Tafelberg, die Krugerwildtuin, Kimberley se groot gat en die Addo-olifantpark – dié besienswaardighede tel onder van Suid-Afrika se mooiste toeristebestemmings wat jy nou, danksy die vervaardiger Hasbro, sommer ook speel-speel met Suid-Afrika se eie Mzansi Monopoly-bordspeletjie kan besoek.
Vreemd
Video: Twee skilderye terselfdertyd
Slegs ongeveer een persent van mense is van nature dubbelhandig, en dié Japannese kunstenaar is ongetwyfeld een van hulle.
Toeris verwoes standbeeld toe hy selfie neem
ʼn Toeris het ʼn 18de eeuse standbeeld in ʼn museum in Lissabon omgestamp toe hy ʼn foto van homself wou neem.
Verlore trouring in die tuin gevind
ʼn 82-jarige man wat drie jaar gelede sy trouring verloor het terwyl hy tuingemaak het, het dit op ʼn onverwagse manier teruggekry.
[Video] Dié sambreel skrik nie vir wind, weer of swaar reën
Kom wind, kom weer, kom oseaan – die Duitse maatskappy Suprella het pas die sambreel herontwerp en dié nuwe ontwerp sal glo verseker dat jy nooit weer sukkel om ʼn sambreel vinnig oop en toe te vou en papnat word wanneer die reënwater op jou drup nie!
Video: Likkewaan staan sy man teen bende slange
Die eerste episode van Planet Earth II, die opvolg op die BBC se bekroonde dokumentêr, is Sondag uitgesaai en een van die dramatiese oomblikke word soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
[Video] Passasiers skrik groot vir slang aan boord
Passasiers aan boord ʼn kommersiële vlug in Mexiko het groot geskrik toe ʼn slang skielik in die kajuit in seil, byna net soos die fliek, “Snakes on a Plane”.
Die (gesteelde) Kit Kat kom weer
Nadat ʼn “honger dief” verlede week in Hunter Jobbins van Kansas State University se motor ingebreek en sy Kit Kat-sjokolade gegaps het, het dié vervaardiger die gesteelde sjokolade met 6 500 ander vervang.
Is jy ’n kampioen pampoen-kweker?
Boerpampoen, groenpampoen, groot, lelik, uniek – skryf hulle in vir die Goliat van Gat-pampoengroeikompetisie en staan ʼn kans om ʼn kontantprys wen.
Die dief wat net ʼn Kit Kat gesteel het
Hunter Jobbins was aanvanklik geskok oor die diefstal, maar het geglimlag toe hy die briefie van die dief gelees het.
Konsternasie toe SA-man in speedo wou vlieg
Kyk, meeste mense raak angstig as jy te naby aan hul persoonlike ruimte kom, veral met die min spasie wat die meeste ekonomiese vlugte bied. Die oë het egter onlangs behóórlik gerek toe ʼn Suid-Afrikaanse man sommer met sy baaibroek, ʼn knap speedo, langs medepassasiers op die vliegtuig wou inskuif.
[Video] As jou speelding in lewende lywe opdaag…
Hoe om jou hond se dag te maak? Laat sy gunstelingspeelding in lewende lywe by die huis opdaag!
Dié foto het die internet op hol
Dié foto van blink bobene het die internet op hol, want dit blyk net ʼn illusie te wees.
Video: Die liedjie wat jou gaan laat huil
Hou die sneesdoekies gereed: ʼn Span wetenskaplikes glo hulle het ʼn liedjie gevind wat mense hartseer maak en selfs kan laat huil.
VSA-egpaar spoor SA man se trouring op in Karibiese waters
ʼn Egpaar van Suid-Carolina in die VSA het die afgelope week tydens hul wittebrood op die Karibiese eiland St. Lucia ʼn verlore ring in die water opgespoor, min wetend dat dié ring aan ʼn Suid-Afrikaanse egpaar behoort.
[Video] Spinnekop dra muis weg
Buiten Australië se dodelike slange, mensvreterkrokodille en giftige jellievisse, is daar nou ook Hermie, ʼn spinnekop só groot en sterk dat hy ʼn groterige muis teen ʼn yskas kon wegdra.
Video: Word ʼn origami-meester saam met Suzelle
Sukkel jy om ʼn uitlaatklep vir jou kreatiewe sy te ontdek? Suzelle DIY deel in haar jongste video ʼn paar nuttige voukuns-wenke wat jou die beste origami-kunstenaar onder jou pelle kan maak!
Hospitaal toe vir ʼn niersteen, huis toe met ʼn baba
Stephanie Jaegers is hospitaal toe met maagpyn en het vermoed dit is nierstene, maar dokters het haar in kennis gestel dat sy eintlik 38 weke swanger is.
Video: Druk politici se koppe plat
Was jy al só gefrustreerd met die land se politieke situasie dat jy iemand wou knyp totdat hulle bykom?
[Video] ‘Pavarotti-paramedikus’ het almal gaande
ʼn Britse paramedikus het sosialemediagebruikers gaande met sy impromptu opera-uitvoering.