Frankryk se bekendste tekenprent-kunstenaar, Albert Uderzo, het vir die eerste keer sedert sy aftrede ʼn spotprent vrygestel ná die terreuraanval Woensdag by die satiriese tydskrif, Charlie Hebdo, se kantoor in Parys.
Lees meerAlles vir Vrydag 9 Januarie 2015
‘Geweldsrugby’ verkort loopbane; jeugrisiko verg aandag
`n Franse koerant glo rugbyspelers se loopbane sal al hoe korter word en `n Engelse mediese spesialis vra dat die risiko’s in jeugrugby dringend bepaal moet word.
Vrystaat-oom vas oor broerskind se verkragting
ʼn 35-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo sy broer se seun in Qwaqwa in die Vrystaat verkrag het.
Charlie Hebdo-terreurbroers doodgeskiet; nóg gyselaars aangehou
Die twee hoofverdagtes vir die terreuraanval op die satiriese tydskrif Charlie Hebdo in Parys, is dood ná ʼn gewelddadige klopjag deur die polisie.
Beurtkrag opgeskort
Eskom het Vrydag fase 1-beurtkrag opgeskort nadat dit vroeër die dag aangekondig is dat die kragonderbrekings tot 22:00 sou voortduur.
SA’ners vas oor diamantsmokkel
Mark Posthuman (47) en Johannes Hendrik Nel (40) van Suid-Afrika, word in polisieselle in Zimbabwe aangehou nadat hulle glo diamante van die Marange-diamantvelde wou smokkel.
Vermiste man se ontbinde liggaam in vlak graf gevind
FR Loodts, ʼn 60-jarige man wat op 31 Desember verdwyn het ná ʼn besoek aan die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria, se ontbinde liggaam is vroeër vandeesweek in ʼn vlak graf in Mpumalanga opgespoor.
Video: Klap haar!
ʼn Video van seuns se reaksie nadat hulle aangesê word om ʼn meisie te klap, is binne vyf dae reeds byna 15.5 miljoen keer gekyk.
Charlie Hebdo-terreurbroers neem gyselaar
Die twee hoofverdagtes vir die terreuraanval op die satiriese koerant Charlie Hebdo, het na berig word ‘n gyselaar geneem.
Olifant-skieter vrygespreek
Allen Bekker, ʼn professionele jagter en sakeman van Kasane in Botswana, is vrygespreek nadat hy verlede jaar ʼn olifant op sy eiendom doodgeskiet het.
21 dae voor Eskom bankrot is
Eskom het 21 dae oor voordat hy bankrot is, het die Mail & Guardian Vrydag berig.
Eskom kondig beurtkrag aan
Eskom het Vrydag aangekondig dat hy fase 1-beurtkrag toepas.
Woord: hardop
Die korrekte (en verkeerde!) gebruik van die woord “hardop” in Afrikaans.
Vier sterf in trompop botsing
Vier mense, waaronder ʼn polisiebeampte, is dood nadat twee bakkies mekaar Donderdagaand reg van voor in Georgedale, KwaZulu-Natal getref het.
Vlug QZ8501: Seine van swartbokse straks opgevang
Duikers wat op soek is na wrakstukke van AirAsia se passasierstraler wat einde verlede jaar in die Javaanse See neergestort het, het Vrydagoggend seine opgevang wat waarskynlik van die gedoemde vlug se vlugopnemers afkomstig is.
Bejaarde tydens Muldersdrift-huisroof doodgeslaan
ʼn Bejaarde vrou het Vrydag in die vroeë oggendure met haar sterwende man se kop op haar skoot gesit en wag vir hulp nadat ʼn groep mans hulle op hul kleinhoewe in Lindley, Muldersdrift in Gauteng, aangerand en beroof het.
Nuuskommentaar: Terreur, haatspraak en persvryheid
Herman Toerien neem persvryheid en die terreuraanval op Charlie Hebdo onder die loep.
Winnie probeer Mandela-vergadering keer
Winnie Madikizela-Mandela het hofdokumente by die Mthatha-hooggeregshof ingedien om te verhoed dat ʼn vergadering deur die abaThembu koninklike familie voortgaan om ʼn oplossing te vind vir oënskynlike binnegevegte in die Mandela-familie, het The New Age Vrydag berig.
Valke kry weer nuwe woordvoerder
Die polisie het Vrydag aangekondig dat ʼn nuwe waarnemende woordvoerder vir die Valke aangestel is.
Kaapstad-man vas oor reeksmoorde en -verkragtings
ʼn Man van Gugulethu in Kaapstad is in hegtenis geneem in verband met verskeie moord- en verkragtingsake in die Kaapse Skiereiland oor die afgelope paar maande.