Die voorgestelde Onteieningswetsontwerp wat voor die einde van die jaar wet kan wees, is minder rooskleurig vir plaaswerkers en plaasbewoners as wat dit op die oog af lyk.
Alles vir die sleutelwoord "grondonteiening"
Die einde van eiendomsreg in Suid-Afrika?
Een swaeltjie maak nie ʼn somer nie, maar waar ʼn rokie trek, is daar gewoonlik ʼn vuurtjie. Hierdie gesegde is wel beide kante toe waar, maar het die nagenoeg 8,6 miljoen swart en 1,1 miljoen wit huiseienaars werklik rede om te vrees hul eiendom kan onteien word, of is hul vrese ongegrond?
Die kruipende nasionalisering van grond bied nie ʼn antwoord vir armoede nie
Die ANC probeer Suid-Afrikaners bedrieg met valse beloftes van die belangrikheid van “toegang” tot landbougrond. Wat die ANC eintlik probeer doen, deur die Onteieningswetsontwerp en ander maatreëls, is om die eiendomsregte wat ekonomiese voorspoedigheid sowel as politieke outonomiteit onderskraag, te beperk.
Zuma wil datum vir grondeise skuif
Pres. Jacob Zuma het die kwessie of die afsnydatum vir grondeise nie verander moet word nie, aangeroer.
Onteiening: Kring veel wyer uit as net plase
Die Wetsontwerp op Onteiening is sekerlik een van die gevaarlikste wetsontwerpe sedert die aanbreek van demokrasie in Suid-Afrika. Dit magtig onteiening van enige bate van enige persoon solank dit maar in openbare belang of openbare doel volgens die staat is.
‘Onteieningswet sal in grondwethof beveg word’
“Die wetsontwerp op onteiening is een stap nader om as een van Suid-Afrika se gevaarlikste wette gepromulgeer te word nadat die Nasionale Vergadering dit gister met 202 stemme teenoor 88 goedgekeur het.”
Groen lig vir Onteieningswetsontwerp
Die omstrede Wetsontwerp op Onteiening, wat die wetgewende vereistes daar stel vir die staat om grond op te eis, is Dinsdag deur die Nasionale Vergadering goedgekeur.
‘ANC se onteieningswet sal Suid-Afrika vernietig’
Die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke se aanvaarding van die nuwe onteieningswet, het fel kritiek uitgelok.
EFF-splinterparty deel plan vir grondonteiening
Verskeie ontevrede lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het die party verlaat en ʼn splinterparty, die New Economic Freedom Front, gestig.
Malema: ‘SA kan in anargie verval indien daar nie onteiening is nie’
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê Suid-Afrika kan in anargie verval indien daar nie ʼn proses van vreedsame grondonteiening sonder vergoeding is nie.
Malema: ‘Zille is SA se nommer een rassis’
Julius Malema, omstrede leier van die EFF, het Sondag vir Helen Zille, leier van die DA, beskryf as die “nommer een rassis” in Suid-Afrika.
EFF sê ANC het die afgelope 20 jaar nog niks gedoen nie
Julius Malema, leier van die Economic Freedom Fighters (EFF), het Vrydag gesê die ANC het die afgelope 20 jaar in ‘n demokratiese Suid-Afrika nog nie basiese dienste gelewer nie.
Malema gewaarsku oor grondbesetting
Die regering is glo gereed om op te tree indien Julius Malema en sy organisasie, die Economic Freedom Fighters (EFF) dreigemente, om plase te onteien, begin uitvoer.