Wanneer die horlosie op 30 Junie middernag in Greenwich slaan, gaan dit ’n sekonde later weer so maak. Dan kry die aarde ’n skrikkelsekonde by, maar dit kan tot grootskaalse rekenaarprobleme lei.
Alles vir Dinsdag 13 Januarie 2015
ANC-teenstrydighede: ons moet daaruit leer
Die probleem is egter dat die rek ook maar net so ver gespan kan word voordat dit skeur. 21 jaar na 1994 staar die resultaat hiervan nou vir president Jacob Zuma in die gesig: ernstige frustrasie uit alle oorde omdat daar aan niemand se verwagtings voldoen is nie, skryf Ernst Roets.
Sewe sterf in Touwsrivier-botsing
Sewe mense, insluitend drie kinders, is dood nadat ʼn minibustaxi en ʼn bus op die N1 naby Touwsrivier in die Wes-Kaap gebots het.
“Stille Nag” steeds heilig, sê kerk
Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika het ʼn beswaar teen die sing van die lied “Stille Nag” verwerp, het Beeld Dinsdag berig.
Bespaar op jou kind se skryfbehoeftes vir skool
Die aankope van jou skoolkinders se skryfbehoeftes hoef jou nie ʼn arm en ʼn been te kos nie. Maroela Media het gaan uitvind hoe jy op dié uitgawe kan bespaar.
60% van sekswerkers is MIV+
Sowat 60% van Suid Afrika se geskatte 150 000 sekswerkers is MIV+, het The New Age Dinsdag berig.
Resep: Mini pizzas vir die kosblik
Bederf die jongspan met hierdie maklike resep vir tuisgebakte mini pizzas.
Drie sterf in botsing op PTA-snelweg
Drie mense is Dinsdagoggend dood en twee kritiek beseer nadat drie voertuie op die N4-snelweg in Pretoria gebots het.
Boer deur goggavanger doodgeskok
ʼn Boer van Noordwes is die naweek deur ʼn elektriese goggavanger doodgeskok, het Beeld Dinsdag berig.
Uitdrukking: Vir iemand die kastaiings uit die vuur haal
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking: “Vir iemand die kastaiings uit die vuur haal”
Kaapstad-man dalk reeksmoordenaar
ʼn Man van Gugulethu in Kaapstad wat in hegtenis geneem is in verband met verskeie moord- en verkragtingsake in die Kaapse Skiereiland oor die afgelope paar maande, het Maandag in die Goodwood-landdroshof verskyn.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde en haatspraakklag teen Zuma
Herman Toerien neem plaasmoorde en die verband tussen pres. Jacob Zuma se gebrek aan kommentaar daaroor onder die loep.
Twee vas oor lughawe-rooftogte
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo vyf persone van Pakistan van ʼn onbekende bedrag geld in Oakdene in Johannesburg beroof het.
Staalvervaardiging daal weens kragonderbrekings
Vervaardiging in die metaal- en ingenieursbedryf het met 1% gedaal tussen Oktober en November 2014 weens kragonderbrekings deur Eskom.
Veearts-moord: Verdagte het dalk nog ʼn vrou verkrag
Die man wat van die moord en verkragting op dr. Rensia de Wet van Witrivier verdink word, het vermoedelik ook ʼn tweede vrou verkrag voor hy aangekeer is, het die Witrivier-landdroshof Maandag gehoor.
Gedagte vir die dag: Lewe vir altyd
Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie.” (Joh 11:25-26)