’n Toerismeattraksie, Puzzling World in Wanaka op die Suid-eiland in Nieu-Seeland, is ontruim en vensterruite is gebreek te ’n aardbewing van 5,6 op die momentmagnitudeskaal Maandagmiddag Nieu-Seelandse tyd toegeslaan het.
Alles vir Maandag 4 Mei 2015
Jayde Panayiotou: Man in hof; bly in aanhouding
Jayde Panayiotou se man, Christopher (28), het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof op ʼn aanklag van moord verskyn en sal in aanhouding bly tot en met sy volgende hofverskyning.
Moenie met voedselsekerheid dobbel nie
Ons kan nie beurtvoeding toepas soos wat Eskom beurtkrag toepas nie, skryf dr. Philip Theunissen.
VSA het in 40 jaar meer as 1 000 damme afgebreek
In ’n nuwe studie wat pas in die vaktydskrif Science verskyn het, is bevind dat Amerikaanse riviere baie vinnig tot hul oorspronklike toestand herstel nadat damme afgebreek is.
Seun (8) in koma ná baksteen hom in kar tref
Caden Slabbert (8) is in ʼn geïnduseerde koma in ʼn hospitaal in Johannesburg nadat ʼn baksteen hom teen sy kop getref het terwyl hy saam met sy pa en suster in die suide van die stad in ʼn motor gery het.
Stellenbosch-bylmoorde: Marli dalk binnekort terug skool toe
Marli van Breda (16), een van die oorlewendes van die Stellenbosch-bylaanval, het verlede week twee ure saam met haar vriende by Somerset Kollege deurgebring en sal waarskynlik binnekort terugkeer skool toe.
WAT Woord van die Week: werkesel
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woorde “werkesel” en “werkoholis”
254 vas ná Noordwes-klopjagte
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in samewerking met lede van die weermag, het die afgelope naweek 254 mense tydens klopjagte in Mahikeng, Marikana en Mmabatho in Noordwes in hegtenis geneem.
Jayde Panayiotou: Man kry huldeblyk op internet
Jayde Panayiotou se man, Christopher (28), het gesê hy is nie goed met woorde nie en dat hy daarom die huldeblyk wat hy verlede Maandag by haar begrafnisdiens gelewer het, op die internet gevind het.
Boek: Professor Sabatina se wetenskapboek
Hoe werk swaartekrag? Hoe bly ’n vliegtuig in die lug? Hoe werk magnete? Waarom dryf sommige dinge op water en ander sink? By elke onderwerp is daar ’n probleemstelling, dan ’n eksperiment.
Pa sterf in KZN-botsing
ʼn Pa is dood en sy vrou en twee kinders beseer nadat hul voertuig Sondagaand op die N3-snelweg naby Mooirivier, KwaZulu-Natal, in ʼn ongeluk betrokke was.
Waarom volhard Ludeke en Meyer met ‘McGuyver’?
Vreemde rugbykeuses is al gemaak, soos die insluiting van ‘McGuyver’ in Heyneke Meyer se jongste oefengroep.
Man oorleef haai-aanval by Port St. Johns
Mathieu Dasnois (29) van Kaapstad het ʼn witdoodshaai-aanval naby Port St. Johns in die Oos-Kaap oorleef, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.
Jayde Panayiotou-moord: Familielid Maandag in die hof
Alle oë is Maandag op die Port Elizabeth-landdroshof gerig waar die familielid, wat in verband met die moord op die onderwyseres Jayde Panayiotou in hegtenis geneem is, in die hof sal verskyn.
41 vas oor dronkbestuur in Jhb
Altesaam 41 persone is oor die naweek in hegtenis geneem vir dronkbestuur, het die metropolisie Sondag gesê.
Gedagte vir die dag: Te midde van krisis
Vrede vir julle! (Luk 24:36)