ʼn Onderwyser van Sasolburg wat vroeër deur ʼn leerling in die been geskiet is, is in ʼn stabiele toestand in die Emfuleni MediClinic, het ‘n woordvoerder van die hospitaal vanaand gesê.
Lees meerAlles vir Vrydag 20 September 2013
Honderde slange in motorhuis gevind
Ondersoekbeamptes wat moes vasstel of ’n Amerikaanse man werk terwyl hy met ongeskiktheidsverlof is, was uit die veld geslaan toe hulle ontdek dat Richard Parrinello 850 slange in sy motorhuis aanhou en onwettig van sy huis af vir ‘n ekstra inkomste verkoop.
Man se vinger groei wonderbaarlik terug
Danksy die sukses van ’n nuwe prosedure wat ’n algemene chirurg in die Suide van Florida beproef het, is ’n 33-jarige man se vinger wat hy onlangs in ’n fratsongeluk verloor het, besig om fluks terug te groei.
Nog geen einde aan petroljoggiestaking
ʼn Staking deur Numsa-petroljoggies en werkers van die motorbedryf duur voort nadat onderhandelinge tussen die vakbond en werkgewers vasgeval het.
Foto: Die Strand onder water
Kusweg in die Strand in die Wes-Kaap het Donderdagmiddag oorstroom. Danie Pienaar het die foto geneem en op sosiale media geplaas.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde styg bo misdaadtendense uit
Dit is ‘n donkere dag vir ‘n land as sy Nasionale Kommissaris beweer dat misdaad onder beheer is as die moordsyfer styg tot 16 259 gevalle per jaar.
‘Dronk’ James O’Connor uit die Wallabyspan
James O’Connor, sterspeler van die Australiese Wallabies, sal vir ‘n onbepaalde tyd nie beskikbaar wees vir insluiting in die nasionale span nie na ‘n insident op die Perthse lughawe.
Onnie by Hoërskool Sasolburg geskiet
ʼn Onderwyser van Hoërskool Sasolburg in die Vrystaat is Vrydag by die skool deur ʼn leerling geskiet.
Alliansie teen Hidrobreking: “Eskom is desperaat”
Eskom se vasberadenheid om voort te gegaan met hidrobreking in Suid-Afrika wys hoe desperaat dié semi-staatsinstelling is om te ontsnap aan die energiekrisis wat dit vir die land geskep het.
Maar wie snoei die rose in die nag?
Hoe stil kan ʼn Karoodorp word hierdie tyd van die aand, met ʼn stilte wat ʼn mens laat dink jy hoor die huise, die strate, die bome en die leiwater; die hele dorp en die berg vertel wat vandag gebeur het en oujare gelede, geslagte lank al.
Nóg koue weer verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag gewaarsku dat kouefronte tot die naweek toe oor die land sal beweeg.
Man vas vir moord op twee bejaardes
ʼn Man is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ‘n moord op twee bejaarde vroue van Lenasia, Gauteng.
Leerling wat urine moet drink: MRK monitor voorval
Die Menseregtekommissie (MRK) monitor ʼn beweerde skoolboelie-saak nadat ʼn 16-jarige leerling van Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark glo ʼn “k****r” genoem is en gedwing is om sy eie urine te drink.
Voormalige Gupta-nuuskanaalredakteur wil alles openbaar
Rajesh Sundaram, die voormalige redaksionele konsultant van die televisienuuskanaal Africa News Network (ANN7), het ʼn ooreenkoms met ʼn Suid-Afrikaanse uitgewer geteken om sy storie oor die drie maande wat by die televisiekanaal gewerk het, in boekformaat te vertel.
Beseerde McCaw toer saam
Steve Hansen, hoofafrigter van die All Blacks, het sy toerspan aangekondig vir die toer in Argentinië en Suid-Afrika vir die laaste been van die Rugbykampioenskap.
“Slang” na Mars
Curiosity en die twee ouer tuigies, Opportunity en Spirit, verstom die wêreld met wat hulle reeds op Mars vermag het.
Pretoria-straatname weer in die hof
Die appèlhof in Bloemfontein het Donderdag die Tshwane-metro verlof gegun om teen ’n vorige uitspraak oor Pretoria se straatname te appelleer, het Beeld Vrydag berig.
Mensehandel-saak: Verdagtes weer in hof
Die hofsaak van ‘n Durbanse dokter, Genchen Rugnath, sy vrou, Ravina, en drie ander oor mensehandel en verwante klagtes word vandag weer in die Durban-landdroshof hervat.
Nuuskommentaar: Reënboog geknak – deur misdaad
Volgens die jongste misdaadstatistiek het die land se misdaad die afgelope jaar in die geheel afgeneem, maar selde indien ooit het die polisie so onder die uitslae en die betroubaarheid van die statistiek deurgeloop.
Uitdrukking: Iemand se naald haak vas
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse uitdrukking “Iemand se naald hak vas.”