Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Woensdag motoriste in Gauteng gewaarsku om te dink voor hulle deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) “verlei” word om vir e-tol te registreer.
Lees meerAlles vir Woensdag 14 Mei 2014
Sugarman-regisseur het selfmoord gepleeg
Malik Bendjelloul, regisseur van die Oscar-bekroonde “Searching for Sugar Man”, het selfmoord gepleeg.
Video: Man in oprit deur kapers geskiet
Beeldmateriaal van ‘n kringtelevisiekamera is beskikbaar gemaak wat wys hoe ‘n man Dinsdagaand in die oprit van sy huis in Alberton deur kapers geskiet word voor hulle met sy motor vlug.
Anene Booysen se pleegma oorlede
Anene Booysen, die 17-jarige meisie van Bredasdorp wat verlede jaar dood is nadat sy op ʼn konstruksiewerf in Bredasdorp verkrag en wreed vermink is, se pleegma is oorlede, berig eNCA.
Pistorius-familie het vertroue in regstelsel
Die Pistorius-familie het Woensdag gesê hulle het vertroue in Suid-Afrika se regstelsel om te verseker dat Oscar Pistorius ‘n regverdige verhoor sal kry.
Reisartikel: Jacobsbaai, die besbewaarde geheim van die Weskus
Een van die besbewaarde geheime van die Weskus, is ‘n plek waar jy net branders hoor breek teen die rotse. Die ongewoon deftige huise langs ongeteerde strate is meestal witgewas en aards. Dít is die seekus-gemeenskap met die ongewone naam, Jacobsbaai.
Nuwe Nissan Patrol-bakkie bekend gestel
Die nuwe weergawe van Nissan se Patrol-bakkie is pas in Suid-Afrika bekendgestel.
Amcu-staking: Voertuie aan die brand gesteek; staking duur voort
Drie voertuie is Woensdagoggend by Impala Platinum (Implats) se Rustenburg-myn aan die brand gesteek.
Kinders sterf in put
Twee vierjarige kinders is dood nadat hulle Maandag by ʼn voorskoolsentrum in ʼn put geval het.
Dr. Pieter Mulder oor Beeld, Bobby en minderheidsregte
“Volgens die redakteur van Beeld, Adriaan Basson, was een van die laagtepunte van die verkiesing my ‘aanval’ op Bobby van Jaarsveld.” Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, reageer op ‘n meningstuk van Basson oor ‘n “Twitter-oorlog” tussen hom en Van Jaarsveld.
60-jarige in kruisvuur gewond
ʼn 60-jarige man is Dinsdagmiddag in Rustenburg tydens ʼn oor-en-weer-skietgeveg tussen ʼn veiligheidsbeampte en vier rowers gewond.
Helpende Hand gryp in by groeiende behoefte van skole-voedingskemas in platinumgordel
Solidariteit Helpende Hand het vandag ingespring om voedingskemas by sewe skole in die platinumgordel te ondersteun en aan te vul, nadat hierdie voedingskemas aansienlik gegroei het sedert die stakings by die platinummyne begin het.
Sanral bied grasie aan motoriste
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag aangekondig dat hy die periode om e-tolpadverbruikers die geleentheid te bied om hul rekeninge te vereffen en steeds by die stelsel se afslag baat te vind, verleng het.
Politieke balans bly dieselfde vanaf 1994 tot 2014
Die politieke ewewig het in die twintig jaar vanaf 1994 tot 2014 wesenlik dieselfde gebly, ten spyte van voorbladberigte wat die teendeel beweer. Hierdie gevolgtrekking kan gemaak word deur die 1994-verkiesing se uitslae met dié van 2014 te vergelyk, skryf Flip Buys.
Naweeklyfie- Lianie May
Omtrent drie jaar nadat Lianie May haar derde solo-album, Lank lewe die liefde, vrygestel het, is sy terug met haar jongste vrystelling, Naweeklyfie. Soos wat…
11 fetusse in emmer gevind
Pendelaars van Mdantsane in die Oos-Kaap het Dinsdagaand ʼn grusame vonds gemaak toe hulle 11 menslike fetusse naby ʼn taxistaanplek aangetref het.
‘Eerste oorwinning vir Transnet-pensioenarisse behaal’
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, sê hy het die eerste hekkie oorgesteek om ’n oplossing te vind om Transnet pensioenarisse wat reeds vir 11 jaar slegs ’n 2%-pensioenverhoging ontvang met regsaksie by te staan.
VSA-studentetoerbus in PTA beroof
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat 30 Amerikaanse studente en vyf van hul toesighouers Sondag op ʼn toerbus in Pretoria beroof is nie.
Ruk my tot stilstand- Adam Barnard
Nadat hulle omtrent ses jaar lank een van ons land se gewildste sanggroepe was, het Romanz vroeër vanjaar aangekondig dat hulle gaan ontbind. Louis Loock…
Wrak van Columbus se vlagskip glo na 500 jaar gevind
Navorsers meen hulle het “tentatief” die watergraf van Columbus se vlagskip, die Santa Maria, aan die noordkus van Haïti gevind.