Lewer 16 tot 18 koeksisters
Alles vir Donderdag 25 Februarie 2016
Dankie vir Sol-Tech se toewyding
Dankie, Sol-Tech, julle is vir ons ’n antwoord op gebed.
Luister: ‘Woordeboekmaker’ sterf: ‘Hy kon van als ʼn storie maak’
Dr. Anton Prinsloo, geliefde taalmeester, outeur, omroeper en oudvoorsitter van die Taalkommissie, is Dinsdagaand in die ouderdom van 77 oorlede ná ʼn lang siekbed.
TUT ook gesluit
Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) se hele Soshanguve-kampus moes vandeesweek saam met minstens drie ander universiteite landwyd sluit weens gewelddadige studentebetogings.
Die toekoms van Afrikaanse skole
Afrikaans sal nie sommer verdwyn nie. Dít is die mening van onderwyskenners wat by die Helpende Hand Skole-ondersteuningsentrum (SOS) se bekendstelling in die Atterbury Teater gepraat het.
Betogings woed ook op UKZN-kampus
Betogings het Donderdagoggend by die Westville-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) opgevlam.
[Video] Kykers kou naels by première van ‘Die Ontwaking’-fliek
Die amptelike première van die Afrikaanse rillerfliek, Die Ontwaking, het Woensdag in Rosebank in Johannesburg plaasgevind.
Taalgebruik: vuur of brand?
Taaltoffie stel ondersoek in oor die verskil in gebruik tussen “vuur” en “brand”
Resensie: ‘Heilig is u Naam’ – Belinda Bönner en vriende
Belinda en haar vriendinne het werklik met ’n pragtige album vorendag gekom. Daar is ’n hele aantal snitte hierop wat nie net geskik is vir radiolugtyd nie, maar ook maklik is om te sing en in gemeentes van alle denominasies sal inpas. Daarom kan dit baie sterk aanbeveel word.
Begrotingsrede 2016: ‘Paaipolitiek en -ekonomie sal nie afgradering keer’
Woensdag se begrotingsrede is nie genoeg om ʼn kredietafgradering te keer nie, maar dit skep ruimte vir ʼn meer stabiele politieke klimaat.
Varsitybeker-wedstryde afgestel ná dreigemente
Alle Varsitybeker-rugbywedstryde vir die volgende week is afgestel nadat studente-betogingsgroepe gedreig het om die wedstryde te ontwrig.
[Foto’s en Video] Groot skade ná supermark vlam vat
Goedere van nagenoeg R100 miljoen het in die slag gebly nadat daar Donderdagoggend ʼn brand by ʼn gewilde supermark in Johannesburg uitgebreek het.
Boek: Die towenaar se nefie
As ’n huis al vir soveel jare leeg staan, moet daar tog een of ander geheim wees, nie waar nie? Dis daarom amper ’n teleurstelling toe hulle maar net op Digory se oom Andrew in ’n geheime werkkamer afkom.
SA troepe uit Soedan onttrek
Pres. Jacob Zuma het Woensdag aangekondig dat hy Suid-Afrikaanse soldate uit Darfoer in Soedan gaan onttrek.
UV: Jansen moet gaan, eis betogers
Die groep studente wat vandeesweek die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) tot stilstand gebring het, het Woensdag in ʼn memorandum geëis dat prof. Jonathan Jansen onmiddellik as rektor en visekanselier moet bedank.
Nuuskommentaar: Wie regeer nou die land?
Die afgelope paar dae is segmente van verskeie regeringsvorme gesien – ’n patetiese gefladdder van pres. Jacob Zuma, die bemoedigende tegnokratiese optrede van min. Pravin Gordhan, die anargie van die EFF op kampusse en die positiewe betrokkenheid van AfriForum oor ’n verbasend wye front.
Hoe maak mens: Die huwelik, God se meesterstuk
Hoe maak mens trek ʼn nuwe baadjie aan met Mia Slabbert wat by Deon van der Berg van Lewensverryking in die ateljee aansluit. Hulle gesels vandag oor die huwelik wat as God se mooiste skeppingstuk beskou kan word.
Rugby op Vrydagaande is hier om te bly
Die dae van Sesnasiestoetse net op Saterdae is verby.
Mafikeng-kampus onbepaald gesluit
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus sal onbepaald gesluit wees ná Woensdag se onrus en plundertog deur studente.
Ope brief aan dr. BE Nzimande
Ek vertrou dat u die regte besluit sal neem wanneer daar met die toekoms van Afrikaanse studente gedobbel word. Hou in gedagte: u uitspraak gaan aan al die kleure van die reënboog aandui of ons werklik deur ʼn grondwet beskerm word.