Die Franse tatoeëerkunstenaar, JC Sheitan Tenet, wat sy arm 22 jaar gelede verloor het, het pas die eerste mens in die wêreld geword om ʼn tatoeëermasjien-prostese te kry.
Microsoft koop LinkedIn vir reusebedrag
Microsoft het ingestem om die sosialemedia-diens vir beroepslui, LinkedIn, vir ʼn reusebedrag te koop, en dit in kontant.
360 grade-foto’s op Facebook
Met Facebook se nuwe 360 grade-foto’s gaan jy foto’s kan sien soos nog nooit vantevore nie.
Só lyk Elon Musk se planne vir Mars
Dit is die Suid-Afrikaans-gebore baas van Space X, Elon Musk, se ideaal om teen 2024 mense na Mars te stuur, maar dit is nie sy einddoel nie. Hy wil uiteindelik ook ’n selfonderhoudende stad op die Rooi Planeet vestig.
Luister: Mens kan nooit te veel leer nie
Leer in dié uitgawe van Klipkouers by iemand wat elke dag ‘n boek lees – en boonop die beginsels dadelik in sy onderneming en persoonlike lewe toepas.
Vier nuwe elemente op die periodieke tabel
Die name van die vier nuwe elemente wat by die periodieke tabel bygevoeg word, is Woensdag deur die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUPAC), wat chemiese terminologie bepaal, aangekondig.
Foto’s van Surveyor 1-maanlanding nou beskikbaar
Vyftig jaar ná Surveyor 1 op 2 Junie 1966 sag op die maan geland het, word duisende foto’s wat die tuig destyds geneem het, nou digitaal vir algemene verspreiding voorberei.
Snapchat nou groter as Twitter
Snapchat is nou meer gewild as Twitter wanneer die daaglikse aktiewe gebruikers in ag geneem word.
[Video] Afrikaanse Wikipedia: Só maak mens
Maroela Media het pas drie opleidingsvideo’s beskikbaar gestel oor hoe om Afrikaanse artikels vir Wikipedia te vertaal en te skryf.
Mense binne nege jaar op Mars, reken Musk
Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, uitvoerende hoof van SpaceX, het gesê indien alles volgens plan verloop, sal daar binne nege jaar persone op Mars wees.
Luister: Besigheid deur brandvoorkoming
Ons het familie in Secunda besoek met ʼn jong meisie wat tragies in ʼn motorongeluk doodgebrand het. Ek het net daar gesit en gebid en die Here gevra om my te help om te keer dat enigiemand ooit weer in ʼn motorongeluk doodbrand.
[Video] Regstreekse vertaling beskikbaar met dié oorstukkie
Wanneer mens na ʼn land reis waar die inwoners ʼn ander taal as jy praat, wil mens graag ʼn paar frases of sinne vooraf leer, maar jy is gewoonlik binne vyf minute nadat jy geland het, ontnugter wanneer niemand verstaan wat jy probeer sê nie.
Facebook kan ‘verstaan’ wat jy sê
Die sosialemediareus Facebook het Donderdag die ontwikkeling van ʼn nuwe kunsmatige intelligensiestelsel, genaamd “DeepText”, aangekondig.
Koning Toet se dolk kom uit die ruimte
’n Span Egiptiese en Italiaanse wetenskaplikes het die ondersoek met nuwe tegnologie gedoen, wat die chemiese samestelling van die dolk se lem akkuraat kon bepaal.
[Foto’s] Skillie die skilpad kry nuwe 3D-dop na brand
Freddy die skilpad het die wêreld se eerste 3D gedrukte dop gekry nadat sy eie een in ʼn brand in Brasilië beskadig is.
Absa-klante kan nou banksake op Twitter doen
Absa het Donderdag ʼn nuwe sosialemedia-app, ChatBanking, op Twitter vrygestel.
Hoekom gebruik mense Facebook?
ʼn Onlangse studie in ondernemingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch het antwoorde gesoek op sommige mense se obsessie met sosiale media, terwyl ander sirkels stap om dié neiging.
Gebruik sosialemedia-bemarking vir jou klein besigheid
Jacques gesels met Anesia Darne oor Chicory Cheese Cafe, haar deli in Darling, 75 km buite Kaapstad. Sy verduidelik hoe sy van sosialemedia-bemarking gebruik maak om die restaurant te bevorder en waarom die ligging van jou restaurant so belangrik is.
Kapenaars op hol oor ‘meteoriet’
Verskeie persone in Kaapstad het Vrydag op sosiale media aangedui dat hulle ʼn meteoriet deur die lug sien trek het.
[Foto’s] Skietoefening sorg vir pragfoto’s
Henco du Toit, ʼn amateur-fotograaf van Bloemfontein, het pragfoto’s geneem tydens die Bloemfonteinse nagskiet-oefening waar die weermag sy wapens ten aanskoue van die publiek op die proef stel.