Die gebruiker Kruger Sightings het ‘n video op YouTube gelaai van ‘n wildehond wat sy eie weerkaatsing in ‘n motor se deur bestudeer.
Lees meerAlles vir Donderdag 19 Februarie 2015
Uitspraak voorbehou in grootste regstelsaak
Uitspraak is Donderdag voorbehou in die saak teen regstellende aksie binne die departement van korrektiewe dienste.
Verdagte gesoek wat glo goue muntstukke steel
Die polisie in die Vrystaat is op soek na verdagtes wat glo vroeër vanjaar op ʼn winkel in Brandwag in Bloemfontein toegeslaan en goue muntstukke ter waarde van R350 000 gesteel het.
Vier geskors oor liggaam wat ontbind
Vier personeellede van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is geskors nadat hulle die liggaam van ʼn 18-jarige meisie gelos het om te ontbind, het die departement van gesondheid Donderdag gesê.
Ek sal minderhede beskerm, sê Zuma
Die ANC sal steeds minderhede beskerm, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.
Grondbesit-verbod slegs op landbougrond, sê Zuma
Die regering se voorstel dat uitlanders nie grond mag besit in Suid-Afrika nie, sal slegs van toepassing wees op landbougrond, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.
Geen beurtkrag word verwag nie
Eskom het gesê hy voorsien nie dat beurtkrag Donderdagaand toegepas sal word nie.
Groot Gees skolekompetisie skop af
Agtien skole in en om Pretoria neem aan die Groot Gees skolekompetisie deel wat vandag by Laerskool Constantiapark afgeskop het.
Nando’s ontken Mugabe-advertensie
Die kitskosrestaurant Nando’s het Donderdag ontken dat ʼn advertensie met die bekende prentjie van pres. Robert Mugabe van Zimbabwe wat val, deur die maatskappy uitgereik is.
‘Haakplekke’ het selfoonsein by staatsrede versteur
“Haakplekke” met “teen-waarneming taktiese maatreëls” het verlede Donderdag glo daartoe gelei dat selfoonseine versteur is voor die aanvang van die staatsrede in die parlement.
Nóg EFF-LP’s in die sop
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Donderdag gesê die party is besig om dissiplinêre stappe te doen teen twee van sy LP’s, Mpho Ramakatsa en Lucky Twala.
Rolstoel-atlete benodig dringend hulp
ʼn Groep van 40 gestremde persone van die Weskus wat graag hierdie naweek aan die Outeniqua Rolstoel-marathon in George in die Wes-Kaap wil deelneem, benodig finansiële hulp vir hul verblyfreëlings.
Wildbewaarder-kamp: Twee vlugtig in hof
Alex de Koker, die eienaar van ʼn weermag-tipe kamp, en sy medebeskuldigde Michael Erasmus, het Donderdag vlugtig in die streekshof in Vereeniging verskyn.
Man sterf toe staalpype op hom val
ʼn Man in sy 40’s is Donderdag in Polokwane, Limpopo dood nadat sowat ʼn ton staalpype op hom geval het.
Opname: SA verloor hoop ná staatsrede
Altesaam 37% van Suid-Afrikaners wat onlangs aan ʼn meningspeiling deelgeneem het, het gesê hulle het hoop vir die land se toekoms verloor ná verlede week se staatsrede.
Taalgebruik: aanskoulik of skouspelagtig?
Talle gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die betekenisverskil tussen “aanskoulik” en “skouspelagtig”. Taaltoffie ondersoek dié twee woorde.
Vermiste ER24-werker dood gevind
Corrie Craukamp (51), die personeellid van ER24-nooddienste wat Maandag verdwyn het, se liggaam is gevind.
Resep: Kaneeltert
Tannie Poppie van kykNET se Kokkedoor televisiereeks deel ‘n lekker tradisionele resep vir kaneeltert uit ouma se kombuis.
Kinderhande in rivier gevind
Afgekapte hande van minstens twee kinders is in die Umgenirivier naby Howick in KwaZulu-Natal gevind, het die Witness Donderdag berig.
Kurt Darren word 45 jaar oud
Kurt Darren vier sy 45ste verjaardag op 19 Februarie en Daantjie vertel waar dit alles vir die Afrikaanse superster begin het.