Diereskuilings landwyd is oorvol van troeteldiere wat uit hulle eienaars se erwe geglip en weggeraak het, of deur klappers beseer is tydens Nuwejaarsvieringe. Baie eienaars soek steeds desperaat na hulle verlore troeteldiere.
Lees meerAlles vir Vrydag 3 Januarie 2014
Video: SA spaar te min, skuld te veel
Suid-Afrikaners is berug daarvoor dat hulle té min spaar en te veel skuld aangaan, en daarom moet finansies bo-aan jou lysie wees van dinge wat jy in die nuwejaar wil regruk.
Man in hof wat glo vrou, kinders met Hindu-voorwerp vermoor
ʼn Man wat glo sy vrou en twee tienerkinders met ʼn tradisionele religieuse voorwerp doodgeslaan het, het Vrydag vlugtig in die Chatsworth-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.
Vermiste 63-jarige vier dae later opgespoor
ʼn 63-jarige vrou wat op Oujaarsaand vermis geraak het, is Vrydag in ʼn kloof naby haar huis in Richmond, KwaZulu-Natal, opgespoor.
Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif
ʼn Man wat van die moord en verkragting op die vierjarige Jasmin Pretorius van Brakpan in Gauteng verdink word, is na ʼn plek van veiligheid geneem ná hy doodsdreigemente ontvang het.
Gewapende Nkandla-man verskyn in die hof
ʼn Man het Vrydag in die Nkandla-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens.
Polisie hou “kokaïen-strande” dop
Daar sal ʼn groter polisieteenwoordigheid wees by strande naby Mosselbaai nadat dromme met kokaïen uitgespoel het, het die polisie Vrydag gesê.
65 ernstig beseer in KZN-busongeluk
Altesaam 65 mense is beseer toe ʼn bus Vrydagoggend naby Nongoma in KwaZulu-Natal op ʼn grondpad omgeslaan het.
Polisie soek steeds na oud-spioen se moordenaar
Die polisie is steeds op soek na die persoon wat die voormalige spioenhoof van Rwanda, Patrick Karegeya, in sy luukse hotelkamer in Sandton, Johannesburg, vermoor het.
Resep: Boerewors-sosaties
Suid-Afrika se gunsteling-wors maak uitmuntende sosaties – en dis ‘n welkome variasie op die manier wat ons boerewors gewoonlik berei.
Video: Kalkoen jaag afleweringsman
ʼn Groep verpleërs by die universiteit se mediese sentrum in Minnesota is vermaak deur ʼn kalkoen wat ʼn werknemer van UPS om ʼn vragmotor gejaag het.
Vrou gesoek wat glo babatjie ontvoer
Die polisie is op soek na ʼn vrou van Kilbarchan in KwaZulu-Natal wat glo verbind word aan die ontvoering van ʼn 13 dae oue babaseuntjie.
Toeriste in Egipte vermoor
Twee toeriste van Switserland is in Hurghada, ʼn Rooisee-oord in Egipte, vermoor, het Switserland se ATS-nuusagentskap Vrydag berig.
Bende steel glo hawelose bedelaar se goud
Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met die diefstal van nagenoeg 1 kg goud van ʼn 86-jarige hawelose bedelaar, het die polisie in Viëtnam Vrydag gesê.
Warmste jaar ooit in Australië
Verlede jaar was die warmste jaar in Australië sedert opnames in 1910 begin het, het die weerburo in dié land Vrydag gesê.
Narre vas oor ontvoering
Twee mans wat as hansworse in Meksiko werk, is in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde ontvoering.
Brit en Nieu-Seelander in Libië vermoor
ʼn Sekuriteitsbeampte van Libië het gesê ʼn man van Engeland en ʼn vrou van Nieu-Seeland is naby Sabratha doodgeskiet.
Nkandla-skoorsteen ‘n “brandgevaar”
ʼn Skoorsteen op ʼn grasdakhuis van pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning kan ʼn veiligheidsgevaar inhou, het die Mail & Guardian Vrydag berig.
15 beseer toe PTA-trein ontspoor
Vyftien mense is beseer toe ʼn trein, van Pretoria na Johannesburg, Vrydagoggend ontspoor het.
“Juridiese korrupsie in SA nader breekpunt”
Die hoogaangeskrewe Bostonse koerant, die Christian Science Monitor, dra Vrydag ‘n artikel waarin besluite om beskuldigdes met politieke bande in Suid-Afrika “letterlik met moord te laat wegkom” onder die loep geneem word.