Bruce Jenner, ʼn Amerikaanse Olimpiese held en bekend vir Keeping up with the Kardashians, heet nou Caitlyn Jenner.
Alles vir Dinsdag 2 Junie 2015
‘Rowers’ deur polisie doodgeskiet
Twee vermeende rowers is dood nadat hulle met polisiebeamptes in ʼn skietgeveg betrokke geraak het in Durban, KwaZulu-Natal.
Oudpolisieman drie keer geskiet om plaasaanvallers te keer
Danie Robbertse, ʼn voormalige polisiebeampte van Pretoria, is Vrydagaand drie keer gewond nadat hy verbete geveg het om sy verloofde en dié se dogter tydens ʼn plaasaanval naby Buffelspoort in Noordwes te beskerm.
Brits-aanval: Seun vertel van gru-nag
“Ons het ʼn struweling in die kamer gehoor en hoe my pa skree om hulp. Toe ons hom kry, het hy op die grond gelê in ʼn plas bloed. Hy het nog gelewe.” Só het Stephan Snyman (29) vertel van die gru-nag toe sy pa, Andries (59), die naweek op ʼn plaas buite Brits in Noordwes oorval en vermoor is.
Uitdrukking: ‘n Glasie op die valreep
Taaltoffie bied meer duidelikheid waarom ons die Engelse “one for the road” vertaal met “‘n glasie vir die valreep”.
Prysgeld van R500 000 vir wetenskaplike werk in Afrikaans
Prysgeld van R500 000 sal van aanstaande jaar deur Het Jan Marais Nationale Fonds (HJMNF) in samewerking met die Universiteit Stellenbosch en Naspers toegeken word aan ’n akademikus of navorser wat in Afrikaans werk en sodoende die taal se aansien as wetenskap- en akademiese taal uitbou.
Bibberweer op pad
Haal maar jou ekstra komberse uit die kas, want volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens gaan ʼn kouefront temperature landwyd laat daal.
Passasiers in veerboot vasgekeer; gille om hulp gehoor
ʼn Veerboot met meer as 450 mense aan boord het in China se Yangtze-rivier gesink tydens ʼn hewige storm.
Nuuskommentaar: Glo iemand nog die SA regering?
Is dit nog prakties haalbaar dat Suid-Afrikaners soos een man “patrioties” agter die regering konsolideer en aanvaar dat Suid-Afrika se handelinge sonder korrupsie geskied? Of word die kloof daardeur juis dieper tussen sommige Suid-Afrikaners en die “ander” ingeslaan?
Dringende hofaansoek oor Blyvooruitzicht se water
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan Dinsdag voort met ’n dringende aansoek in die Pretoriase hooggeregshof om die Merafong-munisipaliteit te dwing om die watertoevoer aan die Blyvooruitzicht-gemeenskap te verskaf.
Gemeenskap geloof ná hulle ‘gewapende rowers’ vastrek
ʼn Gemeenskap in KwaZulu-Natal het twee gewapende mans vasgetrek en aan die polisie oorgegee nadat hulle glo ʼn vrou beroof het.
Beloning uitgeloof na gru-plaasmoord
ʼn Beloning is uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en vervolging van die moordenaars van Jan de Kock (69).
Resensie: Afri-Visie – Hoor my lied
Afri-Visie se CD kan sterk aanbeveel word; dit bevat ’n groot verskeidenheid musiek wat by die meeste mense byval sal vind en dit gaan ’n spul treffers oplewer.
Gedagte vir die dag: God se verrassende liefde
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. (Jer 1:5)