger met behulp van meganiese toerusting uit die wrak bevry, maar hy is op pad na die hospitaal dood verklaar. Die vlieënier is ook op die toneel dood.
Nóg ʼn country-legende sterf
Die nuus van sy dood volg kort ná die afsterwe van die countrylegende Glen Campbell.
Baba met baie tande geopereer
Sewe ontwikkelde tande moes gedurende twee operasies uit die mond van ʼn een maand oue baba verwyder word.
[Foto’s en video] Orkaan Irma: Florida begin ontruim
Die dodetal het teen Vrydagoggend reeds op 11 gestaan nadat orkaan Irma in die vroeë oggendure begin verwoesting saai het op die Turks en Caicos, eilande in die Karibiese See.
Mexiko-aardbewing: Kragtigste in 100 jaar; sterftes aangemeld
Een van die kinders is dood in ʼn hospitaal ná ʼn kragonderbreking veroorsaak het dat lewensondersteunende apparaat ophou werk het.
Tsoenami-waarskuwing uitgereik ná aardbewing
ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik nadat ʼn kragtige aardbewing met ʼn sterkte van 8 Mexiko getref het.
Orkaan Irma: Talle sterf reeds, storm woed voort
Minstens tien mense van die Karibiese eilande is dood nadat orkaan Irma – een van die grootste storms in die Atlantiese Oseaan in meer as ʼn eeu – Woensdag verwoesting begin saai het.
[Foto’s] Prins George (4) begin sy skoolloopbaan
Die koninklike egpaar gaan behoorlik opdok vir dié gesogte privaat skool in Londen.
Man sterf oomblikke ná hy die jawoord kry
ʼn 32-jarige man is vandeesweek oorlede enkele oomblikke nadat sy vriendin ingestem het om met hom te trou.
[Foto’s] ʼn Nóg sterker orkaan op pad na VSA
Die Amerikaanse nasionale weerdiens het Dinsdag gesê die orkaan veroorsaak reeds stormsterk winde van meer as 250 km/h op die see, maar dat winde van sowat 300 km/h verwag word wanneer die orkaan die vasteland tref.
Waarskuwing aan Instagram-gebruikers uitgereik
Mike Krieger, hoof van Instagram se tegnologie-afdeling, het vandeesweek ʼn waarskuwing aan gebruikers van dié sosialemedia-platform uitgereik.
Man vas ná meisie (9) by troue vermis raak
Die man, wat ook ʼn gas by die troue was, is vroeër deur die polisie ondervra maar nié toe in hegtenis geneem is nie.
Paartjie hul sprokiestroue kwyt ná verwoestende storm
Alles wat die paartjie vir hul troue aangekoop het, insluitend die borde en servette, het in die vloedwater rondgedryf. Slegs Stephanie se trourok kon gered word.
Suid-Korea reageer op Noord-Korea-ontploffing
Suid-Korea het Maandag ‘n gesimuleerde aanval op Noord-Korea se kerntoetsplek uitgevoer in reaksie op Pyongyang se ontploffing van ʼn beweerde waterstofbom Sondag.
Koninklikes deel groot nuus
Die Kensington-paleis het Maandag in ʼn verklaring gesê die koningin is verheug deur die nuus.