Die Federation of Unions of South Africa (Fedusa) het Woensdag die waarnemende nasionale polisiekommissaris versoek om dringend in te gryp en die Valke te beveel om klaarheid te gee oor die vordering van die ondersoek oor beweerde korrupsie by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).
Alles vir die maand Augustus 2017
Malema by MRK verkla oor uitsprake teen Indiërs
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag klagtes van rassisme en diskriminasie teen die EFF, Julius Malema (leier van die EFF) en Mbuyiseni Ndlozi (woordvoerder van die EFF) by die Menseregtekommissie ingedien.
Betaal staatskontrakteurs betyds, vra minister
Minister Nathi Nhleko, minister van openbare werke, het Woensdag beamptes in sy departement beveel om dringend alle klagtes van nie-betaling aan kontrakteurs te ondersoek, aangesien ʼn versuim “die land se ontwikkelingsdoelwitte ondermyn”.
DA versoek ondersoek oor pasiënt-selfmoordpoging
Die Demokratiese Alliansie het die LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal Woensdag versoek om “dadelik stappe te doen” om verpleging- en veiligheidstekorte by die provinsie se psigiatriese hospitale op te los.
ToekomsVenster: Jesus het my genees
Jesus, U is my Geneesheer.
Die wêreld in foto’s – 2 Augustus 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
‘Arrogansie maak van SBW-verhoor ʼn klug’
ʼn Kultuur van arrogansie op administratiewe vlak knou rugby, en maak ʼn klug van die All Black Sonny Bill Williams se tugproses.
[Foto’s] ‘Boer soek ʼn vrou’ se “onverwagse” verliefdes deel verlowingsfoto’s
“Dit was die manier wat jy gelag het… Ek het geweet ek wil daai lag in my lewe hê.”
LP’s in ongeluk: Oorledene se naam bekend
Ons innige meegevoel aan sy familie. Hy het gesterf terwyl hy aan diens was.”
Dogter kom op ouers se liggame af
ʼn Polisiebeampte en haar man is Dinsdagaand buite hul huis doodgeskiet.
Goue Beker-klubreeks se bepalings bekend
Die bepalings vir die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale klubreeks om die Goue Beker (GB) is bekend, met nog vyf bonde wat hul deelnemers vir die reeks moet aanwys.
Skryf nou in vir ‘Op die Spel 3’
Só gewild was die eerste twee seisoene van kykNET se spel- en taalspeletjieprogram, “Op die Spel”, dat opnames vir ʼn derde reeks binnekort afskop!
Onderwyser wat eie dogter verkrag gevonnis
ʼn Onderwyser van Limpopo wat sy dogter jare lank seksueel mishandel, verkrag en later swanger gemaak het, is in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis.
Gedig: Landskap
Donald W Riekert se gedig, “Landskap”
Hakkies wil sy (nie) dra
Navorsers het versoek dat vroue nie meer gedwing word om hoëhakskoene werk toe te dra nie.
Briewe uit Bagdad: Al Mansoor-basis
So daag ek vroegdag in Al Mansoor-basis op. Dis die hoofkwartier van ons maatskappy en dis pragtig met baie palmbome en groot huise so in die skaduwee van die reuse moskee wat ou Sadam daar begin bou het… skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Brown vra PA om te bedank ná Gupta-aantygings
“My besluit beteken nie ek dink sy is skuldig nie, dit is egter belangrik dat my kantoor bo enige verdenking bly.”
[Foto’s] Nat Geo bekroon die mooiste foto’s wêreldwyd
Die wenners van National Geographic se kompetisie vir reisfotograwe van die jaar is pas bekend gemaak. Die doel van dié kompetisie is om te “inspireer” en die skoonheid van die wêreld op ʼn wêreldwye platform te vertoon.
Man geskiet ná hy kinders by skool aflaai
“Die kinders was al in die skool en geen kind het die skietery gesien nie.”
Federalisme bly die antwoord op SA kruispad
“In die praktyk beteken dit dat selfdoenfederalisme van “onder” af gebou word, eerder as van “bo af” ingestel word. Namate die sentralistiese sentrale projek van die ANC misluk, sal geen regering op die lange duur kan keer dat gemeenskappe die land volgens hulle behoeftes inrig nie. Volwasse mense wil nou eenmaal vir hulself besluit.”