Twee mans is in Noordwes in hegtenis geneem nadat ivoor in hul besit gevind is.
Alles vir die maand Augustus 2017
AfriForum se teenboelieveldtog: Oorsake van afknouery in skole
Hoewel boelies selfversekerd voorkom, is hulle eintlik onseker oor hulleself en kan hulle ook minderwaardig teenoor ander voel. Wanneer hulle ander leerders sleg behandel, is dit ’n manier om hulle beter oor hulself te laat voel en hulle gebruik dit as ’n hanteermeganisme.
Gedagte vir die dag: Kwaad word goed
Wat my betref, het God die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het my gebring tot in hierdie hoë pos wat ek beklee sodat ek die lewens van baie mense kon red. (Genesis 50:20)
Proteas krap kop oor Philander se rug en spelers se vorm
Suid-Afrika veg van Vrydag af op die Old Trafford-krieketveld om sy 19-jarige reeksrekord in toetse in Engeland te behou en ook om die vorm en selfvertroue te herwin met tien toetse wat oor die volgende jaar tuis vir Suid-Afrika voorlê.
Sharks kies konserwatief; Griekwas gaan oorboord
Twee kiesbeleide vir dieselfde wedstryd kan kwalik verder meer van mekaar verskil as dié van die Sharks en Griekwas vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting tussen die twee spanne op Kingspark, Durban.
Mosie van wantroue teen Nelson Mandelabaai se adjunkburgemeester
ʼn Mosie van wantroue wat teen die adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai, Mongameli Bobani, ingestel is, sal volgende week aangehoor word. Spanning tussen Bobani, lid van…
Sewe veranderings in Leeus se opdrafspan
Die opdrafspan van die Goue Leeus wat Saterdag op Loftus Versfeld teen die Blou Bulle in die reeks om die Curriebeker kragte meet, toon sewe veranderings van die span wat Griekwas die vorige week geklop het.
Vlieëniers geskors ná 10-jarige vliegtuig loods
Twee vlieëniers is geskors nadat hulle ʼn 10-jarige seun toegelaat het om ʼn binnelandse passasiersvliegtuig te loods.
‘Ons is skuldig,’ erken SAPD ná 10-jarige doodgeskiet is
“Tot vandag toe weet ek nie hoe my kind na die hospitaal geneem is en wie die dokter was nie. Sy was nie met waardigheid behandel nie. Hulle het haar soos ʼn dier hanteer.”
Streeptruie kies nuwe losskakel teen Pumas
Die Westelike Provinsie het ʼn nuwe losskakel gekies vir sy wedstryd Saterdag teen die Pumas op Nuweland.
Ma wat eie baba wreedaardig vermoor, kry borgtog
Die baba was steeds onder verpleegsorg in die kindereenheid. Sy het later in die saal ingegaan en gemaak of sy die kind wil borsvoed, die baba uit die broeikas gegryp en die verpleegster met die baba aangerand, waarna sy die baba op sy kop teen die grond geslaan het.
Doodskis-video: Hof hoor beskuldigdes se weergawe
“Ek kan nie op die foto enige bewyse van die ‘wrede’ aanranding wat glo plaasgevind het voor jy in die kis ingedruk is, sien nie. Kan jy dit verduidelik?”
[Video] Ontvoerde SA’ner se vrou praat ná hy vrygelaat is
“Ons het vroeër oor hoop gepraat. Dis ʼn snaakse ding – jy is hoopvol, en dan kry jy slegte nuus. Jy is moedeloos, maar tog het jy steeds hoop. Deur die proses hou jy net aan glo.”
Ses nuwelinge en ander kaptein vir Pumas
Die Pumas het ses Curriebeker-nuwelinge ingesluit in hul span wat Saterdag op Nuweland teen die Westelike Provinsie speel, en ʼn ander kaptein gekies.
ToekomsVenster: Bekommernis is sinloos
Met U hulp loop ek ʼn oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.
Vermindering van provinsies ‘sal onwettig wees’
Die ANC het verlede maand tydens die party se beleidskonferensie weer sy voorneme herhaal om die getal provinsies te verminder.
Blou Bulle kry nuwe Curriebeker-kaptein
Ruan Steenkamp se borsbesering het daartoe gelei dat die Blou Bulle, sonder dat hy in ʼn enkele Curriebekerwedstryd voor gedraf het, ʼn nuwe kaptein vir die die reeks moes aanwys.
Crusaders hou ook by hul halfeind-wenspan
Die Crusaders se afrigter Scott Robertson het soos sy eweknie van die Lions Johan Ackermann gemaak en sy span wat die halfeind teen die Chiefs gewen het, net so gekies vir die Superrugby-eindstryd Saterdag op Ellispark.
Laaste lid van beroemde Springbokspan sterf
Die laaste oorlewende lid van die beroemde Springboktoerspan van 1951-52 na Brittanje en Frankryk is Dinsdag oorlede.
Oscar Pistorius na hospitaal geneem
Oscar Pistorius is Donderdag vanaf die Atteridgeville Korrektiewe Sentrum na ʼn hospitaal geneem.