Afrikaanse ouers en onderwysers kan hulle maar vir ’n baie moeilike jaar voorberei. Groot wysheid en geduld sal aan die dag gelê moet word om te verseker dat Afrikaanse skole in staat bly én gehou word om gehalte-onderrig te lewer, skryf Alet Rademeyer.
Alles vir die sleutelwoord "Gauteng departement van onderwys"
Hof sê oor Engelse leerders vir Afrikaanse skole
Montana en Overkruin, twee Afrikaanse skole in die noordelike voorstede van Pretoria, het op 6 Januarie ʼn instruksie van die departement ontvang om die bykomende leerders in te neem nadat hulle toelatingslyste glo vroeër deur die departement goedgekeur is.
Registrasiestelsel veroorsaak herrie by Afrikaanse skole in noorde
Dit lyk asof duplikasies op die nuwe aanlynregistrasiestelsel vir leerders in Gauteng die oorsaak was dat Engelse leerders nie aanvanklik plasing by Overkruin en Montana in die noorde in Pretoria gekry het nie.
Afrikaans bly vir eers by Meyerspark
Die Gautengse onderwysdepartement het bevestig dat Afrikaans as onderrigmedium vir 2017 by Laerskool Meyerspark sal bly.
LUR kap na Afrikaanse skole noord van Pta
Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, het aan ongelukkige ouers en die beheerliggame van die Hoërskole Montana en Overkruin gesê hy sal alles wat Hendrik Verwoerd gedoen het ongedaan maak.
Probleme by Laerskool Meyerspark kring uit
Daar is veral bekommernis oor sekere beheerliggaamlede wat glo hulle persoonlike finansiële belange by die skool bevorder.
Laerskool ondersoek oor Afrikaans-besluit
Die Gautengse onderwysdepartement gaan die besluit van die Laerskool Meyerspark in Pretoria, om Afrikaans as onderrigtaal af te skaf, ondersoek.
Ondersoek oor verdagte lekkers duur voort
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat laerskoolleerders van ʼn skool in Johannesburg vroeër vandeesweek siek geword het nadat hulle verdagte lekkers geëet het nie….
Nóg skoolkinders siek van verdagte lekkers
Die polisie is op soek na ʼn man wat na bewering lekkers aan kinders by skole in Johannesburg verskaf het wat hulle siek gemaak het.
In mekaar se hare!
Ek is nie oortuig dat hierdie protes net oor hare-reëls gegaan het nie. Daar is veel meer agter die haredos en die hele manier waarop ons skole bestuur word, word bevraagteken. Staan ons op reëls of staan ons op waarde?
Aanlynregistrasieproses dop tweede toets
Ouers wat verplig word om hul kinders aanlyn te registreer vir toelating in 2017 tot Gautengse skole, moes Dinsdagoggend weer eens voor dooiemansdeur te staan kom weens ʼn “tegniese fout”.
Aanlynregistrasie vir 2017 ʼn kopseer vir ouers
Ouers wat hul kinders by Gautengse skole wil registreer, kon dit van Maandagoggend af aanlyn doen, maar nie sonder haakplekke nie.