ʼn Man, vermoedelik in sy vroeë 20’s, is Donderdagoggend dood toe hy op die N12 in Mpumalanga met sy voertuig agter in ʼn vragmotor vasgery het.
Alles vir Donderdag 1 September 2016
[Foto’s] Hyskraan val op motors
Groot skade is aangerig toe ʼn hyskraan voor die kantoor van die Walvisbaai-munisipaliteit in Namibië omgeslaan het.
Video: ‘Boer soek ʼn vrou’ nou op ShowMax
Die gewilde TV-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou se negende seisoen is om die draai met die skoonheid Minki van der Westhuizen as aanbieder, maar die aanlyn-televisiediens ShowMax het dit nou vir laatslapers moontlik gemaak om seisoen 7 én 8 te sien sonder die beslommernis van televisie-tydskedules.
Twee beseer in ontploffing by laerskool
Twee vroue is Donderdagoggend in ʼn ontploffing by ʼn laerskool in Durban beseer.
Onafhanklikheid van Afrikaanse skole ondersoek
Die Solidariteit Beweging het Woensdag tydens ʼn toekomsberaad oor onderwys in Centurion aangekondig dat dié organisasie binnekort ʼn taakspan van kenners sal aanwys om onafhanklike Afrikaanse onderwys te ondersoek.
Afrikaanse openbare en onafhanklike (private) skole, ’n plussom
Openbare en onafhanklike skole moet nie teenoor mekaar staan nie, maar moet mekaar aanvul binne werklikhede wat ontstaan. Soos daar wêreldklas openbare skole bestaan, moet daar sorg gedra word dat, waar dit nodig is, gapings gevul word met wêreldklas onafhanklike skole.
Bokke is boelies, sê Eddie Jones
Die veer word nou al opgewen en sal tot breekpunt gespan wees wanneer die Bokke en Engeland mekaar op 12 November op Twickenham pak.
VivA se nuwe app laat geen verskoning vir taalblapse
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het onlangs ʼn aanlynweergawe vir sy woordeboekportaal-app beskikbaar gestel wat gaan verseker dat soektogte met dié app beduidend verbeter.
ToekomsVenster: Wees volkome toegewyd aan God
Hoewel die mens ʼn eenheid is, onderskei die Bybel tog drie wesenlike aspekte van menswees in hierdie teksgedeelte. Elsa Meyer beskryf dit baie mooi in haar stiltetydhandleiding oor die Persoon en werk van die Heilige Gees.
[Resep] Gebakte Marokkaanse hoender
Merguez is ‘n sterk-gekruide Marokkaanse lamswors, met paprika, rissievlokkies en komyn gegeur. Gebruik enige gekruide lamswors; andersins kan bloot effens meer van die speserye bygevoeg word.
‘Dronk’ neefs pluk mes uit oor DVD
Twee 28-jarige nefies van Deneysville in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vriend met ʼn mes aangeval het oor ʼn DVD.
Lentedag-sonsverduistering
Suid-Afrikaners vier vandag Lentedag met ’n gedeeltelike sonsverduistering.
Taalgebruik: invoer, uitvoer
Die woorde “invoer” en “uitvoer” het geen meervoudsvorm nie. Taaltoffie stel ondersoek in.
Oudminister in hof oor ‘bedrog, geldwassery’
Sbu Ndebele, voormalige minister van vervoer, sal vandag saam met vier medebeskuldigdes in die hooggeregshof in Pretoria verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.
Video: Dis heerlike lente, kom ons plant ʼn boom!
Vandag is nie net Lentedag nie, maar dis ook Nasionale Boomplantdag. Om hierdie spesiale dag te vier, het Maroela Media besluit om ʼn boom te plant.
Nuuskommentaar: Is dit die toppunt van ’n Zuma-mosie van wantroue?
Kan dit wees dat die gety in die private sektor nou met Futuregrowth se opskorting van lenings aan ses staatsbeheerde instellings só teen pres. Zuma draai dat hy moet kopgee en dié instellings van patronaatskap en swak bestuur skoonmaak, of gaan hy hardnekkig klou aan die “oorlog wat Suid-Afrika teen homself voer” en die risiko van ʼn “atoombom” loop?
Luister: Op watter fondasie is jul verhouding gebou?
Mia Slabbert en ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare, gesels nou verder oor die vernietigende dinge wat in elke verhouding gebeur wat nooit moes gebeur het nie.
[Entrepreneurskap] Van gastehuis tot (eko-) vriendelike hotel
Adri Kruger is ʼn ‘groen’ hotelier van Tzaneen wat van ʼn vier slaapkamer-gastehuis na die hotel Tzaneen Country Lodge met 60 kamers gegroei het.
Streng waterbeperkings vir NMB ingestel
“Indien die watergebruik nie binne die volgende twee maande met 15% verminder nie, sal die raad noodgedwonge strafmaatreëls moet oorweeg.”
Kleuter kritiek ná trok haar tref
ʼn Vyfjarige meisie moes Woensdag in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn hospitaal vervoer word nadat sy buite Polokwane deur ʼn vragmotor raakgery is.