Die polisie in Japan het Dinsdag gesê hulle is op soek na ‘n moordenaar, wat glo gedigte skryf, nadat die liggame van vyf mense in ‘n klein dorpie opgespoor is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 23 Julie 2013
Video: Seun val amper ook uit tuimeltrein
‘n Sewejarige seun het Maandag byna op ‘n tuimeltrein in die moeilikheid beland ná ‘n vrou Vrydag by ‘n soortgelyke vermaaklikheidspark dood is toe sy uit ‘n tuimeltrein geval het.
Taalkommissie stel nuwe lede aan
Die Taalkommissie het Dinsdag bekend gemaak dat hulle vier nuwe lede aangestel het.
Kaper glo op heterdaad betrap
ʼn Man is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo op heterdaad betrap is terwyl hy ʼn voertuig in Benrose, Johannesburg, gekaap het.
Aantygings teen Thuli Madonsela ingedien
Lede van die parlement het Dinsdag ʼn lys van aantygings teen die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, bekend gemaak.
Cosas wil verkragters kastreer
Die Congress of SA Students (Casas) het Dinsdag gedreig om verkragters te kastreer.
‘n Kameel, ‘n sprinkaan en ‘n vrot tamatie
deur Annelie Ferreira Niks cools gebeur ooit op Koedoesdorp nie. Elke dag is dieselfde, die een so vervelig soos die ander. Veral Maandagoggende, aldus Gerrie….
Wie is die Afrikaner? Steve lewer repliek
Steve Hofmeyr lewer repliek op die vraag “Wie is die Afrikaner?”
Video: Dogter vra sterwende pa om vir ‘n trouvideo te dans
Rachel Wolf is nog nie eers verloof nie, maar sy het vroeër vandeesmaand haar pa, wat pankreaskanker het, gevra om haar troue se openingsdans saam met haar te dans. Dié video sal dan op haar troudag gespeel word.
Onnie vergoed na afdanking oor leerder se punte
Arlene Nel, ʼn voormalige onderwyser aan Hoërskool Kakamas, het uiteindelik vergoeding ontvang nadat sy afgedank is omdat sy nie met die skoolhoof se seun se punte wou knoei om hom te laat slaag nie.
Dettol en Domestos: Meer inligting oor produkte wat herroep word
Dettol-ontsmettingsmiddel wat van die Verenigde Koninkryk af ingevoer is, word landswyd herroep omdat dit glo ʼn gesondheidsrisiko kan inhou, het die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS) Dinsdag gesê.
Koninklike baba: Bedankings van prins William en Kate
Prins William en sy vrou, Kate Middleton, het die personeel van die hospitaal Dinsdag bedank ná die geboorte van hul seun.
Die Vierletterwoord
deur Nelia Engelbrecht Clarissa Mentz is ʼn gr. 11-leerder aan ʼn dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede…
Man van KZN glo ontvoer
Bruce Galloway (59) is Dinsdagoggend omstreeks 04:00 van sy huis in Kloof, KwaZulu-Natal, ontvoer.
Malema se Polokwane-huis verkoop
Julius Malema, leier van die Economic Freedom Fighters, se huis in Polokwane is Dinsdag op ʼn veiling verkoop.
Dettol word glo herroep
Dettol-ontsmettingsmiddels moet herroep word, aangesien dit glo ʼn gesondheidsrisiko vir verbruikers inhou, het die Nasionale Reguleerder van Verpligte Spesifikasies (NRCS) Dinsdag gesê.
Zuma wys beamptes tereg oor uitlatings oor Zimbabwe-verkiesing
President Jacob Zuma, die hoof streeksbemiddelaar vir Zimbabwe, het Maandag gesê hy het sy kollegas tereggewys nadat hulle “jammerlike uitlatings” gemaak het oor Zimbabwe se gebrek aan gereedheid om die verkiesing op 31 Julie te hou.
Australiër ry toe sonder stuurwiel
ʼn Australiër is van roekelose bestuur aangekla nadat hy glo ʼn skroefsleutel gebruik om sy motor mee te bestuur, het die polisie in Adelaide Dinsdag gesê.
Ses Snare en vriende se DVD is pure luistergenot
Ses snare laat gehore steeds brul van lekkerkry en nou kan jy dit geniet op DVD.
Kankermasjiene kan nou weer werk
Die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal het die instandhoudingskontrak van twee kankerradioterapiemasjiene by Addington-hospitaal in Durban, betaal.