Die video van Francois van Coke se enkelsnit “Toe vind ek jou”, ʼn duet saam met Karen Zoid, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media sedert dit Woensdag bekend gestel is en dit word reeds beskryf as “die mooiste ballade van die jaar”.
Alles vir Woensdag 8 April 2015
Afrikaanse treffers 1981: Sproetjies – Sias Reinecke
Toe Sias Reinecke se album Ek en my kitaar vrygestel is, was Sproetjies amper nie ingesluit nie.
Ondergrondse maanstede straks moontlik
Reuse lawatonnels met ’n deursnee van meer as ’n kilometer kan groot genoeg wees om lewensvatbare stede vir koloniste op die maan te huisves,
Skryf as terapie-seminaar in Pretoria aangebied
Hierdie seminaar sal jou motiveer en bemagtig om die stap te neem om jou eie storie te skryf.
Tiener van Bloemfontein vermoor
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 15-jarige meisie van Bloemfontein Dinsdag in ʼn plas bloed op haar slaapkamervloer gevind is.
Fukushima-kernafval in Kanada gevind
Die eerste keer sedert die Fukushima-kernramp in Japan in 2011 is radioaktiewe spore van Sesium-134 en Sesium-137 aan die kus van Kanada gevind. Die radioaktiewe materiaal is van die ramptoneel afkomstig.
EFF-huis in Nkandla val uitmekaar
Die huis wat deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) naby aan pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning gebou is, val glo uitmekaar.
Gedig: Al sou
“Ek sal jou liefhê heel my lewe lank…” George Weideman se gedig, ‘Al sou’
Afri-Visie is eindelik hier
Deur die jare was daar al verskeie kompetisies wat daarop gemik is om Afrikaanse musiek te bevorder. Nou is daar egter ʼn splinternuwe liedjieskryfkompetisie wat in samewerking met kykNET aangebied word, Afri-Visie.
Drie sterf in botsings aan Oos-Rand
Drie mense is Woensdag dood in drie afsonderlike botsings aan die Oos-Rand in Gauteng.
Nuuskommentaar: Neem Islam oor?
Die manier waarop Christene nou hul waardes handhaaf en verdedig kan baie bydra tot die wyse waarop Christene hanteer gaan word wanneer Moslems na verwagting teen 2070 meer as die Christene sal wees.
Rhodes-beeld se lot vandag bepaal
Daar sal vandag tydens ʼn spesiale sitting van die universiteitsraad besluit word of Cecil John Rhodes se standbeeld permanent van die Universiteit van Kaapstad (UK) se kampus verwyder gaan word.
Musikant vas vir dronkbestuur in Pretoria
ʼn Musikant van ʼn gewilde musiekgroep is Dinsdagaand in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het.
Man verdrink in Umhlanga-swembad
ʼn Man, in sy 30’s, het Dinsdagmiddag in ʼn swembad in Umhlanga, KwaZulu-Natal, verdrink.
Veiligheidswag buite Durban-bakkery vermoor
ʼn Veiligheidswag is Dinsdagaand tydens ʼn aanval buite ʼn boetiek-bakkery in Morningside, Durban, oorlede.
Barberton-ongeluk eis 7
Sewe mense is Dinsdagaand in ʼn ongeluk op die R38 tussen Badplaas en Barberton in Mpumalanga oorlede.
Gedagte vir die dag: Die Koning wat heers!
Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! (1 Tim 1:17)