Die reuse omvang van die krisis wat die #FeesMustFall-betogings meegebring het, is Donderdag bevestig toe die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) ʼn Algemene Vergadering saamgeroep het – iets wat nog net tien keer in die instansie se 120 jaar bestaan gebeur het.
Alles vir die sleutelwoord "#FeesMustFall"
Spotprent 6 Oktober 2016
Jerm se spotprent vir 6 Oktober 2016.
NMMU-ouers begin klasaksie
Bekommerde ouers van studente by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het hulle nou tot die howe gewend in ʼn poging om die instansie weer te heropen.
#FeesMustFall: Vereniging bekommerd oor moontlike tekort aan dokters
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die effek wat die #FeesMustFall-betogings op finalejaar mediese studente by gesondheidsfakulteite regoor die land het.
Wits veroordeel haatspraak en rassisme teen studente
Die bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdag vermeende haatspraak en rassisme, wat die ronde doen op sosiale media, veroordeel.
#FeesMustFAll: Bring SA tot ʼn stilstand, sê EFF
Vuyani Pambo, studenteleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Woensdag gesê studente moet die land tot ʼn stilstand bring tot daar aan hul eise vir gratis onderwys voldoen word.
#WitsMustFall: Skep van wit teikens is roekeloos en kinderagtig
Die VF Plus het Woensdag gesê die eise van studente van die Witwatersrand dat ʼn wit manlike of vroulike student sal moet sterf om die erns van hul saak te onderstreep, is roekeloos.
Betogende studente het ‘revolusionêre agenda’
“Die studente wat by universiteite landwyd betoog onder die vaandel van die #FeesMustFall-beweging kan nie tevrede gestel word nie en sal indien daar aan hul eise gehoor gegee word, net op nog iets anders aandring.”
#FeesMustFall: Spuitnaalde by Rhodes-kampus uitgegooi
Studente wat onder die vaandel van #FeesMustFall betoog, het Woensdag in die vroeë oggendure ook op die kampus van die Rhodes Universiteit amok gemaak.
Die Solidariteit Beweging se plan vir universiteitskrisisse
Die Solidariteit Beweging het vandag tydens ’n dringende mediakonferensie in Centurion daarop aangedring dat die universiteite so spoedig moontlik heropen word.
Chaos toe betogers brande op UK-kampus stig
Nadat akademiese bedrywighede Maandag op die kampus van die Universiteit van Kaapstad (UK) aanvanklik soos normaal voortgegaan het, het chaos weer Dinsdagaand op die kampus ontstaan toe betogende studente verskeie brande regoor die kampus gestig het.
Nuuskommentaar: Al weer die rassekaart – wit student moet sterf
ʼn Wit student moet eers sterf voor Wits se “arrogante” rektor sal luister, lui ʼn klankgreep wat op sosiale media versprei word. So iets kan in die huidige gelaaide atmosfeer so maklik ontplof.
Wits-lesings wéér opgeskort
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weereens akademiese bedrywighede by die universiteit opgeskort, dieselfde dag wat lesings by die instansie sou hervat.
Studenteleiers weier om te vergader, sê Wits-visekanselier
Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag gesê studenteleiers het sy versoek om te vergader, van die hand gewys.
[Video en foto’s] ‘Oorlog’ by Wits
Skokgranate en rubberkoeëls is Dinsdagoggend op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) afgevuur nadat ʼn skermutseling tussen honderde betogende studente en die polisie gewelddadig geraak het.
Nuuskommentaar: Studente en rommelstatus – onderrig agter doringdraad?
Daar was nog nooit ʼn tyd dat studentemoleste bloot lomp hanteer kon word nie, maar met meer as R600 miljoen skade later, kan daar nie langer uitgestel word en vandale nié aangekla word oor hul dade nie. Die voltooiing van die akademiese jaar balanseer op ʼn mespunt. En so tussenin laat blyk Standard & Poors dat daar kommer is oor politiekery in Suid-Afrika.
Wits bly oop maar …
“Dit is nie ideaal om klasse by te woon terwyl polisiebeamptes by die deur staan nie, maar ek het geen ander keuse nie.”
Wits swig dalk onder druk
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Maandag gesê akademiese bedrywighede kan gekanselleer word indien die betogings voortduur.
Akademiese rewolusionêre – goed of sleg?
Een ding is seker: Sulke akademici loop ’n groot risiko om betrokke te raak in ’n geveg tussen, enersyds, ’n regering wat sy morele gesag verloor het en, andersyds, die radikale rewolusionêre wat teen hom opstaan.
Zuma: ‘Ons moet saam ʼn oplossing vind’
Pres. Jacob Zuma het Maandag die imbizo oor hoër onderwys in Kempton Park geopen.