Reddersburg se Fees@lanties-skou het op 8 en 9 Mei vanjaar plaasgevind en dit is hier waar die 16-jarige Elvin Herselman van Krugersdorp behoorlik ʼn opskudding veroorsaak het met sy Orpington grootras-hoender.
Alles vir Woensdag 20 Mei 2015
In diepte: Suid-Afrika onder beleg van internasionale korporatiewe spioene
Reeds twee jaar gelede het top staatsamptenare en deskundiges in die veld van kuberveiligheid gewaarsku dat kubermisdaad nie meer net ’n misdaad is nie, maar nou ontwikkel het in ’n nasionale krisis, skryf De Wet Potgieter.
Ma hoop dokter kan seun sonder penis help
ʼn Ma van Rustenburg in Noordwes hoop ʼn Kaapstadse dokter sal haar vyfjarige seuntjie kan help wat sonder uitwendige geslagsdele gebore is.
Video: Nuwe boere benodig opleiding
Die African Farmers’ Association of South Africa (AFASA) stel voor dat ’n databasis van voedselprodusente landwyd saamgestel word sodat nuwe boere die nodige steun kan kry.
Gedig: Bolandse eik
In Izak de Villiers se gedig, “Bolandse eik” is dit maklik om te sien waarom hy onthou sal word vir die besondere bydrae wat hy gelewer het tot die Afrikaanse digkuns.
‘7de Laan’ kry pak oor Oppiekoffie-gyselaarsdrama
SABC2 het sy kykers “nederig om verskoning” gevra nadat dié kanaal skuldig bevind is dat hy gewelddadige tonele op sy immergewilde sepie, 7de Laan, uitgesaai het sonder om die kykers behoorlik daarteen te waarsku.
Leer jou kind om kennis toe te pas
Ouers moet hul kinders ondersteun deur van jongs af ’n infrastruktuur vir leer te skep en hulle dan te help om dít wat hulle geleer het, toe te pas. Maar hoe presies word dit gedoen?
Nóg ’n temaliedjie vir Joshua na die Reën
Ná sy onlangse sukses met “Voshaarnooi” uit die rolprentweergawe van Ballade vir ’n enkeling het Joshua na die Reën met nóg ’n temaliedjie vorendag gekom.
Panayiotou het groot huis glo vir Jayde gekoop
Christopher Panayiotou het ʼn huis in ʼn gesogte area in Port Elizabeth gekoop en het glo beplan om saam met sy vrou, Jayde, van wie se moord hy beskuldig word, daar in te trek.
Foto’s: Skoolkinders beseer ná bakkie deur heining bars
Altesaam 14 skoolkinders is Woensdagoggend beseer toe die bakkie waarop hulle vervoer is deur die heining van ʼn private eiendom in Benoni aan die Oos-Rand gebars en teen ʼn stilstaande motor gebots het.
Luister: Ongelukkigheid oor nuwe beurtkragrooster vir Pretoria
Die Tshwane Metro het ʼn nuwe beurtkragrooster vir Pretoria bekendgemaak.
Toekoms van e-tol vandag aangekondig
Gauteng-motoriste sal Woensdag uitvind hoe e-tol hul sakke gaan raak wanneer adj-pres. Cyril Ramaphosa ʼn nuwe bedeling vir dié omstrede stelsel gaan aankondig.
Nuuskommentaar: Lesse uit die Kerkstraatbom
Onder die talle dade van terreur wat die land in die verlede beleef het, staan die Kerkstraat-bomontploffing, wat vandag herdenk word, uit. Die les is dat diegene wat bou aan ’n regverdiger toekoms dit só sal doen dat die onskuldige bloed wat vergiet is, nie oneer aangedoen word nie.
Solidariteit ook by nagmars in Soweto oor beurtkrag
Die vakbond Solidariteit gaan Woensdagaand saam met verskeie ander vakbonde en gemeenskapsorganisasies aan ʼn nagmars in Soweto deelneem om die impak van beurtkrag op alle gemeenskappe in Suid-Afrika te beklemtoon.
200 kg onwettige kabels uit informele nedersetting verwyder
Minstens 200 kg kabels wat onwettige elektrisiteitsverbindings aan ongeveer 500 persone verskaf het, is Dinsdag uit Zandspruit, ʼn groot informele nedersetting wes van Johannesburg, verwyder.
Veiligheidswagte tydens Jhb-rooftog geskiet
Twee veiligheidswagte is Dinsdagmiddag by ʼn kompleks in Lonehill, noord van Johannesburg geskiet.
Ennerdale-skoliere vas ná mesaanval
Drie skoliere is in hegtenis geneem nadat ʼn man Dinsdag tydens ʼn stryery by ʼn skool in Ennerdale, in die suide van Johannesburg, dood is ná ʼn mesaanval.
Gedagte vir die dag: Sterk in God
Die Here het hom geantwoord: “Ek is by jou.” (Rig 6:16)