Twee mans van Mamelodi is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria op die moord van die 41-jarige Adriaan Schutte skuldig bevind.
Lees meerAlles vir Dinsdag 18 September 2012
Drie verskyn oor bestuuderslisensie-bedrog
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle by ‘n bestuurderslisensie-slenter betrokke was, se borgaansoek is Dinsdag in die landdroshof in Kemptonpark afgekeur.
Groblersdal-reeksmoordenaar moontlik gevang
‘n Man wat glo reeds ten minste vyf vroue in Groblersdal vermoor het, is in hegtenis geneem.
Bom-aanval: Pa sê oorlewende voel skuldig
Die pa van ‘n man wat die ontploffing in Kaboel oorleef het, sê sy seun voel skuldig omdat hy oorleef het.
Lonmin-stakers aanvaar aanbod
Stakende mynwerkers by Lonmin se myn in Marikana het Dinsdag ‘n hersiende loonaanbod aanvaar.
Sondagverkragter skuldig
Die man wat as die “Sondagverkragter” bekend staan, is Dinsdag aan 33 van die 37 aanklagte teen hom skuldig bevind.
Nuwe FAK Sangbundel sien binnekort die lig
Die FAK Sangbundel volume II word vanjaar amptelik by Aardklop nasionale kunstefees bekendgestel met ’n spesiale FAK konsert genaamd ‘FAK’ Fantasties.
Verkeerdevlei
The Buckfever Underground se nuwe album, Verkeerdevlei, is in Augustus vrygestel.
Video: Twee gaan 3 000km stap, rommel optel
Twee Suid-Afrikaanse avonturiers is keelvol vir die land se rommelprobleem en het besluit om die probleem te voet te takel. Michael Barretta en Camilla Howard gaan in Oktober ‘n groot staptog begin om bewusmaking oor rommel te skep.
Bejaarde paartjie van Mpumalanga aangeval
’n Bejaarde man is Dinsdagoggend voor sy vrou doodgesteek toe inbrekers in hul huis in Middelburg, Mpumulanga, toegeslaan het.
“Kabeldief” op golflandgoed geskiet
ʼn Vermeende kabeldief is Maandagaand op ʼn golflandgoed in Irene, Gauteng, geskiet en gewond.
Vermiste man dood op berg gekry
Die liggaam van Michael Anthony Dickson (59) is laat Maandag op die Magaliesberg in Hartbeespoort, Noordwes, gekry, nadat hy sedert 4 September vermis was.
Vrou beskerm kind teen weghol swaarvoertuigbande
ʼn Vrou en haar kind is Dinsdagoggend beseer nadat hulle deur ʼn weghol swaarvoertuigband getref is.
Kan Christene protesteer?
“Ons Christenskap en hemelse burgerskap mag egter nie deur ons aardse burgerskap verloën of verswelg word nie. Ook in ons protes-optredes moet ons Christenskap en ons getuienis deurbreek,” skryf Isak Burger.
Video: Tokkelossie is toe eintlik aapstreke van ‘n nuwe maatskappy
Sosialemedia-netwerke was verlede week in oproer oor ‘n nuusberig van ‘n man wat ‘n “tokkelossie” in sy huis betrap het.
Agt Suid-Afrikaners sterf in bomaanval
ʼn Groep mense, waaronder agt Suid-Afrikaners, is dood tydens ʼn selfmoordbomaanval Dinsdagoggend in Kaboel, Afghanistan.
Nuuskommentaar: Vryheid van uitdrukking vs. geloofsvryheid
Is daar iets soos ‘n mensereg wat hoër of belangriker as ‘n ander reg is? Die vraag is nou wêreldwyd aktueel na ‘n derderangse film wat Mohammed beledig die rondte begin doen, en radikale Moslems laat amok maak het.
“Sondagverkragter” hoor dalk vandag sy lot
Die sogenaamde “Sondagverkragter” sal na verwagting vandag in die Palm Ridge-hooggeregshof, in die Oos-Rand, hoor of hy skuldig is aan die 37 aanklagte teen hom.
Platinumprys styg ná Lonmin-skietery
Die gaping tussen die goudprys en die prys van platinum het sedert die skietery by Marikana op 16 Augustus aansienlik vernou.
Kurt Darren met die dood gedreig
Die sanger Kurt Darren is glo Maandagmiddag in ʼn rolprentteater in Oos-Londen met die dood gedreig.