Burger King het bekend gemaak dat hy vir die troue van ʼn paartjie van Illinois gaan betaal omdat hulle vanne onderskeidelik Burger en King is.
Lees meerAlles vir Woensdag 8 April 2015
Beloning uitgeloof na pa in kaping sterf
Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn beloning uitgeloof vir inligting oor ʼn kaping in Chatsworth waartydens ʼn pa en seun gekaap en die pa doodgeskiet is.
Egpaar vas oor vrou se ontbinde liggaam in Bloem-gastehuis
ʼn Polisiebeampte se vinnige optrede het daartoe gelei dat ʼn egpaar in hegtenis geneem is in verband met die moord op Elmarie van Zyl (40) wie se ontbinde liggaam onlangs in ʼn gastehuis in Bloemfontein gevind is.
Man, kind brand dood in motor
ʼn Man en ʼn kind het Woensdagmiddag doodgebrand in ʼn motor in Azaadville buite Randfontein aan die Wes-Rand.
DA: ‘Vernietiging van standbeelde verander nie geskiedenis’
Die vernietiging van standbeelde kan nie Suid-Afrika se geskiedenis verander nie, het die DA in Noordwes gesê.
‘Hulle kan nie die monumente uit ons harte verwyder nie’ – sê Steve
“Oom Cecil, Tante Vic, Oom Jan en Oom Paul, my liefde vir my erfenis is so sterk dat selfs die vandalisme en verwydering van jul monumente boggerôl kan doen aan die monumente wat julle klaar in my hart het. Dit kan nie uit die hart verwyder of geskend word nie. Dit is hoekom hulle dit haat as ons Die Stem sing, want hulle kan dit ook nie skend of verwyder nie.”
ToekomsVenster: Gebreek deur omstandighede
Soms is ons lewens gebreek deur omstandighede – nie ons keuses nie.
Luister: PJ Cruz maak impak met debuutalbum
Die sanger en liedjieskrywer, PJ Cruz, het reeds 1 000 optredes agter sy naam en ʼn honderd liedjies op sy kerfstok, maar hy het nou eers besluit om sy aanhangers ʼn vollengte album te gee.
Paasnaweek-padsterftes styg skerp
Die aantal sterftes op die land se paaie die afgelope Paasnaweek het skerp gestyg in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar, het die minister van vervoer Woensdag aangekondig.
Luister: Amanda Strydom oor die KKNK en ‘Die hele boksemdaais’
Sy is al 36 jaar in die vermaakbedryf en het ook nog nie ʼn Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) misgeloop nie. Vanjaar is Amanda Strydom weer op dié fees by Die Boer-teater se opslaanrestaurant te sien met haar produksie Amanda Strydom: Die hele boksemdaais.
Boek: Boererate
Boek: Boererate het ’n gesogte versamelaarsitem geword sedert die aanvanklike publikasie in 1989. Derduisende versoeke op die internet vir tweedehandse eksemplare het ’n heruitgawe ’n móét gemaak. Nou is dié Afrikaanse skat weer beskikbaar!
Foto’s: 11-jarige bestuur trok op KZN-hoofweg
ʼn KwaZulu-Natalse veiligheidsmaatskappy het ʼn vragmotor op die hoofweg tussen Richardsbaai en Empangeni van die pad af getrek en tot hul verbasing vasgestel ʼn 11-jarige seun sit agter die stuur.
Hospitaaltoerusting glo by skrootwerf verkoop
Drie werknemers van die departement van gesondheid het Woensdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn nadat hulle op heterdaad betrap is waar hulle glo hospitaaltoerusting by ʼn plaaslike skrootwerf verkoop het.
KKNK: Brandstof- en kaartjiepryse keer feesgangers nie
Ten spyte van die hoë brandstof- en kaartjiepryse stroom feesgangers steeds na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn.
Motorverkope in Maartmaand
Naamsa meen die geringe groei in voertuigverkope sal voortduur – mits daar stabiliteit in die arbeidsmark is, rentekoerse redelik laag bly en kredietgraderings nie ʼn negatiewe rol speel nie.
Amerika wink ná SA-leerlinge Robofest wen
Die Absent-Minded-groep, ʼn span van vyf leerlinge aan die Helpmekaar Kollege in Johannesburg, neem volgende maand deel aan die Robofest-wêreldkampioenskap by die Lawrence Technological-universiteit in Michigan, VSA.
Biblioteke kry gratis WiFi om aanlyn-leer te fasiliteer
ʼn Projek vir e-leer is verlede Vrydag (27 Maart) deur Parks Tau, uitvoerende burgemeester van Johannesburg, in die openbare biblioteek in Sandton van stapel gestuur.
Sakeplankompetisie: Hoenders wat ‘anders’ is
Renita Fourie het die spreekwoord ’n boer maak ’n plan letterlik opgeneem toe sy ’n plaas wat ‘gewone’ hoenders in smaaklike, eenvoudige etes verander, op die been gebring het.
Thabazimbi-inwoners raadop oor watertekort
Inwoners van Thabazimbi is raadop aangesien dié Limpopo-dorp al vir weke onder ʼn ernstige watertekort gebuk gaan.
Video: Ballon-eksperimente – as jy dapper genoeg is
As jy jou oë begin knip nog voor ʼn ballon bars, is die drie eksperimente in dié video dalk nie vir jou bedoel nie.