Sowat 20 000 huise en drie skole in San Diego in Amerika is ontruim nadat ‘n groot bosbrand die gebied bedreig het.
Alles vir Woensdag 14 Mei 2014
Oscar Pistorius vir waarneming gestuur
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius moet vir psigiatriese waarneming gestuur word, het die hooggeregshof in Pretoria Woensdag beslis.
Oekraïne kry Europese hulp
Die Europese Unie en Oekraïne het ʼn ooreenkoms bereik, ingevolge waarvan die beleërde Oos-Europese land ‘n hulppakket van 1,3 miljard euro sal ontvang.
Paramedikus met mes gesteek; aanvallers eis uniform
ʼn Paramedikus van ER24 is Woensdagoggend in Johannesburg aangeval en met ʼn mes gesteek, waarna sy aanvallers geld en sy uniform geëis het.
Video: Só werk kitskos-tamatiesoushouertjie
Enigiemand wat al skyfies by ‘n bekende kitskosrestaurant met die groot geel M in hul logo geëet het, het moontlik al gewonder of die tamatiesoushouertjie dalk te klein is.
Drie in Pinetown, KZN geskiet
Drie mans is Woensdagoggend in Pinetown in KwaZulu-Natal geskiet en gewond.
Resep: Aartappelslaai (warm)
Maklike resep vir ‘n heerlike warm aartappelslaai. Die ideale bykos saam met braaivleis!
Amcu soek hofbevel teen myne
Amcu het Maandag ʼn dringende interdik by die arbeidshof in Johannesburg ingedien om platinummyne te verbied om direk met sy lede te kommunikeer oor die werkgewers se nuwe loonaanbod, het Sake-Beeld Woensdag berig.
Sugarman-regisseur dood gevind
Malik Bendjelloul, regisseur van die Oscar-bekroonde “Searching for Sugar Man”, is in die ouderdom van 36 oorlede.
Uitdrukking: So arm soos ‘n kerkmuis
Waarom sou mens sê iemand is “so arm soos ‘n kerkmuis”? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Zille: Harvard is Lindiwe se “plan B”
Helen Zille, leier van die DA, sê Lindiwe Mazibuko, voormalige parlementêre leier van die party, se “plan B” was om by Harvard te gaan studeer.
Amcu-staking: Polisie begelei busse met werkers na myne
Die polisie van Noordwes het Woensdagoggend busse met mynwerkers, wat nie aan Amcu se voortslepende staking deelneem nie, na myne in die platinumgordel vergesel.
Gewapende rooftog by Bethlehem-landgoed
ʼn Man van die plaas Arran aan die buitewyke van Bethlehem in die Vrystaat is Woensdag in die vroeë oggendure deur ses gewapende mans oorval en beroof.
Nuuskommentaar: Platinum-handdruk vir Zuma?
Die asem is opgehou dat die ANC soveel steun in die afgelope verkiesing sou inboet, dat pres. Jacob Zuma op die een of ander wyse gedwing sou word om die presidentskap neer te lê.
Turkye-mynontploffing: Meer as 200 dood, honderde nog vasgekeer
Minstens 201 mense is Dinsdag dood en honderde is steeds ondergronds vasgekeer ná ʼn ontploffing by ʼn steenkoolmyn in Turkye.
Pa erken hy vermoor dogter; sussie getuig
ʼn Pa wat daarvan beskuldig word dat hy sy sewejarige dogter, wat aan epilepsie ly, verkrag en vermoor het, het Dinsdag in die rondgaande hooggeregshofsitting in Nelspruit, Mpumalanga, verskyn.
Sperdatum vir platinum-staking vandag
ʼn Groot polisieteenwoordigheid sou Dinsdagaand deurnag by die platinumgordel ontplooi word om hopelik ʼn einde te bring aan ʼn vyf maande lange staking.
Dankbaar vir “toe deure”
In Jeremia 29:11 sê God immers: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”