Pad na jou Hart, die tweede grootste Afrikaanse lokettreffer, gaan binnekort in plattelandse dorpe op ʼn buitelugskerm te sien wees!
Alles vir Woensdag 11 Junie 2014
Man soek hulp in kafee ná kapers hom skiet
ʼn 39-jarige man van KwaZulu-Natal het by ʼn kafee ineengestort nadat hy glo tydens ʼn kaping twee keer in die kop geskiet is.
Man buite vriend se huis in Oos-Rand doodgeskiet
ʼn Man is dood en ʼn ander beseer tydens ʼn skietery Dinsdagmiddag in Boksburg aan die Oos-Rand.
Jagskou: Pa weer in hof ná hy seun per ongeluk skiet
Sean Kotzin wat sy seun per ongeluk by die Huntex2014-jagskou in Midrand geskiet het, sal na verwagting Woensdag weer in die Alexandra-landdroshof verskyn.
Tienerseun vas oor hy skoolkinders vervoer
‘n Tienerseun is in hegtenis geneem nadat hy met ‘n onpadwaardige voertuig en sonder ‘n rybewys 14 kinders by skole in Alexandra, Johannesburg wou gaan aflaai.
113 beseer, twee dood in Nelspruit-busongeluk
Minstens 113 mense is beseer en twee is dood nadat ʼn dubbellengtepassasiersbus Woensdagoggend buite Nelspruit in ʼn sloot beland het.
Nuuskommentaar: Derby-Lewis se lot deur voorvadergeeste beslis?
In die gewapende stryd voor die ANC in 1994 aan bewind gekom het, het talle onskuldige vroue en kinders en selfs babas om die lewe gekom. Van die bekendste plegers daarvan sit vandag in die hoogste politieke poste. Tog geld die voordele nie vir almal nie…
Rustenburg-kinders word vermis
Micheala Bredenkamp (9) en Sharne Bredenkamp (6) van Rustenburg in Noordwes word sedert Vrydag vermis.
Vakbond wil nie-stakers se reg om te werk herstel
Die vakbond Solidariteit gaan ʼn dringende aansoek by die grondwetlike hof indien om die reg om te werk van nie-stakende werkers in die platinumbedryf te herstel.
Foto’s: Gewildste troufoto danksy veldbrand
ʼn Veldbrand wat ʼn paartjie se troudag Saterdag ontwrig het, het hulle ook die beste agtergrond vir ʼn foto gebied en dié foto maak nou opslae op sosiale media. Nog foto’s volg onderaan die berig.
Video: Dieretuin se renosters onthoring
Die Nasionale Dieretuin in Pretoria is die eerste dieretuin in die land wat sy renosters onthoring het. Die dieretuin sê hy het noodgedwonge dié stap gedoen om renosters teen stropers te beskerm.
Gedagte vir die dag: Ons opdrag
Tit 1:1 – Ek het die opdrag ontvang om die uitverkorenes van God te lei tot die geloof en tot kennis van die waarheid, die…