“Wynie: My bloed is blou” is ’n boek vol heerlike rugbystories, maar ook staaltjies vanaf die kantlyn. ’n Boek wat geen rugbyliefhebber, ongeag vir watter span jy skree, sal kan neersit nie.
Alles vir Woensdag 15 April 2015
Video: Fietstoer ter behoud van godsdiens in skole nou in Fochville
Twee fietsryers wat Maandagoggend uit Pretoria vertrek het op ’n fietstoer om geld in te samel vir die hofsaak wat ter behoud van godsdiens in skole gevoer gaan word, is nou op pad na Fochville, Noordwes.
Vrou (70) van Boksburg dood aangetref
ʼn 70-jarige vrou is Dinsdagaand dood aangetref in haar huis in Van Dykpark in Boksburg aan die Oos-Rand.
Transformasie, diefstal glo redes vir Matie-agteruitgang
Transformasie in die breë sin en diefstal is glo van die hoofredes waarom die Maties die afgelope paar jaar so sukkel, maar daar is hoop. Die omkeerproses gaan egter lank en moeilik wees.
Soektog na vermiste Kaapse onnie
ʼn Soektog is van stapel gestuur na Dean Dempsey, ʼn 24-jarige onderwyser van Malmesbury in die Wes-Kaap, wat op 10 April spoorloos verdwyn het.
Nuwe kragbesparing-metode vir Jhb beplan
ʼn Nuwe kragbesparingsinisiatief wat krag beperk eerder as om dit heeltemal af te skakel, sal binnekort in Johannesburg geïmplementeer word.
Luister: Retief Burger stel sy eerste ateljee-album bekend
Nou en vir altyd is Retief Burger se eerste album wat net in die ateljee opgeneem is.
Luister: Alles wat jy moet weet van Akademia se Sakeplankompetisie 2015
Chris du Plessis van Akademia het in Maroela se ateljee kom kuier en vir Esté Meyer Jansen vertel hoe vanjaar se Sakeplankompetisie help om entrepreneurs se kennis uit te bou en ʼn sakeplan af te stof.
Afrikaans word uitgesluit as SA-ruimtetaal
Afrikaans is nie een van die drie amptelike tale wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap (Sansa) in sy beleidsraamwerk vir die gebruik van drie amptelike tale in die oog het nie.
Nuuskommentaar: Die vreemdeling in ons poorte en vreemdelingehaat
Te midde van al die gewelddadige gebeurtenisse in Suid-Afrika is dit opmerklik dat selfs burgers van lande wat beter plekke as Suid-Afrika op die internasionale vredesindeks beklee, hul weg na Suid-Afrika vind. Hier word hulle dikwels die slagoffers van xenofobiese geweld, skryf Herman Toerien.
Foto’s: Só help foto’s om vir Wagter ʼn huis te kry
ʼn Dierebeskermings-en-aannemingsorganisasies in die VSA gebruik nou sosiale media om mense te oortuig om honde aan te neem deur Foto’s van die honde op Facebook en Instagram te laai wat lyk of dit in ʼn fotohokkie geneem is.
Sanger Percy Sledge oorlede
Percy Sledge, sanger van die bekende “When a man loves a woman”, is Dinsdag in die ouderdom van 73 oorlede.
Gewapende rowers bring Kaapstad-snelweg tot stilstand
Die verkeer is Dinsdag op die R300-snelweg net buite Kaapstad tot ʼn stilstand gebring toe mans, wat glo met AK47’s gewapen was, probeer het om ʼn kontant-in-transito-voertuig te beroof.
Drie in hof ná polisiemanne se moord op N3
Drie persone het Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn in verband met die skietery op drie polisiebeamptes op die N3-snelweg naby die Modderfontein-afrit in Gauteng.
Durban lyk soos ʼn oorlogsone
Gedeeltes van Durban het laat Dinsdagmiddag soos ʼn oorlogsone gelyk weens geweld tussen plaaslike inwoners en uitlanders.
Afrikaanse treffers 1988: Ek lewe- Anneli van Rooyen
Gewoonlik is dit ʼn splinternuwe liedjie wat die Treffer van die Jaar word, maar Anneli het gewys dat dit nie noodwendig die geval hoef te wees nie.
Video: Só skil jy aartappels in ʼn japtrap
Is jy lus vir aartappelslaai maar sien net nie kans om al daardie aartappels af te skil nie?
Gedagte vir die dag: Wanneer ons moedeloos is
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig. (2 Kor 1:3-4)