Die ouditeursfirma KPMG het Woensdag die nuwe voorsitter van sy direksie aangekondig terwyl die maatskappy sy geloofwaardigheid pobeer herstel nadat die firma in omstredenheid rakende die invloedryke Gupta-familie gedompel is.
Alles vir Woensdag 17 Januarie 2018
Skuif van Los Angeles-wedstryd: Wat is die rede?
Daar is verlede week in Pale Toe! genoem dat die opwarmwedstryd in los Angeles tussen die Stormers en die Bulls vir die Kapenaars kan boemerang. Nou is die wedstryd op 3 Februarie na die Boland verskuif.
McKinsey versoek om R1,6 miljard terug te betaal
Daar word tans ondersoek of McKinsey wetend geld van die kragvoorsiener na die finansiëledienstemaatskappy, Trillian, herlei het as ʼn manier om die kontrak met Eskom te verseker.
Dít is wat jy nou jou huishulp moet betaal
Die departement van arbeid het die nuwe jaarlikse sektorale verhoging van die minimum loon vir huiswerkers vasgestel wat vanaf 1 Januarie geld.
SAL-vlugte na Mauritius gekanselleer
Die sikloon sal na verwagting gepaardgaan met wind van 120 km/h of meer en rowwe seetoestande.
Video: Betogers, ouer betrokke in skermutseling by skool
“Een van die betogers het nou hier verby ons geloop en geskree: ‘Ons kom terug, ons kom terug. Ons gaan hierdie skool brand!’”
Dít is die beste selfoonnetwerk in SA
Dié netwerk het met die louere weggestap nadat MyBroadband verskeie verskaffers aan meer as 113 000 spoedtoetse onderwerp het.
Wes-Kaap: Droogtekontrak ‘moreel korrup’
“Tony Leon en ʼn voormalige werknemer van die stad word ʼn halfmiljoen rand betaal om vir Kapenaars te vertel dat dit nie reën nie.”
Staking by Unisa ontwrig registrasie
Lede van die National Health and Allied Workers Union (Nehawu) het Woensdag met ʼn staking by Unisa begin wat die registrasieproses by die universiteit ontwrig het.
Vandag se sportnuus
Dit was gister dag vier van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië op Supersport Park in Centurion en in die Pro14-kompetisie speel die Cheetahs komende naweek weer teen die Kings. Dié wedstryd word in Bloemfontein beslis.
Nuuskommentaar: Is ‘sh*thole’-lande wekroep of twispunt?
Pres. Donald Trump se beweerde verwysing na onder meer Afrikalande as “sh*thole”-lande vereis besinning, of dit nou fopnuus was of nie. Die waarheid word dikwels deur ons eie ingesteldheid bepaal – die swartgallige sal hom bepaald in so ’n land bevind, die optimis en blymoedige nie.
Kommer oor Kaapstad-veiligheid
“Verskeie slagoffers het getuig dat dit lyk asof die aanvallers nie daarin belangstel om te roof nie, maar bloot om hul slagoffers ernstige leed aan te doen of te vermoor.”
Registrasie: Parlement loof samewerking
“Ons kan wel sê dat dié instellings nou saamwerk danksy die nuwe beleid.”
ANC-LP vas vir beweerde veediefstal
Susanna Dantjie, adjunk- provinsiale sekretaris, het gesê Mapule Mafolo is in Schweizer-Reneke vasgetrek. Sy is in hegtenis geneem omdat sy glo twee kalwers gesteel het in dié omgewing.
Gedagte vir die dag: Die woord van die Here is volmaak
Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. (Psalm 19:8) – Deel 1