Wat is nou lekkerder as om aan ‘n smaaklike burger weg te val?
Alles vir die maand Augustus 2016
Miljoene Suid-Afrikaners gereed om te stem
Die stemproses in die 2016 plaaslikeregeringsverkiesing het Woensdagoggend om 07:00 begin en stempunte sluit vanaand om 19:00.
Gedagte vir die dag: Laat u koninkryk kom
‘Ek is,’ het Jesus geantwoord, ‘en julle sal die Seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van Hom wat magtig is, en wanneer Hy kom op die wolke van die hemel.’ (Markus 14:62)
Zuma reageer op klagtes by MRK
Na ʼn uitgereikte stryd en verskeie klagtes het die VF Plus daarin geslaag om die Menseregtekommissie (MRK) sover te kry om pres. Jacob Zuma tot verantwoording te roep weens moontlike haatspraak teen wittes.
16 000 wetstoepassers by Gauteng-stempunte ontplooi
Minstens 16 000 wetstoepassers sal Woensdag by stempunte oor Gauteng ontplooi word om ʼn vreedsame munisipale verkiesingsproses te verseker.
Zephany Nurse-saak: ‘Ek sal haar nooit vergewe nie’
Zephany Nurse se biologiese pa meen sy dogter is “geïndoktrineer” en dit het daartoe gelei dat hul verhouding gespanne is.
Video: Polisie gekap oor hantering van verkragtings
Die polisie is skerp gekap oor die teenstrydighede in sy hantering van verkragtingsake. Verlore dokumente by polisiekantore en die vervalle toestand van sommige slagoffer-hulpsentrums is van die grootste probleme.
Waarskuwing: Sterk wind Dinsdagaand in Gauteng verwag
ʼn Sterk wind sal dele van Gauteng na verwagting Dinsdagaand van omstreeks middernag tot Woensdag in die vroeë oggendure tref.
Babadogtertjie dood aangetref in wiegie
ʼn Babadogtertjie, ongeveer twee maande oud, is Dinsdagmiddag dood aangetref in haar wiegie by ʼn huis in Woodlands, Pietermaritzburg.
Man leef (gesond) op minder as R40 per jaar
William Reid, ʼn nagraadse student aan die American University in Washington D.C., het in die laaste twee jaar slegs $5.50 (ongeveer R78) aan kruideniersware bestee, hoewel hy tot dusver elke dag met ʼn vol maag gaan slaap het.
My Afrikaans, jou Afrikaans – ons almal se Afrikaans
“As jy iets wil weet oor feeste, boeke, musiek of onderwys of selfs taal- en hulporganisasies, dan besoek jy Afrikaans.com, en dan lei dié webwerf jou na die betrokke organisasie se webwerf waar jy meer inligting kan kry.”
OVK veroordeel geweld
Die Onafhanklike Verkiesingkommissie (OVK) het hom Dinsdag sterk uitgespreek teen gewelddadige optrede wat die munisipale verkiesing teiken.
Zephany Nurse getuig agter geslote deure
Geen besonderhede van Zephany Nurse se getuienis mag aan die media bekend gemaak mag word nie, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Dinsdag beslis. Nurse het Dinsdag…
Boervrou ure lank in huis aangehou
ʼn 52-jarige boervrou van Ventersdorp in Noordwes kon Saterdag in die vroeë oggendure daarin slaag om ongedeerd te ontsnap, nadat sy ure lank in haar huis aangehou en met die dood gedreig is.
[Verkiesing] EFF wil Limpopo rooi verf
Die ANC geniet groot steun in Limpopo, maar die EFF kan moontlik sy steun in die provinsie verbeter weens ernstige interne konflik in die regerende party.
Maties-studente uit SR-verkiesing geskors
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag gesê sy kandidate in die studenteraadverkiesing van die Universiteit Stellenbosch (US) word met opset geteiken nadat al agt kandidate ʼn dag voor die verkiesing geskors is.
Die wêreld in foto’s – 2 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Moot-moord: Skoonseun weer in hof
Stefan Visser (29), wat verdink word van die moord op sy skoonma, pastoor Elsabe van Niekerk (55) van Pretoria se Moot-gebied, het Dinsdag vir die…
[Verkiesing] Mpumalanga ʼn ANC-vesting ondanks erge binnegevegte
Mpumalanga se politiek word gekenmerk deur erge binnegevegte in die ANC, maar volgens alle aanduidings sal die regerende party weer hier ʼn wegholoorwinning behaal.
Boek: Doodskoot
Doodskoot is ’n boek vol versoeking, geheime, oëverblindery en konfrontasie deur ’n veteraan van die spanningsverhaal in Afrikaans.