Grondbesetters het nagenoeg 1,5km van die Dinokeng-wildreservaat, noordoos van Pretoria, se heining verwoes omdat hulle glo beslag wil lê op die grond.
Alles vir Maandag 12 Mei 2014
Popster- Wicus van der Merwe
Nadat Wicus van der Merwe net meer as twee jaar gelede ‘n versameling van sy grootste treffers uitgereik het, het hy eindelik sy nuwe album…
Son se “boetie” gevind
Wetenskaplikes het bepaal dat ‘n ster in die konstellasie van Herakles uit dieselfde newel van gas en stof as die son ontstaan het.
Kiwi gered na SOS in sand
‘n Nieu-Seelander wat Saterdag uit ʼn seiljag in ruwe see oorboord geval het, is gered nadat hy SOS op die strand uitgekerf het.
Man, kleuter sterf in Heidelberg-botsing
ʼn Man en ʼn kleuter is dood nadat twee voertuie mekaar Sondagaand op die N3-snelweg naby Heidelberg in Gauteng reg van voor getref het.
Oekraïne: Ooste stem vir afskeiding
Volgens die organiseerders van die referendum oor afskeiding van die selfverklaarde “republiek van Donetsk” vir onafhanklikheid het sowat 90%t van die kiesers hulle ten gunste van onafhanklikheid uitgespreek.
Nuuskommentaar: Boko Haram en die Siriëgangers
Die wêreld het nie gaan stilstaan terwyl Suid-Afrika verkiesing gehou het nie. Belangrike gebeure het oor die wêreld plaasgevind waarvan Suid-Afrikaners moet kennis neem.
Man vas vir verkiesingsdagmoord
ʼn Man verskyn na verwagting Maandag in die hof in verband met die moord op ʼn ANC-ondersteuner op verkiesingsdag in KwaDukuza in KwaZulu-Natal.
Nóg ‘n vrou in Noordwes verkrag
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy Saterdagaand glo ʼn 24-jarige vrou in Bethanie in Noordwes verkrag het, terwyl sy van ʼn kroeg af gestap het.
WAT Woord van die Week: flankeer
Die WAT Woord van die Week is “flankeer”
Man verkrag vrou ná hy haar werk belowe
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 31-jarige vrou in Waterval-Oos in Noordwes verkrag het.
Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn Jong motorfietsryer het Sondagaand in ‘n ongeluk met ‘n ander voertuig op die N4-snelweg naby Rustenburg in Noordwes gesterf.
Seuntjie verdrink in Randparkrif
ʼn Driejarige seun het Sondagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Randparkrif in Gauteng verdrink.
Shrien Dewani-verhoor: Manlike prostituut getuig glo
Leopold Leisser, ʼn manlike prostituut, sal na verwagting Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn waar die moordbeskuldigde Shrien Dewani se voorverhoorkonferensie plaasvind, het die Sunday Times berig.
Minder brande in Kaapstad
Die stad Kaapstad het gesê minder brande en noodgevalle is tussen November 2013 en Maart vanjaar aangemeld, in vergelyking met dieselfde periode die vorige jaar.
ATKV-Veertjies: Hier is die wenners
Die ATKV bekroon jaarliks diegene wat in die loop van ’n gegewe jaar ’n uitnemende bydrae in Afrikaans gelewer het. Verskeie presteerders is die afgelope naweek by Vodacom World in Midrand met ’n Mediaveertjie deur die ATKV bekroon.
Gedagte vir die dag: Die bemoediger
Hand 9:27- Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring.