Vincent Mdunge, voormalige woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, sal in Maart in die Durbanse streekshof verskyn op aanklag van ʼn vervalsde matrieksertifikaat.
Alles vir die sleutelwoord "Matrieks"
Alle matrieks druip by duur Gauteng-skool
Al ses matrikulante by ʼn onafhanklike skool in Midrand, waar ouers R1 600 per maand skoolgeld moet betaal, het hul matriekeksamen gedruip, het Rapport berig.
Al die matrieks druip by 2 Limpopo-skole
Die koerant The Star het Vrydag aangevoer dat Dikeledi Magadzi, die LUR vir onderwys in Limpopo, se bewerings, dat geen skool in haar provinsie ʼn 100%-matriekdruipsyfer ontvang het nie, vals is.
Twee vas vir vervalsde matrieksertifikate
Die polisie het twee mans in Durban in hegtenis geneem nadat hulle glo vervalsde matrieksertifikate vervaardig het.
Matriekuitslae goedgekeur
Umalusi het die bekendmaking van die 2013 nasionale matriekuitslae goedgekeur.
Matriekuitslae vroeg Januarie bekend gemaak
Die merkwerk van die matriekvraestelle is afgehandel en die uitslae sal in die eerste week van Januarie bekend gemaak word
Babaverkragting-vraag: Departement kondig besluit aan
Die departement van onderwys het Vrydag sy besluit aangekondig of ʼn vraag in die matrieks se drama-vraestel, wat handel oor babaverkragting, onttrek moet word of nie.
Verkragtingsvraag: Matrieks was “onvoorbereid”
Matrieks wat aanstoot geneem het oor ʼn vraag in ʼn drama-vraestel wat verband hou met babaverkragting, was onvoorbereid, het eksamen-owerhede Woensdag gesê.
Polisie-hoë ontken vervalsde matrieksertifikaat
Kol. Vincent Mdunge, die senior polisiebeampte en -woordvoerder van KwaZulu-Natal wat bedank weens beweringe dat hy ʼn ongeldige matrieksertifikaat het, het die gerugte ontken dat sy kwalifikasie ongeldig is.
Mpuma help polisielede matrikuleer
Meer as 300 polisiebeamptes in Mpumalanga het nie matrieksertifikate nie, het die provinsiale polisie Woensdag gesê.
Matrieks: Só lyk die arbeidsmark wat jy betree
ʼn Matrieksertifikaat is ongelukkig nie werklik goeie voorbereiding vir die moderne werksomgewing nie, het die vakbond Solidariteit Woensdag, kort voor die bekendmaking van die matriekuitslae van 2012, gesê.
Matriekeindeksamen begin vandag
Die 2012 matriekeindeksamen begin Maandag en die ANC het alle matriekleerlinge sterkte toegewens.
Matriekdans saam Chad “onvergeetlik”
Die Olimpiese ster Chad le Clos het Saterdagaand sy woord gestand gedoen toe hy saam met ʼn 17-jarige meisie van Johannesburg haar matriekafskeid bygewoon het.