Die burgerregtegroep Section27 het Woensdag aangedui hy is tevrede met die aflewering van handboeke en werkboeke aan skole in Limpopo.
Lees meerAlles vir Woensdag 9 Januarie 2013
Goeie nuus: Nóg ‘n geskiedkundige hartoperasie vir Kaapse dokters
Dokters in Kaapstad het ‘n operasie op ‘n 59-jarige vrou uitgevoer wat geskiedenis gemaak het.
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Betogers in die Wes-Kaap het ‘n joernalis se motor Woensdag in De Doorns omgeslaan en aan die brand gesteek voordat hulle hom aangerand het.
AfriForum Jeug nooi matrikulante om kwessies rondom uitstaande uitslae aan te meld
AfriForum Jeug het matrikulante uitgenooi om hul inligting aan AfriForum Jeug deur te gee indien hulle nog nie hul matriekuitslae ontvang het nie.
Polisie op soek na ontvoerde JHB-baba
ʼn Ses maandeoue baba is Dinsdag in Bezuidenhoutvallei in Johannesburg ontvoer en sy babaoppasser byna vermoor.
Top!
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse woord, “top!”
Outa dien appèl in
Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) het Woensdag sy aansoek om verlof tot appèl ingedien teen die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak dat die omstrede e-tolstelsel op Gauteng se hoofweë geïmplementeer kan word.
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Die polisie moes Woensdagmiddag met rubberkoeëls op vermeende stakende plaasarbeiders losbrand nadat hul betoging vir beter lone in De Doorns gewelddadig geraak het.
Bejaarde egpaar in vrieskas gekry
Die liggame van Rudolf en Elna van Heerden, ‘n bejaarde egpaar van Belfast in Mpumalanga, is Woensdagoggend in ʼn vrieskas in hul huis opgespoor.
Skokfoto: Worshond agter bakkie aangesleep
ʼn Foto van ʼn bakkie wat ʼn hondekarkas agter hom in die pad aansleep het talle gebruikers op sosiale media warm onder die kraag gelaat.
Plaasmoorde-protes: AfriForum verkla polisieminister by openbare beskermer
AfriForum het Dinsdag ʼn klag van magsmisbruik, wanadministrasie, politieke afpersing en minagting van die hof teen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, by die openbare beskermer ingedien.
Munisipaliteit ondersoek Facebook-inskrywing
Die Witzenberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap ondersoek tans ʼn superintendent wat na bewering geweld teen boere op Facebook aangehits het.
Villiers-plaasaanval: Boer oorleef “eerste hekkie”
Jannie du Plessis, die boer van Villiers wat Sondagoggend geskiet en saam sy vrou vir agt ure lank in ʼn kluis toegesluit is, se linkernier is suksesvol verwyder.
2012 was warmste jaar ooit in Amerika
Verlede jaar was die warmste jaar ooit in Amerika se geskiedenis.
Vrou sterf in PTA-ongeluk
ʼn Vrou is dood en dertien ander beseer nadat ʼn minibustaxi Woensdagoggend teen ʼn voertuig in Pretoria gebots het.
Een kritiek ná twee trokke bots
ʼn Vragmotorbestuurder is in ʼn kritieke toestand nadat sy voertuig Dinsdagaand van agter teen ʼn ander vragmotor op die N12 naby Witbank gebots het.
Nuuskommentaar: Wingerdstaking
Die beplande staking in die Boland word vandag voortgesit nadat onderhandelinge tussen verskeie rolspelers om dit af te weer, gisteraand laat op ‘n dooiepunt uitgeloop het.
4-jarige skok dood
ʼn Vierjarige seuntjie is Dinsdag in Noordwes deur ʼn beweerde onwettige elektriese verbinding doodgeskok.
Polisieman tydens rooftog doodgeskiet
ʼn Polisieman is Dinsdag tydens ʼn rooftog by ʼn supermark in Bloemfontein in die Vrystaat doodgeskiet.
Man sterf na voorval oor hotelverblyf
ʼn Toetsbeampte van die Langlaagte-toetssentrum in Johannesburg is aan ʼn hartaanval dood nadat hy en sy gesin oor die feesseisoen in Kaapstad aangekom het en gevind het dat hulle hotelverblyf ook deur iemand anders bespreek is.