Nancy Reagan, die vrou van voormalige Amerikaanse president, Ronald Reagan, is in die ouderdom van 94 dood.
Lees meerAlles vir Sondag 6 Maart 2016
Lily-myn: Nuwe reddingsmetodes oorweeg
Die departement van minerale hulpbronne het Sondag gesê alternatiewe metodes word nou oorweeg om by die skeepshouer uit te kom wat steeds onder puin en grond vasgekeer is, ʼn maand nadat die ingang van die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga, ineengestort het.
1 miljoen kiesers Saterdag geregistreer
Ten minste een miljoen Suid-Afrikaners het Saterdag verkiesingstasies regoor die land besoek om vir vanjaar se munisipale verkiesing te registreer.
Belanghebbendes weier om te glo Aardklop is dood
Nadat daar in Februarie aangekondig is dat die Aardklop Nasionale Kunstefees met onmiddellike effek gestaak sal word, het ʼn groep wat bekendstaan as die “Aardklop-belanghebbendes” Sondag vergader met die doelstelling dat vanjaar se fees steeds moet plaasvind.
Minstens 6 dood, 60 beseer in busongeluk
Ten minste ses mense is dood en 60 beseer nadat ʼn bus Sondagmiddag op die R528 in Magoebaskloof, Limpopo, omgeslaan het.
Vrou met Zika-virus besmet in Filippyne
ʼn Amerikaanse vrou wat die Filippyne in Januarie besoek het, het positief getoets vir die Zika-virus nadat sy na die VSA teruggekeer het.
Vrywilligers spring in oor staking by dieretuin
Honderde vrywilligers het ingespring om die naweek diere by die Johannesburgse dieretuin te versorg nadat werkers met ʼn onbeskermde staking begin het.
Nóg twee vas vir Parys-moordsaak
Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op twee vermeende plaasaanvallers wat in Januarie deur ʼn groep boere op ʼn plaas in die Parys-distrik aangekeer is.
Raaiselmoord in Vrystaat ondersoek
Inwoners van Thabong in die Vrystaat het aan die polisie vertel hoe hulle gehoor het iemand skree en pleit om sy lewe, oomblikke voordat ʼn man se verkoolde liggaam in ʼn nabygeleë veld gevind is.
Vrystaat-botsing eis ses lewens
Ses mense is Saterdagaand dood in ʼn botsing op die pad tussen Heilbron en Sasolburg in die Vrystaat.
15 vas vir Limpopo-betoging
Altesaam 15 mense is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn skool en winkel afgebrand en vier polisievoertuie beskadig is tydens ʼn gewelddadige betoging in Vuwani, Limpopo.
Margate-skooluitstappie eindig tragies
ʼn Skooluitstappie na die Margate-strand in KwaZulu-Natal het Saterdag tragies geëindig toe drie hoërskoolleerders verdrink het.
Stryd oor Maties-taalbeleid weer in hof
Die regstryd om Afrikaans deel van Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid te hou, sal na verwagting in die komende week weer in die hof draai.
Werker sterf op bouterrein
ʼn Konstruksiewerker is Saterdag op ʼn bouterrein in Sandton, Johannesburg, dood nadat ʼn vragmotor oor hom gery het.
Klagte teen Zuma oor ‘seksistiese’ uitspraak
Pres. Jacob Zuma het Saterdag weer in die spervuur beland omdat hy glo gesê het vroue wat te gou oor teistering kla, sal sukkel om goeie mans en huwelike te vind.
Gedagte vir die dag: ’n Anker
God het vir ons ’n belofte sowel as ’n eed gegee. Hierdie twee dinge waarborg dat God sy woord sal hou. En so het ons wat onsself aan God toevertrou het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die vooruitsig wat vir ons wink. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom. (Hebreërs 6:17-19)