Wanneer sake vir ʼn rugbyspan reg verloop, het ʼn afrigter baie vriende en oënskynlik min vyande. Maar wanneer sy span begin verloor en die druk begin teen hom opbou, sal hy al hoe meer raad van langs die kantlyn af kry.
Rassie: Afrigters benodig kontinuïteit vir sukses
Verlede week, reeds voor die Wallabies-fiasko, het die Springbokke se afrigter, Rassie Erasmus, laat blyk sy kop is op ʼn blok en dat die span moet begin wen of hy kan dalk as afrigter vervang word.
Swem: Le Clos sal moet uithaal en wys by die wêreldbeker
Chad le Clos jaag vanjaar sy vyfde reekstitel.
Klubrondomtalie: Maties voer die botoon in WP
Die Maties, wat reeds vroeër hul verpligtinge in die Westelike Provinsie se Superliga A afgehandel het, kan nie meer ingehaal word nie.
Vandag se sportnuus
Die Protea-speler, David Miller, het aangekondig dat hy voortaan slegs op die verkorte weergawe van die spel sal konsentreer. Dit beteken dat Miller nie meer in toetskrieket vir Suid-Afrika sal speel nie.
Luiperds wil rugby op platteland red
Die Luiperds werp alles in die stryd om rugby op die platteland te red.
Is Faf die oplossing in die nommer 9-trui?
Wat gebeur as Faf de Klerk die dag sou seerkry?
Vandag se sportnuus
In Amerika is die BMW Kampioenskap se vierde ronde voltooi en op die jongste Curriebeker-punteleer is die Leeus en die Haaie nog onoorwonne ná drie wedstryde.
Kanovaart: Die wêreld se kano-konings is SA’ners
Suid-Afrika se Andy Birkett en Hank McGregor het Sondag die K2-wêreldtitel by die Wêreldkampioenskap-marathon gewen.
Is Kolisi steeds die regte man in die saal?
Dis enige rugbyafrigter se grootste nagmerrie: Wat maak jy die dag wanneer jou kaptein se peil nie meer na wense is nie en hy oënskynlike besluite neem wat jou span duur te staan kom?
Serena beboet ná Amerikaanse Ope-eindstryd
Williams is tydens die wedstryd oor ʼn afrigtingsoortreding gewaarsku, daarna met ʼn punt beboet nadat sy haar raket stukkend geslaan het en sy het hierna uitgevaar teen die skeidsregter en is met ʼn pot gestraf.
Vandag se sportnuus
Die Springbokke het Saterdag in hul derde wedstryd van vanjaar se Rugbykampioenskap teen Australië in Brisbane uitgedraf en verloor.
Gewese SA A-speler kry tweekuns in Engelse liga
ʼn Gewese Suid-Afrika A-speler, die seun van ʼn Springbok, het Saterdag ʼn tweekuns in die Engelse Premierliga behaal.
Moto GP: Ducati wen ná 11 jaar in San Marino
Die San Marino Moto GP (die 13de van die seisoen) is Sondag in heerlike sonskynweer afgehandel.
Die fout lê nie (net) by die Springbokspan nie
Hoe maak jy ʼn porselein-ornament reg as dit van ʼn rak gestamp word?
Amper vir die Kings, en beter deur die Cheetahs
Die Kings en die Cheetahs het Saterdagaand albei hul twee wedstryde teen Walliese teenstand verloor, maar dié keer was daar wel lig in die tonnel vir veral die Kings ná ʼn moedige vertoning.
Curriebeker-volpunte vir Goue Leeus, Blou Bulle
Sowel die Goue Leeus as die Blou Bulle het Saterdag volpunte in die Curriebeker-reeks verdien, en is ná die afgelope ronde onderskeidelik eerste en tweede op die punteleer.
Siesa, nóg ‘n skokkende Bok-vertoning!
As die Springbokspan nie eers een van die swakste Australiese spanne in baie jare sonder sy twee beste spelbrekers kan klop nie, is daar sommer baie groot fout.
All Blacks straf die Poemas vir elke klein foutjie
Dit moet die teenstanders maar altyd weet: Die All Blacks sal hulle vir die geringste foutjie straf.
Sharks moes inhaal; SWD skok kampioen
Die Sharks moes ʼn rustydagterstand uit die weg ruim, om die Pumas Vrydag in hul Curriebeker-kragmeting in Durban te klop.