Branson het al talle uitdagings vir homself gestel: van uitmergelende wedlope tot seevaarte oor die oseaan en lugballonrenne oor lang afstande. Dié miljardêr is selfs in die proses om op ʼn ruimtevaart te gaan. So wat is volgende op Branson se emmerlysie?
‘Afrikaans is Groot’ weer Kaap toe
“Die Afrikaanse gemeenskap in die Kaap is baie lojaal teenoor Afrikaanse musiek, daarom het ons besluit om die konsert ook daar aan te bied.”
Skryf nou in vir ‘Boer soek ʼn vrou’; verrassings wag
Inskrywings vir die tiende seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou het pas geopen en diegene met hoopvolle harte kan tot 17 Maart vir die program inskryf. Daar is ook gróót verrassings wat dié seisoen wag.
Koos Kombuis wil ‘Afrikaans red’ met jongste album
“Hoekom speel hulle die swakste musiek op die radio? Ek sê niks oor die mense nie; hulle is great en met baie van hulle is ek vriende. Maar die musiek is swak, en ek hoop dié album is nié.”
Hemelbesem: ‘God praat Afrikaans’
“As jy baklei het in Afrikaans, teleurgestel was in Afrikaans, liefde ontvang het in Afrikaans, ís jy Afrikaans. Ek probeer die brûe bou en vir mense wys daar is soveel verskillende stories, uit verskillende oorde, in Afrikaans,” sê Hemelbesem.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 13 Februarie 2017
Karlien van Jaarsveld se liedjie, “Sing vir liefde”, betree die week se Top 20 in nommer 20. Dit is ook die mees afgelaaide Afrikaanse liedjie op iTunes die afgelope week.
Kaapse animasie wen talle pryse
“Stick Man” het die aand met die meeste pryse weggestap en het onder andere stof geskop in die oë van tekenprente soos Shaun the Sheep: The Farmer’s Llamas en Bruno & Boots: Go Jump in the Pool
DStv kos binnekort meer
MultiChoice het Vrydag aangekondig die pryse van sy DStv-pakkette gaan in April verder verhoog word.
Jak de Priester skryf liedjie vir Toks
“Dit was so ʼn wonderlike dag in die Vrystaat. Ek het Toks op ʼn ander manier leer ken – hy is so passievol oor Suid-Afrika, Afrikaans en rugby. Toe ek daar wegry, het ek baie aan hom gedink, want hy het my so geïnspireer,” het Jak tydens ʼn onderhoud in die Maroela Media-ateljee gesê.
[Foto’s] Afrikaanse aktrise trou stilletjies, deel troufoto’s
Die veelbekroonde Afrikaanse aktrise, wat sommer stilletjies met haar kêrel afgehaak het, het vandeesweek haar troufoto’s met aanhangers gedeel.
Afrikaanse sangeres se bulletjie gebore
“Dankie Liewe Jesus vir hierdie wonderwerkie. Niks kan die gevoel ‘beat’ nie.”
[Video] ‘The Voice SA 2’: Kykers gaande oor oud-Puk
Kykers was veral beïndruk met Marco Basson, ʼn voormalige chemiese ingenieurswese-student aan die Noordwes-Universiteit, wat daarin kon slaag om al vier die beoordelaars se stoele om te draai met sy weergawe van Nick Jonas se liedjie “Jealous”.
‘7de Laan’ vier mylpaal; kykers weer boos oor skuif
7de Laan vier wel binnekort ʼn gróót mylpaal, maar kykers is boos en dreig om die sepie te boikot nadat die SAUK verdere uitsaaitye gekanselleer het.
Altus en Zetske: Só balanseer hulle werk en gesin
“Daar is beslis aspekte van ons verhouding wat moeiliker is nou dat Alexander hier is, maar ʼn mens kyk met nuwe oë na mekaar.”
By die dood en terug, nou lééf sy, sê Afrikaanse sanger oor baba
Die Afrikaanse sanger en sy vrou moes “steun op hul geloof” ná een van die moeilikste tye nóg. Dokters se woorde was verdoemend, maar hulle het die stryd van ʼn leeftyd aangepak.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 13 Februarie 2017
Die musiekgroep Anders en Hemelbesem se liedjie, “Die tyd is nou”, sluit by vandeesweek se top 20 op nommer 18. Hulle het dié liedjie verlede week op iTunes vrygestel en die musiekvideo daarvan ʼn paar dae vroeër.
Opwindende 2017 vir Kyalami Grand Prix-renbaan
Daar sal gedurende 2017 drie motorsport- en verskeie leefstylgeleenthede plaasvind.
‘Hierdie is die lewe’ vir Francois van Coke
“Deesdae is dit baie anders as ek by die huis is, want ons het pas ʼn babatjie gehad.”
[Foto’s] Adele breek Grammy in helfte, en meer
Die Britse sangeres Adele het Sondag geskiedenis op die Grammy-verhoog gemaak toe sy haar beeldjie in die helfte gebreek het om dié toekenning met Beyoncé te deel.
Adele swaai septer by 2017-Grammy-toekennings
Hoewel Beyoncé die mees benoemde kunstenaar vir die aand was, het Adele uiteindelik die septer geswaai nadat sy die meeste toekennings ingepalm het.