Twaalf verdagtes, waaronder drie polisiebeamptes, is in verband met beweerde renosterstropery in hegtenis geneem.
Alles vir die maand November 2015
Luister: MonArk sluit 2015 op ʼn hoë noot af
Eugene Coetzer, hoofsanger van MonArk, en Deon de Klerk, baskitaarspeler, het met Esté Meyer Jansen gesels oor die nuwe album, hulle besonderse musiekvideo’s en die groep se planne vir Desember.
Woonkomplekse in staat se visier: Makhura oningelig
David Makhura, premier van Gauteng, moet oningelig, naïef of dringend opsoek na politieke steun wees as hy meen dat woongebiede steeds op rasgrondslag geskei is, het die Afrikaanse sakeliggaam AfriSake, gesê.
Gedagte vir die dag: Alles gaan verby
Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. (2 Korintiërs 4:17)
[Video] Toe sing die seuntjie hik-hik so
ʼn Sewejarige seuntjie van Australië het met die uitvoering van die land se volkslied tydens ʼn bofbalwedstryd begin hik, maar dit het hom egter nie gekeer om aan te hou sing nie.
Tannie gevonnis vir verkragting van 13-jarige
ʼn 44-jarige vrou van KwaZulu-Natal is gevonnis vir die verkragting van ʼn 13-jarige familielid.
Wag by winkelsentrum doodgeskiet
ʼn Winkelsentrum in Polokwane is Woensdag gesluit nadat gewapende rowers ʼn veiligheidswag daar doodgeskiet het.
Herschelle Gibbs dán in hof op aanklag van dronkbestuur
Herschelle Gibbs sou Woensdag sy eerste hofverskyning maak, amper ʼn jaar nadat hy in ʼn ongeluk in Kampsbaai betrokke was.
[Video] AfriForum striem Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies
AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, Ernst Roets, het Woensdag tydens die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switzerland, ʼn striemende aanval op die Suid-Afrikaanse regering se inset tydens die konferensie geloods.
Jong man se liggaam nog nie gevind
Werner Finger (20), MarNic Els (20) en Luandro Jansen (21) is op Sondag 15 November by die George-polisiestasie as vermis aangemeld nadat hulle die Saterdagaand na Heroldsbaai is en nie weer teruggekeer het huis toe nie.
ToekomsVenster: Dissipels is toeskouers van dit wat Jesus doen
In die proses glo ek het baie in hulle hart gebeur, baie van hulle sienings en insigte het verander en het hulle ook “gesonder” mense geword – ek bedoel gesond in hulle mens-wees, nie noodwendig fisiek nie.
Amasone-aardbewings bring rekord binne bereik
Twee reusagtige aardbewings wat betreklik naby aan mekaar in die Amasone-woud voorgekom het, en elk 7,6 gemeet het, bring die totale aardbewings vanjaar van magnitude 7 of sterker, op 18 te staan.
Reis soveel as moontlik
Ek het baie lesse oorsee geleer, maar die grootste les was dit: As jy jouself toelaat om dinge te beleef wat nie noodwendig in jou gemaksone val nie, sal ʼn nuwe wêreld vir jou oopgaan.
Moord op geliefde huismoeder ruk gemeenskap
“Ek is nog te hartseer en huil te veel, jy sal nie hoor wat ek sê nie.” Só antwoord ʼn gebroke vriendin van Carima Barnard, wat Dinsdag op die perseel van die Jimmie Roos-jeugsorgsentrum naby Dewetsdorp in die Vrystaat glo met klippe doodgeslaan is, in ʼn teksboodskap.
[Video] Só sien Wagter die troue
Marshall en Addie Burnette het nie tyd gehad om ʼn professionele videograaf te huur vir hul blitstroue nie.
Polisieman vas wat glo by renosterstropery betrokke is
ʼn Polisiebeampte wat daarvan verdink word dat hy saamgespan het met sindikate wat betrokke is by renosterstropery, is Woensdag in hegtenis geneem.
Skape oornag in kraal geslag
ʼn Skaapwagter van Waalkraal naby Potchefstroom in Noordwes het Dinsdag op ʼn hoop derms, organe en velle afgekom in die kraal waar hy die vorige dag 29 lewendige skape toegemaak het.
Doeanebeamptes verhoed invoer van R4,2 miljoen se sigarette
Waaksame doeanebeamptes in Limpopo het op een dag pogings om sigarette ter waarde van R4,2 miljoen die land in te smokkel by twee grensposte verhoed.
Weduwee (66) op plaas vermoor
Die liggaam van ʼn 66-jarige weduwee is Dinsdagaand in ʼn plas bloed in haar plaashuis tussen Devon en Endicott in Gauteng gevind.
Egpaar op plaas oorval
ʼn Egpaar is vroeg Woensdagoggend op hul plaas naby Biesiesvlei in Noordwes deur vyf gewapende mans oorval.