Ernst Roets neem die nuwe golf van anti-wit rassisme en die ooreenkomste tussen Suid-Afrika en die VSA onder die loep. Hy haak aan by Jesse Williams se “whiteness”-toespraak by die BET-toekennings waarna Justin Timberlake op Twitter geroskam is toe hy gesê het die toespraak het hom geïnspireer.
Alles vir die sleutelwoord "#FeesMustFall"
Dekolonisasie van kurrikulum aan universiteite: Waardelose of sinryke diskoers?
Ná ʼn voorlopige ontleding van al die debatte op ons kampusse landwyd, is my slotsom daar is uiteenlopende perspektiewe en strewes. Dié diskoers volg ná die #Rhodes Must Fall-beweging en die #Fees Must Fall-veldtog. Vir prof. Theo Neethling bly die vraag: Wat moet dit in praktiese terme inhou nadat die debatte bedaar het?
Kampuskonflik: Het ek my stem verloor?
Stem verloor het baie fasette. Ons verloor vinnig en maklik ons stemme in ’n werkplek as ons nie bereid is om op te staan, hoe ongemaklik ook al, om standpunt in te neem nie. Nie noodwendig standpunt in te neem téén nie, maar om op te staan vir dit waarin ons glo. Selfs dieper, weet ons nog waarin ons glo?
Meerderheid Suid-Afrikaners wil nie konflik of rassespanning hê nie
My kleinseun Pieter is vandag presies ʼn week oud. Hy is 50 jaar oud in 2066. Hoe gaan Suid-Afrika dan lyk? ʼn Land van geweld, rassisme en ʼn burgeroorlog? Of ʼn land wat ʼn model vir die wêreld is oor hoe verskillende groepe kan saamwerk en elkeen ʼn plek in die son gun? Wat ons vandag hier doen begin reeds daardie toekoms bepaal.
Hier is 2015 se nuusmaker
Die Nasionale Persklub (NPC) het Woensdag bekend gemaak 2015 se nuusmaker van die jaar is die #FeesMustFall-veldtog.
Die ideologie van struggle en studente-opstande
A luta continua is die struggle-kreet wat op die voorblad van die Rhodes Must Fall-beweging se webblad verskyn. Die lied is oorspronklik deur Samora Machel in Mosambiek se vryheidstryd gebruik. Die woorde kan vertaal word as “die stryd sal voortgaan”.
[Foto’s] Stappe kom oor rassistiese graffiti
Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het gesê hy is gewalg van rassistiese graffiti en haatspraak wat op die kampus aangebring is.
Moeilike pad vir universiteite
Groter klasse, lae klasgelde, swak gehalte en baie min navorsing is die voorland vir openbare universiteite indien die huidige stand van sake op kampusse voortduur.
Veldtogte op kampusse: Niks nuuts onder die son nie
Die Suid-Afrikaanse media het die laaste paar maande baie aandag gegee aan (dikwels bevoorregte) studente se vloermoere op verskeie kampusse. #FeesMustFall, Open Stellenbosch en ander dergelike veldtogte het gereeld die voorblaaie van koerante gehaal.
UJ registreer duisende ondanks betogings
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Donderdag gesê hy kon daarin slaag om duisende studente te registreer ondanks die betogings oor studiegeld en werksomstandighede wat by talle instansies van hoër onderwys woed.
Registrasie by Wits hervat, Tuks steeds gesluit
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in Johannesburg het Woensdag gesê registrasie by die instelling sal Woensdag hervat, terwyl die Universiteit van Pretoria (Tuks) se hoofkampus steeds gesluit is.
TUT sluit twee kampusse in Soshanguve
Die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) het Maandag gesê die onlangse gewelddadige protesaksies op sy twee kampusse in Soshanguve het hom genoop om alle akademiese aktiwiteite daar vir die res van jaar op te skort.