Die platinummaatskappye het Saterdag gesê onderhandelingsgesprekke die afgelope week met die vakbond Amcu was konstruktief en sal na verwagting volgende week hervat.
Lees meerAlles vir Saterdag 21 Junie 2014
Man skiet meisie en haar twee kinders
ʼn Man is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie en twee kinders in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, geskiet het.
SA-ontwerpte tuigie vir skarebeheer kry wye kritiek
‘n Afstandbeheerde vliegtuigie wat ‘n oproerige skare met rooirissieballetjies kan peper, word deur verskeie buitelandse vakbonde en menseregtegroepe gekritiseer.
Vrou skuldig ná twee sterf toe sy vir eendjies stop
Emma Czornobaj (25), ʼn vrou van Kanada, wat op die snelweg vir eendjies stilgehou en die dood van twee motorfietsryers veroorsaak het, is skuldig bevind aan strafbare manslag.
Video: Vark spring na sy vryheid
ʼn Vark wat glo op pad was na ʼn slaghuis in Suid-Amerika, het van die vragmotor na sy vryheid gespring.
Jagtragedie: Boetie se moordsaak van die hofrol geskrap
Die saak van ʼn 17-jarige seun wat per ongeluk sy broer doodgeskiet het, is van die hofrol geskrap, het Beeld Saterdag berig.
10 sterf in Limpopo-ongeluk
Tien mense is Saterdag dood en 19 ander beseer in ʼn ongeluk in Makhado (Louis Trichardt), Limpopo.
Foto’s: Tenk slaan om in Van Reenenspas
ʼn Tenk van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Vrydagaand in die Van Reenenspas in KwaZulu-Natal omgeslaan toe dit van die vragmotor, wat dit vervoer het, afgeval het.
Ma wat glo kinders vermoor bly steeds in hospitaal
Tania Clarence, ʼn vrou van Suid-Afrika wat glo haar drie jong, gestremde kinders in Engeland vermoor het, sal steeds sielkundige behandeling in ʼn hospitaal in die Verenigde Koninkryk ondergaan, berig die Saturday Star.
Malema wil hê die parlement moet verander
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydag gesê sy party is in die parlement om ʼn revolusie na te jaag, nie die reëls nie.
Bekende tuinkenner oorlede
Lynton Johnson, die bekende tuinboukundige, is Vrydag oorlede terwyl hy sy 70ste verjaarsdag gevier het.
Appèl misluk vir Monumentpark-ma wat dogters verkoop het
Die Pretoriase hooggeregshof het gehoor ʼn ma van Monumentpark in Pretoria wat haar twee jong dogters as seksslawe verkoop het, se gedrag was “afskuwelik”.
Non se moord: Man in hof, tweede verdagte vas
ʼn Man wat beskuldig word van die moord op ʼn Rooms Katolieke non het Vrydag vlugtig in die Mthatha-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn.
Gedagte vir die dag: Die beste raadgewer
2 Kron 26:5 – In die tyd dat Ussia na die wil van die Here gevra het, het God dit goed laat gaan met hom….