Ons is Protestants, hulle Russies-Ortodoks, maar ons dien een Here. Geloof is die sterkste band wat ons oor grense bind.
Alles vir die sleutelwoord "voortrekkers"
[Resep] Die Staatmakers se Aanklam-skaappotjie
Elaine Horak vertel dat hulle by die 2015 Transvaal Staatmaker-saamtrek vir studente en jong werkendes ʼn potjiekos-kompetisie gehou het. Die Staatmakers het tydens die kompetisie op ʼn raaiselagtige manier die skaapskenkels verwar met hoenderdytjies en hoenderboudjies…
Lekker verjaar, Voortrekkers!
Die Voortrekkers, die kultuurbeweging wat op 30 September 1931 in Bloemfontein gestig is, vier vandag amptelik sy 85ste bestaansjaar en kyk terug op dít wat hy in 85 jaar bereik het en na die blink toekoms wat vir hom wink.
[Foto’s] Voortrekkers vier 85 jaar, onthul beeld en trap dinamiese nuwe spore
Die Voortrekkers het die afgelope naweek, as deel van die beweging se 85ste bestaansjaarviering, ʼn spiksplinternuwe beeld op die Voortrekkermonument-terrein onthul, Die Voortrekkers Kook-resepteboek bekendgestel…
[Foto’s] Blomme vir duisende gestorwenes van Anglo-Boereoorlog
Honderde Voortrekkers het Saterdagoggend die vroegoggend lentewind op Erfenisdag aangedurf om die duisende vroue en kinders, wat tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het, met blomme te gedenk by die Irene Konsentrasiekampkerkhof in Pretoria.
Die Voortrekkers: Ná 85 jaar steeds relevant
Die Voortrekkers vier vanjaar sy 85ste bestaansjaar en is ná agt dekades steeds ʼn relevante organisasie wat die moderne Afrikaner-jeug bemagtig om suksesvol te wees in sy roeping tot diens. Dié beweging is ʼn plek waar die jongspan waardevolle vaardighede en Christelike waardes aanleer.
Voortrekkers trek oor Drakensberge vir 85ste verjaarsdag
Die Voortrekkers skop op 6 en 7 Augustus hul twee maande lange reeks verjaarsdagvieringe vir hul 85ste bestaansjaar af met die grootste trek oor die Drakensberge sedert die Groot Trek 179 jaar gelede.
1 000 vetkoeke, 1 300 liter melk en 3 000 eiers vir dié kamp
Die Voortrekkers hou jaarliks ʼn seevakansiekamp vir laerskoolkinders by die Swartvlei-meer by Sedgefield tussen Knysna en George. Vanjaar se kamp het ongeveer 700 mense geakkommodeer en dit is ongelooflik om te sien wat alles nodig is om só ʼn kamp te reël.
Voortrekkers kook, want hulle kán kook
Voortrekkers Kook sal begin Augustus beskikbaar wees en vier 85 jaar se koskultuur met resepte wat uit ervare kampkokke se kookboeke versamel is.
‘Sporelied’ vat vlam
Jak de Priester is genader om ‘n feeslied te skryf vir die herdenking van die Voortrekkers se 85ste bestaansjaar.
Luister: Ons Afrikaanse Voortrekkerliedjies
Die Voortrekker-beweging vier vanjaar sy 80ste bestaansjaar en daarom is dit gepas dat ʼn CD wat ʼn skatkis van Afrikaanse musiekerfenis is, ook ʼn paar Voortrekkerliedjies sal insluit.
Koersvas na die toekoms – soos die Voortrekkers
Die Voortrekkers se toekomsbeitel is nie ’n breekbeitel nie. Die Voortrekkerbeitel is NP van Wyk Louw se “klein-klein beiteltjie” waarmee ons daagliks “tik” en “klink”. Die “donker naat loop deur my land”, maar op ’n dag sien ons “die nag daar anderkant gaan oop met ’n bars wat van my beitel af dwarsdeur die sterre loop”. Koersvas na die toekoms.
Affies ontvang toekenning van FAK
Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria se A-Minere het Vrydag ʼn prestigetoekenning van die FAK ontvang.
Voortrekkers vier 85 jaar met feeslied
Die Vootrekkerbeweging herdenk op 30 September sy ontstaan 85 jaar gelede.
[Video] Voortrekkers wil positiewe burgerskap aanmoedig
Die Voortrekkers se studentetak, die Staatmakers, het Erfenisdag gevier deur die 27 verslete landsvlae by ’n oorgang naby Atterburyweg in die hoofstad met splinternuwes te vervang.
Video: Voortrekkers klim op Jeugdag Kranskop uit
Jeugdag is vroeër vandeesweek gevier en laerskoolleerlinge en Voortrekkers van die Kranskop-kommando het op dié dag die Kranskop uitgeklim en ʼn Voortrekkervlag gehys om ʼn groter bewustheid van die Voortrekkerbeweging te skep.
Video: Voortrekkers se huldeblyk aan vroue
Die Voortrekkers het Saterdag vir ‘n groot verrassing gesorg by die Irene Village Mall ter viering van Vrouedag.
‘Gee ons eerder ‘n engelsman’
Van ʼn verruklike piekniekplek tot ’n haglike konsentrasiekamp Voor die Anglo-Boereoorlog oorlog was Irene nie net die eerste spoorwegstasie tussen Pretoria en Johannesburg nie, maar…