Een van Anni Dewani se veroordeelde moordenaars is Saterdagmiddag in die Goodwood-gevangenis in Kaapstad oorlede.
Lees meerAlles vir Saterdag 18 Oktober 2014
Foto’s: Twee dood, drie beseer in Centurion-ongeluk
Twee mans is Saterdag dood en drie mans is beseer in ʼn ongeluk in Centurion.
Betogers brand e-tolrekeninge
Betogers het Saterdag hul onbetaalde e-tolrekeninge voor Sanral se kantore in Pretoria aan die brand gesteek terwyl hulle die volkslied gesing het.
Vyf vas oor gesteelde kabels
Die polisie kon nie Saterdag berigte bevestig dat vyf vermeende koperdiewe wat in hegtenis geneem is, glo verantwoordelik was vir die afgelope waterkrisis in Gauteng nie.
Winkelsentrumrooftogte: Goedere eindig in Nigerië
Talle van die elektroniese goedere wat tydens die onlangse vlaag winkelsentrumrooftogte gesteel is, het in Nigerië opgeëindig, het die polisie Saterdag gesê.
SA-man wat glo in VSA moor bid saam ondervraers
ʼn Suid-Afrikaanse man wat daarvan beskuldig word dat hy vier mense in Amerika vermoor het, het saam met sy ondervraers gebid voor hy glo aan hulle gesê het hy is as kind seksueel mishandel en glo erken het dat hy die moorde gepleeg het.
Man vas ná moord op polisiebeampte
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn polisiebeampte doodgeskiet het in Nyanga, het die Wes-Kaapse polisie Saterdag gesê.
Slakkepasbetoging teen e-tol; dié paaie word geraak
Lede van Cosatu hou Saterdag ʼn slakkepasbetoging van Johannesburg na die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se kantore in Pretoria in protes teen die e-tolstelsel.
Video: Só sien kinders dronk ouers
Fragile Childhood, ʼn organisasie in Finland wat hom toespits op ouers wat alkohol misbruik, het ʼn advertensie gemaak om te probeer wys hoe kinders hulle ouers sien wanneer hulle onder die invloed van alkohol is.
Tienerseun sterf na geveg oor selfoonlaaier
ʼn 17-jarige seun van Indië is dood nadat hy en ʼn vriend in ʼn geveg betrokke geraak het oor ʼn selfoonlaaier.
POF staan families van Alberton-slagoffers by
Die Padongelukkefonds (POF) het begin om bystand te lewer aan die families wat geraak is deur die kettingbotsing vroeër die week in Alberton wat tot die dood van vier mense gelei het, het Saturday Star berig.
Hof beslis ten gunste van Solidariteit, Roos
Die arbeidshof in Johannesburg het Solidariteit se minagtingsbevel namens kol. Kobus Roos teen die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, en die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, toegestaan.
Pa tronk toe na hy dogter verkrag
ʼn Bejaarde pa is gevonnis vir die verkragting van sy 10-jarige dogter, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Twee skuldig aan moord op boer
Twee mans van KwaZulu-Natal is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die moord op Peter Hackland, ʼn boer van Ixopo.
Polisietrok-ontsnapping: 16 weer vas
Sestien gevangenes wat Vrydag ontsnap het terwyl hulle van die Ga-Rankuwa-landdroshof af vervoer is, is weer in hegtenis geneem.
Een dood, 14 beseer in ongeluk
Een persoon is dood en 14 beseer in ʼn botsing tussen twee motors en ʼn minibustaxi op die Goue Hoofweg in Vanderbijlpark, Gauteng.
Gedagte vir die dag: God wil jou gebede hoor
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. (Fil 4:6)