Dirk (69) en Lettie Pretorius (56) het omstreeks 12:00 ná ʼn kerkdiens by hul huis aangekom toe drie verdagtes op hulle toegeslaan het.
Alles vir Maandag 26 Februarie 2018
Dag Zero. Sien ons die groter prentjie?
Ek sal die politiek vir die politici los maar wat ek wel kan sê is dat omgewingsonsekerheid ’n sekerheid is. Dit is die enigste sekerheid wat ons het!
Planne vir Tafelberg-waterdraer en Theewaterskloofdam
Die departement help tans met boorwerk aan die Tafelberg-waterdraer as deel van die pogings om waterskaarste in dié omgewing te verlig.
Raaiselkind: ‘Almal het ʼn stukkie outisme in hulle’
Botes sê die verhaal gaan nie oor outisme nie, maar oor die onverskilligheid van mense in die samelewing teenoor die buiteperd.
Twee in hof ná Brits-vrou se skietdood
“Sy sou net [vir haar aanvallers] gesê het vat maar die motor.”
Springs-gruwelhuis: Ouers weer in hof
Die ma en pa staan sedertdien op aanklagte tereg wat verband hou met die beweerde mishandeling en verwaarlosing van hul vyf kinders, poging tot moord van hul oudste, wat erg aangerand is nadat hy “ontsnap” het, en dwelmsmokkelary.
Vandag se sportnuus
By die Winterspele in Suid-Korea het die Olimpiese Spele-legende Marit Bjoergen Noorweë tot boaan die finale medaljeslys geneem.
18 beseer toe bakkie, motors bots
Volgens die nooddienste was al 18 beseerdes insittendes van die bakkie.
ANC wil nie ‘angstigheid’ oor adjunkpresident hê nie
“Ons het nie ʼn agenda vir môre [Maandag] nie, dis ʼn normale raadsvergadering. As dit egter ter sprake kom, sal dit deel uitmaak van ons gesprek, ja,” het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.
Foto’s: 500 m munisipale kabels op privaat perseel gevind
Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die EMPD se teenkabeldiefstal-eenheid het ʼn leidraad ontvang van rolle kabels wat aan die munisipaliteit behoort wat glo op ʼn privaat perseel in Forgestraat in Spartan in Kempton Park gehou word.
Gedagte vir die dag: ’n Getroue Vader
Word wakker! Waarom slaap U, Here? Staan op! Moenie ons vir altyd verstoot nie! Hoekom kyk U anderpad? Hoekom kyk U verby ons ellende en verdrukking? (Psalm 44:24-25)