Die polisie in Ysland het Maandag vir die eerste keer in die geskiedenis van dié land, ʼn man doodgeskiet.
Alles vir die maand Desember 2013
Meesters van die kuns- Danie Niehaus
Dis moeilik om te glo dat Danie Niehaus nou al dertig jaar lank in die musiekbedryf is, want hy het in daardie tyd ‘n legende…
Agt keer opstaan- Jasmyn
Twee jaar gelede het die musiekbedryf vir die eerste keer kennis geneem van Jasmyn toe haar eerste album, Jy wens jy kon sê, uitgereik het….
Nuuskommentaar: e-Tol – Nou die werklike toets
Gaan die uitgesproke weerstand, van selfs kerkleiers, teen e-tol daartoe bydra dat dié omstrede stelsel weens onuitvoerbaarheid in die stof byt?
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Die borgtogverhoor van die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir en drie medebeskuldigdes is Maandag in die Palm Ridge-streekshof uitgestel tot Woensdag.
Aardskudding ruk Pretoria óók
Skaars drie weke nadat ʼn aardskudding, wat vier op die grootheidskaal geregistreer het, Johannesburg getref het, is ʼn ligte aardskudding Maandagaand weer in dié stad sowel as Pretoria gevoel.
Hof hoor oor baba se beserings
ʼn Patoloog het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria getuig oor die afgryslike beserings wat ʼn drie weke oue babaseuntjie opgedoen het voor sy dood. Die baba se stiefpa staan tereg op aanklagte van mishandeling en moord.
Bloulig-saak: Bestuurder gevonnis
Joseph Motsamai Semitjie, lid van die BBP-eenheid van die polisie wat Thomas Ferreira in November 2011 van sy motorfiets afgery het, sal na verwagting vandag in die Krugersdorp-landdroshof gevonnis word.
Gedagte vir die dag: Die aanbidding
Luk 7:37-38 – “Sy bring toe ’n albaste flessie met reukolie en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy…
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Radovan Krejcir het geen plan om Suid-Afrika te verlaat nie, het die Palm Ridge-streekshof in Alberton Maandag gehoor.
Babatjie wat verkrag is, sterk aan
ʼn Ses weke oue baba wat deur ʼn man in Galeshewe in die Noord-Kaap verkrag is, is uit die intensiewesorg-eenheid van die hospitaal ontslaan en na ʼn algemene saal oorgeplaas
Gesin op plaas vergiftig
Vyf lede van ʼn gesin is dood en twee kinders in die hospitaal opgeneem nadat hulle Maandag op ʼn plaas naby Bothaville vergiftig is.
Mpuma-onnies het glo arm kinders se kos gesteel
Ses laerskoolonderwysers van Mpumalanga word daarvan beskuldig dat hulle kos gesteel het wat aan arm kinders uitgedeel moes word.
13-jarige dogter vas vir moord, seksuele aanranding
ʼn 13-jarige dogter van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap, het Maandag in die hof verskyn op aanklag van die moord van ʼn tweejarige en seksuele aanranding van ʼn vierjarige seuntjie.
Video: Jakaranda-kinderhuis se Liggiesfees
Daar is dubbel soveel kersliggies as verlede jaar, en die Jakaranda-kinderhuis se Liggiesfees het die naweek swierig begin
Video: Wynmaker van die jaar gekroon
Christiaan Groenewald is die naweek by ‘n glansgeleentheid by La Residence in Franschhoek as wynmaker van die jaar aangewys vir sy Arendskloof Voetspore 2011.
Video: Bekende kunswerk weer terug op eie bodem
Een van Suid-Afrika se mees ikoniese skilderye, Vladimir Tretchikoff se “Chinese Girl”, is terug in die land.
Dodetal in Noordwes-botsing styg
Die dodetal in ʼn ongeluk wat Sondagaand op die N12-snelweg buite Klerksdorp in Noordwes tussen twee voertuie plaasgevind het, staan tans op 14.
Zim: Misdade teen die mensdom-saak gemaak
AfriForum het Maandag ʼn saak betreffende menseregtevergrype teen kommersiëleplaaswerkers en boere by Suid-Afrika se Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien.
E-tol: Hof sê oor VF+-aansoek
Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag uitspraak gelewer nadat die Vryheidsfront Plus ʼn interdik wou bekom in ʼn laaste poging om die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë te keer voor dit Dinsdag in werking tree.