Ray Dylan, Brendan Peyper en Riku Latti en die Karoo-sangers is van die kunstenaars wat onlangs nuwe snitte vrygestel het.
Alles vir Maandag 7 Desember 2015
Nuuskommentaar: Wie is die grootste vyand?
Dit lyk of die bykans 200 lande in die wêreld teen die komende naweek ʼn deurslaggewende ooreenkoms kan bereik wat ʼn impak op klimaatsverandering in die toekoms kan hê.
Maroela Media Top 20: 7 Desember 2015
Cordelia behou haar eerste plek met “Breek die stilte”, terwyl haar nuwe treffer, “Eerste woorde”, die meeste plekke styg, naamlik sewe, en vandeesweek in die 13de plek is.
[Foto’s] Betogers veroorsaak chaos buite Limpopo-dorp
Polisiebeamptes is steeds op die toneel waar ten minste 14 voertuie Sondag in die Steelpoort-gebied in Limpopo tydens gewelddadige betogings aan die brand gesteek is.
[Video] TBF: Familie is tydens feesseisoen só belangrik, sê Jak
Jak de Priester is nie net ʼn sanger, skrywer en akteur nie, maar hy is ook ʼn groot gesinsman. “Kerstyd is die tyd wat jy by jou familie moet wees waar almal vir mekaar sê ons het mekaar lief,” vertel Jak.
Gautrein-dienste terug na normaal
Gautrein-dienste tussen Pretoria se middestad en Hatfield het na normaal teruggekeer.
Resep: Gebakte sjokoladekaaskoek
(Uit: Beste uit Vrouekeur 1, Marlo Carstens)
Woord: kwispel
Ken jy die woord “kwispel”? ‘n Mens kan byvoorbeeld sê “die hond kwispelstert voor sy baas”. Taaltoffie stel ondersoek in.
Limpopo-boer gruwelik vermoor; boervrou vermis
Die polisie is steeds op soek na ʼn vrou van ʼn plaas buite Modimolle in Limpopo nadat haar man se bebloede liggaam Sondagaand buite hul huis gevind is.
Begrond: Deel 1
‘n Plaasmoord ruk ‘n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is.
NSRI maan vakansiegangers oor sleurstrome
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het vakansiegangers gewaarsku om ekstra versigtig te wees by die see tydens springgety wanneer daar sleurstrome is.
Vrou byt glo stuk van ‘verkragter’ se tong af
ʼn 66-jarige vrou van die Oos-Kaap het glo ʼn gedeelte van haar vermeende verkragter se tong afgebyt.
Positiewe protes teen swak leierskap
Die groot vraag is dus egter nie of ons rede het en móét protesteer nie, maar hóé ons moet protesteer sodat dit doeltreffend en effektief is.
Ses vas ná ‘kaping’
Ses mense is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn kaping nagemaak het om goedere te steel.
Oom Herrie se kerrie: Familie by die see
Al sê die HAT dis deesdae in die haak in, gee dit oom Herrie steeds die horries as mense van hul familie praat wanneer hulle eintlik hul gesin bedoel.
Verstaan wat jy lees met logiese denkoefeninge
Logiese denke is belangrik want dit gee die leser die vermoë om afleidings te maak, wat vereis dat ons dit wat ons weet, gebruik om te probeer bepaal wat ons nie weet nie, of om ‘tussen-die-lyne’ te lees.
Gedagte vir die dag: Wonders uit die Woord
Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. (Hebreërs 4:12)