ʼn Suid-Afrikaanse ma het haar tot sosiale media gewend om iemand in die wêreld op te spoor met dieselfde seldsame siekte as wat haar sesjarige seun het ten einde meer oor homself en sy toekoms te verstaan.
Alles vir Donderdag 7 April 2016
Sandton-skietery: Verdagtes dalk by rooftogte betrokke
Die polisie het Donderdag gesê die drie verdagtes wat Woensdag ná ʼn skietgeveg by die Grayston-afrit op die M1-hoofweg in Sandton, Johannesburg, in hegtenis geneem is, kan vermoedelik met rooftogte in die gebied verbind word.
Sussie gaan boetie se legende op renbaan laat voortleef
“Die feit dat hy in ʼn motorfietsongeluk gesterf het, gaan ons nie van motorfietse afsit nie. Inteendeel, dit het sy jonger suster, Sandra, aangespoor om in sy voetspore te volg en ernstig mee te ding en so haar boetie se lewe te gedenk.”
Marno van der Merwe sing ook in regte lewe
Aanhangers het Marno van der Merwe die eerste keer agter die mikrofoon gesien op die silwerdoek en die kassie – dié keer bring die veelsydige vermaakkunstenaar werklik sy eerste enkelsnit uit.
Valkeliga: Kempton boos oor omstrede duikslag
Kemptonpark is bitter boos oor `n omstrede duikslag wat hy sê ongestraf gebly en `n drie deur Boksburg voorafgegaan het.
Polisie se weergawe van Malema-voorval
Die Gautengse polisie het Woensdag met inligting vorendag gekom in verband met ʼn voorval waarin Julius Malema, leier van die EFF, beweer hy is Sondagaand in Sandton deur polisiebeamptes geïntimideer.
Nuuskommentaar: ANC über alles – duikvlug van die narre
Twee mense, een ’n president en die ander ’n presidentskandidaat in die VSA, is al dikwels as narre uitgebeeld. Albei het hulle nou byna gelyktydig ernstige teenspoed op die lyf geloop. Donald Trump se voortgesette vrysêery het hom nou moontlik noodlottig gewond, terwyl pres. Jacob Zuma nou in ’n oorlewingstryd gedompel is met die aanslae teen hom wat al meer bedreigend word.
Bibberweer tot die naweek verwag
Die skielike kouer temperature in die binneland kan nog tot Saterdag te wagte wees, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens Donderdag gesê.
Overvaal Stereo groet ʼn groot gees
Die luistergemeenskap en familie van die gesoute Overvaal Stereo-omroeper, Johann Malan, is verpletter nadat hy vroeër vandeesweek oorlede is.
[Resep] Grondboontjiebotterkaaskoek
Moenie broslekker te lank vooraf op die kaaskoek sprinkel nie, want dit raak taai wanneer dit met vog in aanraking kom.
Einde aan Pikitup-staking dalk in sig
Die Stad Johannesburg het Woensdag gesê hy hoop om teen die einde van die week ʼn ooreenkoms met die stakende werkers van Pikitup, die stad se vullisverwyderingsmaatskappy, te bereik.
Regeringskantoordiefstal: Saak tot Junie uitgestel
Die saak teen drie mans wat daarvan verdink word dat hulle miljoene rande uit ʼn kluis in die Pretoria-kantoor van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) gesteel het, is Woensdag in die stad se landdroshof uitgestel vir verdere ondersoek.
Taalgebruik: ekskuus, verskoning
Gebruikers van Afrikaans struikel soms met die gebruik van die uitdrukking “om verskoning vra”, en skryf soms “onverskoning”. Taaltoffie stel ondersoek in.
OP-liga: Polisie kom stormsterk wind te bowe
Die Goue Bekerklub Port Elizabeth Polisie moes `n wind van stormsterkte te bowe kom om Park Saterdag in die eerste ronde van die Oostelike Provinsie (OP) se Grootuitdaagreeks te klop.
Hoe maak mens: Konflik in ʼn huwelik
In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Mia Slabbert met ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor die redes en oorsprong van konflik in enige verhouding maar veral die huwelik.
PE-man wat vrou ‘met mes aanval’ in hof
Martin Stevens, ʼn man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy sy vervreemde vrou verskeie kere met ʼn mes gesteek het, sal Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Bejaarde ernstig beseer ná val van krans
ʼn Bejaarde vrou het ernstige beserings opgedoen nadat sy Woensdagmiddag by ʼn krans naby Margate in KwaZulu-Natal afgeval het.
Hofuitspraak oor Valke-baas voorbehou
Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag sy uitspraak voorbehou oor ʼn dringende aansoek deur die Helen Suzman-stigting (HSF) om Berning Ntlemeza, die hoof van die Valke, te verhoed om sy pligte uit te voer.
Gedagte vir die dag: Jy behoort aan die Herder
Ek het vir die Here gesê: “Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.” Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. (Psalm 16:2, 5)