Oscar Pistorius sal nog ʼn ruk agter tralies moet bly nadat die besluit om hom op korrektiewe toesig vry te laat weer eens vertraag is.
Alles vir die sleutelwoord "Oscar Pistorius"
Datum vas vir Oscar-appèlsaak
Die staat se appèl teen Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag gaan op 3 November in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.
Oscar hoor dalk eers dan
Die paroolhersieningsraad se besluit of die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius op korrektiewe toesig vrygelaat gaan word, is glo vir twee weke uitgestel.
Oscar hoor vandag oor vrylating
Die paroolhersieningsraad sal Vrydag vergader om te besluit of die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius die res van sy vonnis onder korrektiewe toesig sal uitdien.
Oscar het nie geld vir nóg ʼn verhoor, sê regspan in hofstukke
Oscar Pistorius se regspan het gesê die moontlikheid dat hy die finansiële vermoë het om vir ʼn nuwe verhoor te betaal “bestaan nie”.
Pistorius se regspan het 10 dae vir appèl-argumente
Die staat appelleer teen Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag en wil hê die voormalige Paralimpiese atleet moet skuldig bevind word aan ʼn ernstiger aanklag van moord.
Oscar nog minstens só lank agter tralies
Pistorius dien sedert 21 Oktober verlede jaar tronkstraf uit, wat beteken dat hy op 21 Augustus tien maande of ʼn sesde van sy tronkstraf uitgedien het.
Pistorius-familie gaan klag lê oor Oscar-berig
Die Pistorius-familie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die artikel getiteld “Oscar’s diva demands” is feitelik verkeerd, misleidend en is ʼn gruwelike wanvoorstelling van die feite.
Reeva se ouers: ‘Hoekom het hy haar nie laat wegstap nie?’
“Ek sal aan hom sê ek wil net hê hy moet besef dat hy ons lewens vernietig het.”
Oscar Pistorius onseker hoe om oor besluit te reageer
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het nog nie besluit hoe om te reageer ná die besluit dat sy beplande vrylating uit die tronk uitgestel is nie, het sy woordvoerder Donderdag gesê.
‘Oscar het voorkeurbehandeling ontvang’
“Ons is nie teen die gereg nie. Ons wil net hê almal moet regverdig behandel word.”
Oscar Pistorius nie meer Vrydag vrygelaat
Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag gesê die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal nie meer Vrydag onder korrektiewe toesig vrygelaat word nie.
Oscar Pistorius-saak: NVG dien betooghoofde in by appèlhof
Die direkteur van openbare vervolging het Maandag sy betooghoofde met ʼn afskrif van Oscar Pistorius se hofsaak by die hoogste hof van appèl in Bloemfontein ingedien.
Video: Jeremy Clarkson maak glo ‘grappie’ oor Oscar Pistorius
Jeremy Clarkson, voormalige aanbieder van Top Gear, is opgeneem waar hy glo tydens die Clarkson, Hammond and May Live-motorvertoning in Johannesburg ʼn ‘grappie’ gemaak het oor Oscar Pistorius.
Korrektiewe dienste bevestig Oscar dán vrygelaat
Die departement van korrektiewe dienste het Maandag bevestig wanneer Oscar Pistorius se vonnis in korrektiewe toesig omgeskakel sal word.
Oscar dalk al uit tronk wanneer appèlsaak aangehoor word
Oscar Pistorius kan moontlik al uit die tronk wees wanneer die staat se appèlaansoek teen sy skuldigbevinding in die Appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.
Oscar Pistorius dalk binnekort vry
Oscar Pistorius, wat skuldig bevind is aan strafbare manslag ná die dood van Reeva Steenkamp, kan moontlik oor drie maande al ʼn vry man wees en het aangedui hy sal graag met kinders wil werk ná sy vrylating.
Bomdreigement by Gerrie Nel se huis
Die staatsaanklaer adv. Gerrie Nel se huis is ontruim nadat die polisie inligting ontvang het dat daar dalk ʼn bom in die huis is.
Masipa in onderhoud gekap oor Oscar-uitspraak
Die hantering van die Oscar Pistorius-hofsaak was Maandag in die kollig tydens regter Thokozile Masipa se onderhoud vir die pos van regterpresident van Limpopo.
Oscar Pistorius-appèl afgekeur
Regter Thokozile Masipa het Oscar Pistorius se aansoek om te appelleer teen die hof se besluit dat die staat mag appelleer teen sy skuldigbevinding, van die rol geskrap.