Een student is Maandagoggend by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in hegtenis geneem nadat #FeesMustFall-betogings by die universiteit weereens opgevlam het.
Alles vir die sleutelwoord "#FeesMustFall"
Geen lesings by UK, sê VSR
Die Universiteit van Kaapstad (UK) se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) het studente gewaarsku om nie Maandag na hul klasse terug te keer nie, nadat die universiteitsraad beslis het dat lesings sal hervat te midde van betogings oor studentegelde.
Lesings hervat by Wits; studente se finansieringsmodel
Die bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand het beslis dat lesings Dinsdag by die universiteit sal hervat. Personeellede sal Maandag reeds terugkeer werk toe.
Wits-bestuur vergader om lesings te hervat
Die bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) vergader tans ná ʼn meningsopname aangedui het dat die meerderheid studente wil hê die akademiese aktiwiteit moet hervat.
ANC-jeugliga loof Wits-studente wat wil terugkeer klas toe
Die ANC-jeugliga het Saterdag studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) geloof dat die meerderheid gestem het dat hulle weer lesings by dié universiteit wil hervat.
#FeesMustFall: Dis ʼn nasionale krisis, sê Maimane
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Saterdag gesê die land beleef ʼn ongekende krisis en indien dit nie aangespreek word nie, sal dit die toekoms van alle studente en die vooruitsig van die land benadeel.
Studente-onrus kan gehalte van voornemende dokters benadeel
Indien die universiteite gesluit bly, kan finalejaarstudente moontlik nie hul grade betyds afhandel nie.
Landdros wil eers video van betoging sien voor borgtogbesluit
Elf studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal wat Vrydag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn het, sal nog 10 dae agter tralies moet spandeer voor ʼn besluit oor hul aansoek om borgtog geneem word.
#FeesMustFall: Zuma besorg oor eskalerende geweld
Pres. Jacob Zuma het sy ernstige kommer uitgespreek oor die eskalerende geweld in die #FeesMustFall-beweging by universiteite oor die land heen, het die interdepartementele groep belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid (JCPS) Vrydag gesê.
Wits-betogings: Meerderheid wil hê lesings moet hervat
Die meerderheid van studente en personeel by die Universiteit van die Witwatersrand wil hê lesings moet volgende week hervat, ondanks gewelddadige betogings oor verhogings van studentegeld.
Studentebetogings: Zuma vergader met ministers
Zuma het intussen ook ʼn verklaring uitgereik oor die gewelddadige betogings by sommige universiteite en gesê hy is “erg ontsteld” daaroor.
Dit is ook ons kinders se reg om klas toe te gaan en te studeer
Maar ons vra mooi: Jy sien die oproerige studente se optrede, maar asseblief prof., kyk ’n slag in die oë van ons kinders wat wil studeer, sien hulle vrese, sien hulle bekommernis.
As jy dink #FeesMustFall is ’n goeie idee, lees hierdie…
Dit is ongelukkig nie so eenvoudig nie. Ek gaan nie probeer om die eis vir gratis onderwys belaglik te maak nie, maar as jy ook reken dat dit ’n goeie idee is, wil ek tog vir jou ’n bietjie stof tot nadenke gee wat jou sal help om te besin of gratis tersiêre onderwys enigsins ’n oplossing is.
Wits-studente moet besluit oor lesings
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) sal na verwagting Donderdag ʼn elektroniese peiling hou om te bepaal of lesings volgende week hervat sal word.
10 studente vas ná geweld by Rhodes-Universiteit
Minstens 10 studente is Woensdag by Rhodes-Universiteit in Grahamstad in hegtenis geneem ná ʼn betoging oor studentegeld tot chaos en gewelddadige optrede gelei het.
Regsaksie kom ná universiteite sluit
“Dit is onaanvaarbaar dat universiteite toelaat dat studente aangerand, geïntimideer en geviktimiseer word net omdat hulle klas toe wil gaan. Die universiteitsbesture moet nou verantwoordelikheid neem vir hul gebrek aan optrede.”
Drie studente aan Limpopo-universiteit vas
Drie studente is Dinsdagaand by die Universiteit van Limpopo se Mankweng-kampus in hegtenis geneem, nadat betogers en veiligheidspersoneel slaags geraak het.
Jansen oor #FeesMustFall: ‘Ek is bang’
“Daar is net twee maniere hoe die verbranding van ons universiteite tot ʼn einde kan kom,” meen Jonathan Jansen, die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV).
Nzimande: ‘EFF sit agter studentebetogings’
Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig, het Dinsdag gesê die voortslepende studentebetogings is deel van die EFF se agenda om die ANC-regering te destabiliseer en diskrediteer.
Kovsies vervroeg ook reses
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het aangekondig die vakansie vir studente sal vervroeg word nadat die kampusse Dinsdag gesluit was weens die betogings.