Die slagoffers is die ouers van ʼn vooraanstaande dokter op die dorp.
Alles vir die sleutelwoord "Bela-Bela"
Sakeman in hof ná vrou by lodge sterf
Herman van Tonder (50), die eienaar van ʼn bekende lodge buite Bela-Bela in Limpopo, het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn waar hy aangekla word van die moord op sy vrou, Elrina.
Polisiemanne vas ná hul omkoopgeld eis
Die beamptes het glo gedreig om die klaer van geldwassery aan te kla en R20 000 omkoopgeld geëis om hom vry te laat.
Drie in hof ná Limpopo-plaasaanval
“Terwyl die rooftog aan die gang was, het die slagoffers se pa dit gesien en gehardloop om tussenbeide te tree. Die vyf verdagtes het op vlug geslaan en die boer het hulle agternagesit.”
Boer sit aanvallers agterna ná plaasaanval
“Die verdagtes het verskeie skote op die boer afgevuur en hy het teruggeskiet.”
Bejaarde vrou doodgeskiet tydens plaasaanval
ʼn Bejaarde vrou is Woensdagoggend tydens ʼn plaasaanval tussen Nylstroom en Warmbad in Limpopo doodgeskiet en haar man is gewond.
[Foto’s] Vyf ontsnap by Bela Bela
ʼn 29-jarige verdagte is kort daarna net buite die polisiestasie weer in hegtenis geneem.
Sakeman sterf tydens skietongeluk op kleinhoewe
“Dit is maar menslik om te vra hoekom en te wonder hoekom so iets moes gebeur. Maar daar is ʼn mate van berusting in die feit dat hy so ’n reguit pad gestap het.”
Een vas ná aanval op Limpopo-kleinhoewe
ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn kleinhoewe buite Bela-Bela in Limpopo waartydens ʼn bejaarde man erg aangerand en sy twee honde doodgeslaan is.
Bela-Bela-plaasmoord: ‘Ons sal nooit waarheid weet’
“Hy was ʼn ongelooflike steunpilaar en almal was lief vir hom. Jy kon nie anders nie, dit was net die soort mens wat hy was.”
Man op Limpopo-plaas doodgeslaan
ʼn Man se liggaam is Dinsdagoggend deur ʼn werker op ʼn plaas in die Roodekuil-gebied buite Bela-Bela in Limpopo aangetref nadat hy vermoedelik buite sy huis doodgeslaan is.
Chaos in Bela-Bela: Seun sterf
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn voorval waar ʼn 11-jarige seun dood is, glo weens die polisie se optrede.
[Foto’s] Chaos in Bela-Bela; talle vas
Rubberkoeëls is Dinsdag afgevuur en talle mense is in hegtenis geneem toe betogers in Bela-Bela, Limpopo, onder meer ʼn gebou aan die brand gesteek en polisielede met klippe bestook het.
Vrou skuil terwyl aanvallers man doodskiet
ʼn Man is Vrydag in die vroeë oggendure in die Leeupoort-vakansiedorp in die Rooiberg-distrik buite Bela-Bela doodgeskiet,terwyl sy vreesbevange vrou in die badkamer weggekruip het.
Man (84) aangerand, honde doodgeslaan in plaasaanval
Die polisie en veiligheidsgroepe is tans op die spoor van vyf verdagtes, wat vanoggend ʼn 84-jarige man op ʼn kleinhoewe buite Bela-Bela in Limpopo oorval en erg aangerand het.
Sakeman was alleen toe vliegtuig val
Die polisie in Limpopo het Donderdag bevestig dat Jaco Jansen van Rensburg die enigste insittende was in die ligte vliegtuig wat Woensdag in die Rooiberg-gebied buite Bela-Bela neergestort het.
Vermiste Limpopo-vliegtuig gevind
Die vliegtuig wat Woensdagaand tussen Bela-Bela en Vaalwater in Limpopo vermis geraak het, se wrak is gevind.
Bela-Bela vrou sterf jaar na gru-aanranding
Elzaan Smit (42), die vrou van Bela-Bela in Limpopo, wat verlede jaar buite ʼn kuierplek só erg aangerand is dat haar gesig vergruis is en sy een van haar oë verloor het, is in ʼn hospitaal in Polokwane oorlede.
Renoster bestorm stropers
ʼn Gesamentlike taakspan van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en privaat veiligheidsbeamptes het drie vermeende stropers in hegtenis geneem wat vermoedelik aangeval is deur die renoster wat hulle Vrydag op ʼn plaas in Bela-Bela (Warmbad) gejag het.
Stropers skiet wag, toe renoster
ʼn Veiligheidswag is dood nadat hy Donderdagnag op ʼn plaas buite Bela-Bela in Limpopo geskiet is oomblikke voordat ʼn renoster op die plaas gestroop is.